Wednesday, January 28

Projek - ons bou 'n universiteit

Dis beste manier om 'n "ideale" land te he, nadat mens geleer het uit die foute van die vorige en huidige partye is om 'n hele nuwe een te begin, is my middelste se oplossing vir die wereld se probleme. 'n Land waar alles van die begin af reg gedoen en bedryf word. Plek vir 'n nuwe land wat jy nou waar kry en hoe begin....op die maan? Nie heeltemal haalbaar nie, maar lekker om te hoor hoe vandag se jongmense dinkDis nou nie heeltemal my blog onderwerp nie, maar dit het my daaraan laat dink. Nelmari my jongste hou daarvan om "besig" te wees en dinge te doen. Sy is nie die netjieste van die drie nie, en haar projekte le altyd orals rond maar as sy haar kop op 'n ding gesit het, of dit nou skoolwerk, sport, koekbak, borduur, verf en wat ookal is, doen sy dit. Ons loop in die winkels hierdie boek raak en toe sy vra koop ek (mens se mos nie nee vir boeke nie) en die projek "bou 'n universiteitsdorp" begin. Toe sy bladsye uit die boek begin skeur is ek omgekrap want leer mens hulle nie van kleins af om mooi na boeke te kyk nie? Maar hierdie prentjies, bladsy op 'n slag moet uitgeknip word en dis moeilik met klein detail. Dan volg daar 'n bladsy of twee van aanwysings hoe word dit weer aanmekaar gesit. Dit lyk moeilik vir my en ek sien hulle se mens het baie geduld nodig om dit te bou. En mens moet kan rustig en stil word vir daai oomblik wanneer jy daarmee werk al is jy ook besig. Aan die einde moet die universiteits gebou so lyk. In die besig wees het sy sover twee geboue klaargemaak. Dit lyk nie vir my te maklik nie, kyk die klein detail wat ook gebou moet word. En hier is die twee huise!! Wat gaan ons daarmee maak as ons klaar is en waar kry ons plek daarvoor ... wel dis seker soos om kleuters in die huis te he en eenvoudig net plek te moet maak vir al die projekte wat hulle met lee houers en bokse bou en huistoe bring. Ek sal julle wys as die universiteit heeltemal klaar is.

14 comments:

Desire Fourie said...

Dit lyk verskriklik interessant. Kan glo 'n mens kan van 1 dimensioneel so vinnig na 3 dimensioneel vorder nie. Ek Nelmarie moet maar argitektuur navolg. Mooi bly.

Thea said...

Lyk na 'n interessante storie! Ek sal ook maar moeilik aan 'n boek skeur Sandra - dit voel mos net nie reg nie!! :-) Maar as dit is waarvoor die boek is, dan doen mens dit mos so!

Geniet die bouery Nelmari - sien uit daarna om jou voltooide projek te sien!!

mariki said...

Die gebouery word mos alte mooi. En ja, mens maak tog altyd weer plek om die kinders se goete neer te sit, né.

Nimsi se Blog said...

Wys asseblief die voltooide projek Nelmarie. Is dit die rigting waarin jy belangstel? Lekker bou!
Nimsi

Anonymous said...

Dis super cool! Ek is 'n groot sucker vir modelle. Hier in Korea het hulle sulke houtmodelle van al die geskiedkundig belangrike geboue, skepe ens. Ek gaan nog almal koop en bou as ek weer terug is in SA!

retha said...

Dit lyk nou werklik interesstant

Sandra said...

Desire jy ken van papier vou ne? Seker dit sal vir jou so maklik wees om die dorp te bou.

Die beste van alles Thea is dat 'n deel van die boek bly want die aanwysings en omskrywing is daarin. Kon hulle nie maar die "planne" as los blaaie ingesit het nie?

Op 'n stadium het mens net nie meer plek nie Mariki maar ons sal darem foto's neem dan bly dit mos altyd "uitgestal".

Sandra said...

Nimsi sy hang nog op die oomblik tussen medies, regte en sport en 'n kombinasie van twee van hulle rond. Gelukkig is daar darem nog 'n bietjie tyd.

Kaalvoet dis omdat julle jong oe dit maklik kan sien. Daai houtmodelle van ou geboue klink vir my na iets wat ek sal wil doen.

Retha ek volg ook maar met belangstelling :-)

Muriel said...

Baie mooi en ek is seker 'n lekker stokperdjie Nelmari!

Ek stem saam Sandra my oge sal nie al die klein dingetjies mooi in fokus kan kry nie whahaha

Lekker dag
x x

Anonymous said...

Pragtig!
Ek sal ook daarvan hou. Ek speel juis te lekker met rekenaarspeletjies waarin 'n mens huise ens. moet bou!

Sandra said...

Lyk asof ons dieselfde "oge" probleem het Muriel :-). Miskien is dit die rekenaar.

Ek sukkel met daai speletjies Paula want die toegelate begroting is net nooit genoeg nie.

Jan and Miekie said...

Dit lyk 'n geweldige taak. Sterkte!

Charmaine said...

Dis nie die oge nie... dis die vingers wat so dom is. Dalk word hulle ook oud. Ek kan nie eers toue knoop nie. Maar jy sal dit doen Nelmari en dan monteer jou pa dit vir jou en bou 'n kamertjie bo-op die dak waar jou paleis kan staan. Dan kan die feetjies daar kom bly. :-)

Charmaine said...

ek wou eintlik se "paleis" want dis hoe dit vir my lyk... 'n hele feetjie dorp