Wednesday, December 19

Ons soek geskenkies

Die weer is nou baie lekker by ons en dit beteken ons kan regtig nou bietjie buite rondloop en dit sommer net geniet sonder die verskriklike hitte.  Global Village wat gedurende die somermaande toe is, was die regte plek om te gaan probeer shop vir geskenkies. 
DSC_0021
 
Juis weens die hitte, maak hulle eers vieruur in die middag oop en dit was heerlik stil. Ons het besluit om eers te gaan eet voordat almal by die village uitkom. 
 
DSC_0024
 
Met meeste van die lande wat 'n stalletjie het, het Suid-Afrika nog altyd tydens vorige besoeke geskitter in hulle afwesigheid, en ons was meer as opgewonde toe ons die SA stalletjie sien vanwaar ons sit en eet het.  Eenparig is besluit om dit heel eerste te gaan besoek. 
DSC_0030
 
Maar wat 'n teleurstelling! Al wat SA was, was die naam aan die buitekant!  Vorige jare was verskonings dat dit "te duur" is om so 'n stalletjie te huur ens. maar julle moet party van die regte arm lande se stalletjie sien.   Dis mos 'n geleentheid om ons produkte te adverteer en selfs 'n lekker koffie plekkie met tradisionele eetgoed te he! 
 
DSC_0029
Ons het egter die Afrika saal geniet alhoewel dit dieselfde goed is wat mens by meeste van die vlooimarkte in SA kry.  'n Paar ander sale soos Morocco, China, Tunesie en Afrika was op die aand die groot gunstelinge.  
DSC_0039
 
Nelmari het darem ook kans gehad om so bietjie inkopies te doen :-). 
DSC_0037
 
Die plek het begin vol loop toe ons huistoe gaan, en die weer was steeds lekker, selfs koel.  Soos met vorige besoeke hier in 2008 en hier in 2011 was dit weereens 'n lekker ondervinding.  Nie net vir die shopping nie, maar ook om die buite te kan wees 'n bietjie te geniet.

1 comment:

retha said...

Om so inkopies te kon doen het seker 'n bietjie kers gevoel aan jul gebied.