Showing posts with label uniek. Show all posts
Showing posts with label uniek. Show all posts

Sunday, July 14

Dit kan net hier gebeur - 25


Ons slaan die hitte en Ramadan so in dieselfde maand.

Alhoewel dit 'n maand is vir die plaaslike geloof om te vas, is dit die maand wat mens nie kan leef of beweeg in die winkels soos wat hulle kos kom vir die vas nie - jip waar hulle eetdag gewoonlik oor 'n normale 24 uur moet wees, is dit gedurende Ramadan 'n skrale 10 uur en probeer hulle soveel as moontlik in so min as moontlik tyd eet.  Iewers langs die pad het die regte rede vir die vas by die venster uitgewaai.  
1004439_694396410585873_584965628_n

Maar net om te vas is nie al wat vir hulle "ewigheidspunte" gee nie, om goed te doen doen ook.  So waar in die wereld kry mens 'n supermark waar jy kos verniet kan vat?  

Ons moet in gedagte hou, volgens die opskrif by die rak dat dit slegs vir mense sonder geld of mense wat werkloos is is --- en dit in 'n land waar daar veronderstel is om geen werkloosheid en of mense sonder geld is nie. 

Dit is egter 'n goeie gebaar.

Monday, May 13

Dit kan net hier gebeur - 24

Twee goed in hierdie land wat nogal baie geduld benodig is die mense se bestuursvernuf en parkering.  Mens moet ook daaraan dink dat so 40+ jaar het hulle net kamele gery en nou skielik stuur hulle 'n groot 4x4.  Storie oor goed wat hulle aanvang kan 'n boek of twee volmaak. 
 
935657_531803666855763_1547353099_n
 
Hierdie is nie my foto nie, maar vertel dit so mooi ... meeste van hulle wil altyd eerste of voor in die ry bestuur en altyd gereed vir 'n kortpad.  Die een het hom bietjie vasgeloop.  Wonder of hy gedink het dis 'n treinspoor vir motors?

Tuesday, January 8

Dit kan net hier gebeur - 23

Soos gewoonlik nie te sterk om spelling hier nie.  Dit het baie te doen met wie die bordjies laat maak en waar hulle vandaan kom :-)

DSC_0352
Maar ten minste is dit "cheep" om in die park in te kom en na die diere te kyk.  

Monday, December 24

Dit kan net hier gebeur - 22

Ek dink nie vandag se foto kan net hier in ons woestyndorp gebeur nie, maar as mens die tyd van die jaar en die plek in gedagte hou, is dit nie iets wat sommer enige plek gesien word nie.
282445_10151151040767563_2038810128_n

Ek wil dan ook vir almal wat hier lees, waarvan ek weet en nie, 'n baie Geseende Christusfees toewens. My wens is dat hierdie Kersdag alles wat Christus aarde toe gebring het vir almal sal inhou - liefde ~ vrede ~ vreugde ....

Liefde

Monday, December 17

Dit kan net hier gebeur - 21

Ek onthou hoe ek as gekind gewonder het wanneer die zebras oor die zebrastrepe gaan loop.  Baie jare terug kan ek getuig dat ek dit nooit gesien het nie. 
406906_458032077572190_925124590_n
 
Hier wys die kamele dat hulle dit verkies om by die kameeloorgang oor te gaan :-).

Monday, December 10

Dit kan net hier gebeur - 20

Motors versier in die vlag se kleure is baie hoog op die "te doenlysie" gedurende die Nasionale Dag vieringe. 
306039_440555009337777_997888061_n
 
Hierdie ou het seker die kameel bietjie gaan rondwys en hom selfs "opgedress" vir die okkasie. Dit kan regtig net hier gebeur.

Sunday, December 2

Dit kan net hier gebeur - 19

Hierdie advertensie op 'n faceboek blad vir Suid-Afrikaners in die UAE het my in die week laat glimlag want ek kan so die frustrasie verstaan.  Die eienaars van die meeste huise verhuur baie keer plekke wat net sand het en dan word daar geen bydrae gemaak om die tuine uit te le of mooi te maak nie. 
DSC_0191
Hierdie mense het duidelik genoeg gehad, hulle trek en nou verkoop hulle die tuin sodat die eienaar nie die voordeel daarvan kan kry nie :-).  Mense dit gebeur so baie hier in die woestyn.

Monday, November 26

Dit kan net hier gebeur - 18

Die afgelope naweek oppad Retreat in Liwa toe, 'n nuwe padteken ...


DSC_0527

Ek weet nie of dit die "road surprises" vervang nie.  Agter die bome is regte egte woestyn, en kms daarvan en in 'n sandstorm kan die paaie baie vinnig toegewaai word.

Monday, November 5

Dit kan net hier gebeur - 17

Soos julle al agtergekom het, is spelling nie sterk hier in die sand nie ...

293877_10151154538546232_525975957_n

Hierdie broodjie is gepaslik na die sand in die woestyn vernoem .... of kon hulle net nie spel nie :-).  Of dit sand of growwe meel is, mens gaan dit voel met die kouery.

Monday, October 29

Dit kan net hier gebeur - 16

Die mense is nie sterk op korrekte "Engelse" spelling nie en dit kan orals, veral by die kleiner winkeltjies te sien word.  Maar die groot winkels maak ook foute ... hang seker af wie in beheer van die maak van die advertensiebord is.




Tekens, advertensies en aanwysings kry heeltemal nuwe betekenis partykeer.  As mens die gat in die grond toilet in ag neem, kan dit 'n handicapped toilet wees, want ek weet beslis nie hoe dit werk nie :-)

Monday, October 22

Dit kan net hier gebeur - 15

Hierdie man het ek afgeneem by 'n hotel waar hy besig is om die woestyn met 'n besem en skoppie "skoon" te maak.




Werkskepping is duidelik hier nie 'n probleem nie :-)

Monday, October 15

Dit kan net hier gebeur - 14

'n Kennisgewing by een van die sportklubs waar ons vroue kon kuier.  Hierdie plek was nog in 'n uitstekende toestand (goeie hotel standaard) toe daar besluit is dit moet plek maak vir die sheik se nuwe blyplek en dit sommer platgeslaan is.



Dis beslis net hier in die Midde Ooste waar vroue "gewaarsku" word dat daar iewers 'n man gaan verskyn .... net so dat mens jou nie doodskrik of weghardloop nie :-).

Monday, October 8

Dit kan net hier gebeur - 13

Wat dink julle kan dit enige plek anders gebeur ....



En dis regte see hoor, dood kalm en spieelglad :-)




Monday, September 17

Dit kan net hier gebeur - 12

Alhoewel dit 'n land is waar baie van die "olie" vandaan kom, en brandstof redelik goedkoop is, is daar nog een ding wat net hier kan gebeur ....

251151_4424270172714_2067037227_n
Maak nie saak watter tyd van die dag of nag nie, die vulstasies lyk altyd asof die petrolprys opgaan want daar is toue en toue motors.  Hierdie foto is net voor 12 in die aand geneem ... en die prys sou regtig nie om twaalf verhoog het nie.

Sunday, September 2

Dit kan net hier gebeur - 10

Die padtekens hier kan nogal snaaks wees hier in die woestyn en meestal vir hulle manier van se en die spelling.

 
10
 
Hierdie een is maklik, dis 'n voetoorgang vir mans met rokke :-).  Kon net sowel gewees het, "hardloop vinnig want ek stop vir niks en niemand".

Monday, August 27

Dit kan net hier gebeur - 9

Een van die drie tipes diere waaroor die plaaslike mense mal is.  Hulle word opgepas en getroetel en word beskou as hulle rykdom...die kameel.
4

Niks snaaks om hulle agter op 'n bakkie te sien of selfs agter in 'n 4x4 nie.  En hulle is beslis nie oppad slagpale toe nie.  Hulle is versker baie nuuskierig en bekyk elke motor soos hulle verbyry.


Monday, August 20

Dit kan net hier gebeur - 8


Dis so warm hier dat ....

406329_409566929091381_298160267_n

Mens kan koekies bak op die motor se enjin!  Ook net hier in die woestyn :-)

Monday, August 13

Dit kan net hier gebeur - 7

Dis warm hier mense, doodwarm en die arbeiders is seker die mense wat die meeste onder die hitte ly, maar die werk en bouwerk moet aangaan.  Die padwerke afdeling het 'n groot oplossing gevind vir die manne met vlaggies wat die motoriste moet laat stadig ry .....

557623_4313850012958_1364687088_n
Hulle het hierdie mannetjies gemaak en aangetrek wat die vlaggies waai.  Dit laat mens nogals stadiger ry om te kyk wie/wat presies hier langs die pad staan.  En mens kan nie heeltemal so goed sien nie, maar die detail soos "die sakdoek voor die mond vir die sand", brille, ens. is alles daar :-)

Miskien is dit soos 'n man-met-'n-vlaggie sal lyk as hy regtig te lank in die hitte staan, skoon uitgedroog.

Monday, August 6

Dit kan net hier gebeur - 6

Mens moet mooi kyk na die mannetjie en vroutjie by die kleedkamers ...
6

Altwee het rokke aan :-)

Monday, July 30

Dit kan net hier gebeur - 5

Motorbestuur hier is nogal iets ysliks en glo my die taxi's by die huis is  baie keer 'n vulletjie teen hierdie bestuurders.
5
So baie toepaslik is hierdie padteken .... "peace be with you".