Om 'n foto-dagboek van ons doen en late in die woestyn te hou is die hoofdoel van my blog. In die proses kon ek mense ook wys hoe dit hier lyk. Met die sorteer van my foto's sien ek soveel foto's van dinge wat "net hier kan voorkom".
Hier word altyd probeer om groter en beter as enige ander plek of land te wees MAAR omdat hier so baie mense woon wat nie Engels as eerste taal het nie en daar soveel verskillende kulture is, gebeur daar baie keer goed wat ek nie dink enige ander plek ter wereld kan gebeur nie. (Ek's seker dat dit partykeer wel doen - maar ek weet nie daarvan nie)
So ek wil eenkeer 'n week ietsie "unieks" wat eie is aan die plek met julle deel.
Padtekens sorg vir groot pret en glimlag as mens partykeer die langpad aandurf. Hierdie een sien ons oppad vir ons maandelikse uitreikdiens in Ruwais. Ons ry in die woestyn, sien net woestyn en dan hierdie bordjie .... Nodeloos om te se, mens kyk altyd of jy 'n boot sien.