Die afgelope naweek kon ons weer 'n bietjie saam met ons "Abu Dhabi kleinkinders" kuier en ons ontmoet mekaar vir ontbyt by die mall .... hoe dan anders .... hulle moet leer!
Daar word groot bekers tee weggeslaan en ons eet baie lekker aan 'n "old granny's breakfast" (roereier met roosterbrood en konfyt).
Dan moet ons gaan juwele koop, want dogtertjies moet juwele he en ons rus 'n bietjie om op te tof. Hier is nou nie tuine wat feetjies in het nie, so ons leer van met feetjies speel met lekker felt feetjies wat mens aan kan trek. Emily veral was mal daaroor terwyl Jenny die juwele geniet het.
Met al die speel en "aantrek" is ons ou tannies dors vir tee en die kleintjies kry 'n kitty-pannekoek.
Gou-gou word die vingertjies deur die sjokolade en room getrek en afgelek. Die waarnemende oumas keer net dat die sjokolade nie op die klere kom sodat die mammas kan sien nie :-). 
Weereens dankie vir die mammas dat ons met hulle kon kuier. Ons het dit baie geniet!
Daar word groot bekers tee weggeslaan en ons eet baie lekker aan 'n "old granny's breakfast" (roereier met roosterbrood en konfyt).
Dan moet ons gaan juwele koop, want dogtertjies moet juwele he en ons rus 'n bietjie om op te tof. Hier is nou nie tuine wat feetjies in het nie, so ons leer van met feetjies speel met lekker felt feetjies wat mens aan kan trek. Emily veral was mal daaroor terwyl Jenny die juwele geniet het. 
Weereens dankie vir die mammas dat ons met hulle kon kuier. Ons het dit baie geniet!
Ek weet nie wie van julle vanaf 1 Maart al hierdeur moes gaan nie, maar hulle soek alles, jou geskiedenis, jou ouers s'n, waarnatoe jy gaan, hoeveel dit kos, hoeveel geld jy saamneem, 6 maande se bankstate om te bewys jy het genoeg geld, foto's, oogscans, vingerafdrukke, ens. ens. So sit Eddie in Nigerie en ek het nie 6 van sy bankstate nie en ek kan nie vertel waar hy is nie want dan gee hulle my nog minder 'n visum. Weet julle om jou aansoek in te gee word jy deursoek en ondersoek en mag jy selfs nie eers 'n botteltjie water inneem nie. Jy moet nie net benoud wees oor gaan hulle jou aansoek aanvaar nie, jy moet ook doodgaan van die dors in die hitte.
Ons hou die tannie wat ons moet help dop, sy is van 'n asie land wat kougom erger kou as mense van daai eilandjies teen wie ons graag krieket speel. EN sy lyk glad nie asof sy lus is om by die werk te wees nie ... benoud is ons ... as ek terugdink aan die geskiedenis, wat het ons die engelse aangedoen dat hulle nou so teen ons draai, moet dit nie andersom wees nie? Of is dit die lugredery se skuld met hulle onlangse domheid? Of is dit ook oor wat in die ander afrika lande gebeur dat ons soos "skelms/skurke" behandel word?
Wat ookal die rede, Vader was goed vir ons want binne 3 dae het ons die paspoort terug met die baie belangrike visum en kan ons begin regmaak vir die reis!! EN glo my dat of julle nou wil of nie, alles sal op die blog verskyn .... miskien nie alles nie, maar meeste van dit.