Sunday, June 21

I love you, …..

Wie van julle ken nie die oorbekende liedjie van Barney nie? Die pers dinosaurus wat so die kinders se verbeelding aangryp en hulle in 'n verbeeldingswereld lewenslessies leer. Wel, die bekende ster het Abu Dhabi gedurende die naweek besoek en ons het saam met klein Emily na die vertoning gaan kyk. Jennifer het ongelukkig reeds kaartjies bespreek vir 'n ander dag.

Page2

Alhoewel Emily reeds geweet het wat ons gaan kyk, was sy nogtans oorweldig deur die groot ballon Barney en al die kinders, party in Barney kostuums, met Barney poppe ens.

Page3

Maar toe Barney op verhoog verskyn kon ons nie eers haar aandag vir 'n foto kry nie., sy was in Barney se wereld. Sy het hom en die ander dopgehou en saam hande geklap met die liedjies.

Page1_0

Die storie het gegaan oor 'n Koning wat sy kroon verloor het en Barney wat die kroon terug neem na die kasteel toe. Die kinders het aan sy lippe gehang en dit was so oulik om te sien hoe die kinders, mamma's en selfs party pappa's saam sing en opgewonde hande klap

Page2_0

Saam met Emily het ek ook my klein dogtertjie Nelmari geneem, Charmaine haar dogtertjie Elriza en haar broer en skoonhus hulle kleinding Alesia.

Page1

Dit was eers na die vertoning en roomys dat Emily vir die kamera begin glimlag het. Almal van ons, groot en klein het dit geniet om na die groot vet pers dinosaurus te kyk .... Nou moet die toekomstige mamma's en ouma's bietjie die woorde van die liedjies ook gaan leer vir eendag!


Friday, June 19

Rokkies wil hul dra ......

Met ons onlangse reis was die seuns se versoek "bring vir ons 'n skotse rok saam" - dus het ek alle reg nadat ek swaar aan die rokke gedra het, om te vra dat hulle dit moet aanpas en wys.

Page1

Die manne is groot sports en selfs met die rokke aan kom elkeen se persoonlikheid uit. Kan bysit dat daar lank in die kamer gekoukus is voordat die manne kom wys het. Met kommentaar soos "dis moeilik om trappe te klim met 'n rok" kom ons eintlik by die "pose" uit.

Page2

Daar is sekere gerugte oor die dra van die rok en James maak seker William is "reg" aangetrek. Hyself gee 'n regte "macMonroe" pose en William skrik hom oorhoeks!

Dankie seuns dat julle sulke goeie sports was al het julle goed geweet die kamera gaan rol. En sien ek het my belofte nagekom en nie AL die foto's opgesit nie :-)!

Wednesday, June 17

Lelik …. lyk dit so?

Die vakansie is 3 daggies oud en Nelmari kom skoon in paniek vertel sy hoor een van die klein katjies en hy/sy huil vreeslik en sy's bang hulle maak die katjies seer. Agtergrond - Die van julle wat my blog volg sal weet dat ons klein babatjies in die erf gehad het en weens veiligheid het die mamma hulle ieewrs geneem en ons het hulle nog nie weer gesien nie. Om 'n vreeslike lang storie kort te hou, gaan vertel sy vir die Arabiese buurman haar katjie het oor die muur gespring en gaan haal sy die dingetjie iewers tussen of in 'n blombak uit.

Page1

Dis toe nie een van die drie verlore katjies nie, maar heeltemal 'n ander wilde verskrikte enetjie. Maar dit vat net 'n uur of so en die katjie is tuis in die huis asof sy daar gebore en grootgemaak is. Dis die lelikste dingetjie wat ek nog gesien het met die gemmerkat wat so effens orals wil deurbreek. Sy kry 'n blitskursus in sandbak gebruik, drink, eet en liefde en sy geniet dit.

Nelmari word met groot ogies gevolg asof sy die nuwe mamma is en ek probeer net keer dat daar 'n "bonding" plaasvind want ons kan nie nog 'n kat in die huis nie. Nou vir die soektog om vir haar huis te kry want feline friends het nie plek nie en die veearts sit hulle net aan die slaap.

DSC_0038

Ek's seker met hierdie lelike gesiggie kan meer mense as haar mamma haar liefhe.

Ek hoop baba-katjie opleiding is nie deel van Nelmari se somer-vakansie projekte nie.


Monday, June 15

Anderste inkopies

Met Eddie se laaste twee besoeke aan Afghanistan vra ek mooi foto's en vir een of ander rede dink hy winkels sal my belangstelling wees. Julle weet mos ekself "shop" bitter min maar ek hou daarvan om ander af te neem as hulle shop :-). Maar hier is die foto's van die winkels daar en miskien inspireer dit julle om te gaan inkopies doen of saam met my dankbaar te wees vir die winkels wat ons het.

Page1

Die man dra sy winkel na waar hy wil besigheid maak en saam met 'n klomp ander takke is dit defnitief die plek om te gaan sonbrille koop. Tussen die grys en vaal is daar ook mooi kleurvolle ballonne - ek wonder net hoe lank hulle opgeblaas gaan bly.

Page2

Ek weet nie hoe sterk die mense is om "pitte" te koop nie, maar die vlerk-kliente kan beslis nie wag vir iemand om sy inkopies te laat val nie. Kyk net al die winkels so by die waterfront! Aghan Spinneys - hier in Abu Dhabi is Spinneys "die" winkel vir expats waar mens alles van die huis af kan kry. Wonder wat mens alles hier kan koop.

Page3

Na-ure inkopies ook sterk in verligte winkels en vleis is baie vars. Waarnatoe die vroue hierdie klere dra weet ek nie, maar dit kan hulle laat goed voel en as jy moeg is, 'n klein straatkafeetjie onder die boom.

Page4

Maar daar is nog ander mooi goed in Afghanistan en tussen al die aanvalle en bomme is probeer die land stadig weer op sy voete kom.

Page6

Ek wou darem sien hoe die land ook lyk en hierdie drie pragtige foto's op die internet gekry. Elke land het darem sy unieke natuurskoon en wys net dat ons Vader Skep goed - dis net mense wat dit opmors.

Friday, June 12

Die aftel begin …..

Wie van julle onthou toe die kinders klein was en die skoolvakansie breek aan. Vir dae word die dae afgetel na die vakansie en dan .... na die eerste dag of miskien die derde begin die "wanneer begin die skool weer"? Die ou mense het altyd gese moenie julle lewe so omwens nie. Wel, hier in die woestyn werk dit half andersom - die arabiere werk nie verniet van regs na links ipv links na regs nie.

Die skole het gister "gesluit" vir die skoolvakansie en nou le daar 79 dae van vakansie voor! Idees soos lekker swem of langs die strand le is bv nie eers uitvoerbaar nie want dis hittig en hoe hou mens nou 'n tiener "besig"? Sy het haar eie idees en wil natuurlik weggaan vir 'n dag of 4 na een of ander plek, maar of dit sal gebeur is heeltemal 'n ander storie en meer as een brug om oor te kom.

Page3

Die begin van die week is ek by die skool rond en sien weer die muur langs die trappe wat versier is met kinderhande van verskillende lande. Daar is 41 nasionaliteite in ons skool Ek stop so by elke Suid-Afrikaanse hand om te sien hoe die kinders 'huis' mis.

Van naderby sien ek braaivleis, sonskyn, rugby en afrikaans is hoog op die lys en ek dink daaraan dat al daai goed kry hulle hier ook: braaivleis - nie so baie as by die huis nie weens die hitte, maar daar word gebraai!; sonskyn - griet hier is daar meer as geniet sonskyn ons kan dit blik; rugby - ons kyk DSTV en daar is rugbyklubs alhoewel dit nie by die skole gespeel word nie en laaste en vir my die belangrikste van die vier is Afrikaans - en ek wonder of die kinders besef hoe geseend hulle is om hier in die vreemde met ander maats in hulle taal te kan praat.


Page4

Ek hoop hierdie oudjies gaan 'n veilige en lekker vakansie by die huis he! Ek ruil bietjie seuns vir 'n maand met William wat kom kuier en James wat in SA gaan kuier en ek sien baie uit daarna om jou hier te he seun! Ek weet sy shopping lys gaan lank wees, dus sal ons darem 'n deel van die 79 dae in die mall deurbring en dit gaan maar swaar op die sak wees.

Spaar 'n ou gedagtetjie vir al ons ouers wat hier in die hittige somer die kinders na dag 3 moet besig hou terwyl ons die dae aftel :-)