Showing posts with label retreat. Show all posts
Showing posts with label retreat. Show all posts

Wednesday, November 28

Vroue Retreat

Die afgelope naweek het ons die voorreg gehad om vir twee dae lank net stil te raak en tyd met ons Pa te spandeer.  Daar is nogal gesoek na 'n plek waar ons teen 'n billike prys, sonder om moeilikheid te kry oor godsdiens, buite in die natuur stil te raak.
Page3

Die keuse het op 'n ou tradisionele resthouse geval en vir baie van die vroue was dit 'n ondervinding so sonder die "luukshede" wat ons so as vanselfsprekend vat bv. warm storte. sagte matras ens.  Ons kon een vertrek gebruik sonder dat enige locals agterkom wat ons doen en met 'n kerse hier en daar in elke kamer, kon die reuke ook beheer word :-).  

Page1_0


Die Vrydagmiddag was ons eerste sessie van stilraak en dit was heerlik om so tot sonsondergang buite te sit/le en mediteer oor Psalm 23, 42, 63 en 139, om te hoor wat Pa vir ons elkeen wil se.
Page2

Die motel se kombuis is nie meer in werkende toestand nie, en daar is somer so in die kamer se portaal kombuis ingerig en kosgemaak vir die vroue.
Page4

Die aand is daar gescrap oor wie/wat/waar elkeen dink sy op die oomblik is.  
DSC_0487

Na ontbyt die volgende dag is elke vrou met haar kombersie tuin toe vir stilraak.  Vir die wat vir die eerste keer op 'n Stil Retreat was, was die tweede dag bietjie makliker en is alles, selfs middagete in stilte geneem en geniet.  
Page5

Die laaste sessie is daar weer scrap boekmerke gemaak oor wat elkeen "gehoor" het


DSC_0477

Dankie vir elke vrou wat die naweek saam met ons was, dankie vir Elriza wat so mooi na ons Pa geluister het toe sy die naweek studie geskryf het en Dankie Pappa dat ons so 'n geseende tyd saam met U kon deurbring.  Dankie vir U vermoeienis met ons en dat ons kan weet dat U elkeen van ons by die Naam geroep het.


Sunday, February 27

Tyd vir asemskep en rustig raak

So 'n week terug het ek die wonderlike voorreg gehad om saam met 'n klomp pragtige jongmense op 'n "retreat" te gaan. Wat is 'n retreat? Ek sou se die geleentheid om van alles wat rondom en met jou gebeur "weg te breuk" en 'n bietjie in stilte by Pa se voete te gaan sit om te hoor watter planne Hy vir jou het en weer net bietjie tyd saam met Hom sonder onderbreuking te spandeer. En dit is presies wat ons gedurende die naweek gedoen het.

Ons tema vir die naweek het gekom van Hosea 2:14 "Therefore I am now going to lead her into the desert, and speak tenderly to her". En die hele naweek is ons daaraan herinner dat God ons 'n die woestyn inneem, nie om ons te laat ly nie, maar om ons nuut te maak en ons verhouding met Hom te hernu.

nr 1

Die Vrydagmiddag met die opslaan van die tente was daar groot pret, soos net 'n klomp vrouens kan wees wanneer hulle hul eie tent moet opslaan. En natuurlik terwyl die jongmense moes aanwysings lees en sukkel, het die ou tannies se tente al gestaan .... En hoekom?

Kyk net ......

Page2

Daar is lekker geeet voordat die eerste sessie aangebreek het.

nr 3

Elkeen van ons 'n foto wat iets van 'n woestyn uitbeeld gekry. Ons moes dmv 'n scrapboek prent probeer uitbeeld waar en hoe ons in daardie prentjie is. En spesifiek waar ons verhouding met God, in daardie prentjie uitgebeeld kan word. Vir 'n lang tydjie het almal net na hulle foto gestaar en hulself daarin probeer sien voordat die tafel met scrapgoed aangeval is.

Page3

Gou-gou was almal besig met hulle prent en is daar baie gelag en gesels.

Nr 6

Maar hoe later hoe stiller het dit geraak soos daar gedink is en skrif in die Bybel opgesoek is. (Een van die honde het ons ook aangeneem en is "Hoover" gedoop omdat hy reg was om enigiets op te eet wat op die grond val - hy het die rustigheid om die tafel geniet)

Nr 7

Die scrapblaaie wat vertel van ons plek in die woestyn en waar God ons wil sien.

DSC_0185

Die volgende sessie was rondom die kampvuur

Page1

Wonderlike gesprekke met mekaar hier gehad. Hoe Vader na die Israeliette in die woestyn gekyk het en hoe Hy hulle nooit gelos het nie en vir hulle gesorg het. Ons het ook gepraat oor hoe maklik ons God met "dinge" vervang alhoewel Hy altyd daar is vir ons. Daarna is daar bietjie gesing. Alhoewel die jongklomp geweet het hulle moet vroeg opstaan die volgende oggend, is daar nog tot half drie gekuier en fliek gekyk.

DSC_0191

Die volgende oggend het Vader ons bederf met 'n wonderlike sonsopkom in die woestyn en het ons gesien dat om "in die woestyn te wees" ook baie mooi is.

nr 9

Vier van die meisies het gaan perdry om nog meer die woestyn te voel.

DSC_0223

Ek was nou wel nie saam op die perde nie, maar hierdie "groen en lewe" in die woestyn was vir my 'n mooi boodskap.

Page2

Voor ontbyt is die tente vinnig afgeslaan en ek moes net hierdie foto's wys. Die twee het hulle tent kon afslaan tot op 'n punt en toe hy nie wil verder vou nie, agtergekom daar is nog iets binne-in. Kyk net .... 'n stoel!

Die tent wat so vinnig opslaan het nogal skill nodig om af te slaan en die twee het baie geoefen om sover te kan kom.

DSC_0237

Die bokkies het ook gekom vir 'n bietjie aandag en koppie krap.

Nr 10

Die laaste sessie was 'n 5uur een waar ons 'n tyd van stilte gehou het. Daar is glad nie gedurende die tyd gepraat nie en selfs middagete is in stilte geniet. Elkeen het 'n plekkie gekry waar ons tyd in die Woord en saam met God deurgebring het.

Wat 'n wonderlike geseende tyd. Sien al klaar uit na die volgende een.

Julle moet 'n wonderlike week he