En ongelukkig nie 'n vol getal kinders vir Kersfees nie. Anders as James wat gelukkig was om te kom kuier nadat geswot het, moes ons vanjaar sonder William wees. Het jou gemis seun en bid nog steeds dat jy gou-gou hier sal wees. Al lyk Leane so alleen sonder 'n diertjie in die arms, is ons almal opgewonde oor volgende jaar wat sy ons klein Lara gaan vashou vir die foto :-).
Showing posts with label kersfees 2012. Show all posts
Showing posts with label kersfees 2012. Show all posts
Thursday, January 17
Kersfees 2012
Die nuwe jaar is al ampertjies klaar, en hier sit ek nog Kersfees foto's op :-).
Die dierefamilie het vanjaar vir Pannekoek verloor en vir Elsie bygekry
Friday, January 11
Ou Kersdag in die woestyn
Ampertjies is dit alweer 'n maand na Kersfees, kan julle glo. Eers tel mens die daggies af vir Kersfees en dan skielik is alles oor en die nuwe jaar hardloop weer met 'n stink spoed verder. Kersfees was vanjaar stiller as gewoonlik en het ons lekker ou Kersaand saam met 'n klomp vriende in die woestyn gaan kersliedere sing.
Eers het ek en my ou karretjie lekker verdwaal om by die regte plek uit te kom, nie eers 'n Gi-pi-S sou werk nie. Kyk net hoe verdwaal lyk my ou "baluka" op die vlakte :-).
Lekker kampvuur en atmosfeer terwyl Elriza ons begelei met die Kersliedere. En ja die boetie en sussie wou mekaar voor die tyd amper opeet van liefde :-). Het net vir William vreeslik gemis, 'n kuier van hom sou 'n goeie en groot kersgeskenk wees.
Die ampertjies nuwe mamma en pappa kon so 'n bietjie oefen met vriende se baba.
Na 'n heerlike kuiertjie het ons kersgeskenkies by die huis gaan uitruil en dit lyk asof al die kinders heel tevrede met hulle presentjies was.
Sien uit daarna om volgende jaar 'n baba vir Kersfees te he .... dink net aan al die lekker shopping vir haar :-).
Saturday, January 5
Kersfees kompetisie
Net so voor Kersfees het ons 'n gemmerhuis competitie gehad. Elkeen sou dele van 'n gemmerhuisie kry en moes self sorg vir die aanmekaar sit en versier.

Party het dadelik begin werk, ander het eers die instruksies gelees en ander het gestaar om te kyk of die huisie nie self aanmekaar kom nie.
Ons was nie seker hoe dit gaan opbly nie, en blikkies en alles is gebruik nadat die eerste mure aanmekaar gesit is.
En die versiering het begin. Elke span met hulle eie idees en planne.
Party van ons kon die versoeking van al die lekkers nie weerstaan nie.
Die dakke was seker die grootste uitdaging. Sou dit die druk van die "dakteels", "sneeu" en "liggies" weerstaan?
Die laaste afronding word gedoen en dit het my nogals aan scrapbook laat dink.... Hoe daar ekstra goedjies bykom omdat die prentjie nog nie reg lyk nie.
Baie tyd is in klein "detail" gesit en die huisies was nou klaar om beoordeel te word.
En ons wenhuisie vir 2012!
Die huisies is nie opgeeet nie, eet van hulle het ook na die buurhuis gegaan, maar dit beteken nie daar is nie geproe nie.
Ons het alreeds groot planne vir die kompetisie vir volgende jaar :-).
Monday, December 24
Dit kan net hier gebeur - 22
Ek dink nie vandag se foto kan net hier in ons woestyndorp gebeur nie, maar as mens die tyd van die jaar en die plek in gedagte hou, is dit nie iets wat sommer enige plek gesien word nie.
Ek wil dan ook vir almal wat hier lees, waarvan ek weet en nie, 'n baie Geseende Christusfees toewens. My wens is dat hierdie Kersdag alles wat Christus aarde toe gebring het vir almal sal inhou - liefde ~ vrede ~ vreugde ....
Liefde
Subscribe to:
Posts (Atom)