Wednesday, December 2

Nasietrots ... weet ons nog wat dit is

Wie van julle onthou nog die Republiekdag vieringe wat ons elke jaar by die skole gehou het. Daardie standaard program wat jaar na jaar dieselfde was vir almal regoor die land. En natuurlik die groot vieringe by die sportstadiums. Ons skool het met die trein na Goodwood sportstadium gery om daar te gaan deelneem aan die massa gimnastiek vertonings. Dit was groot fees en dit was lekker!


UAE-National-Day-Logo-for-Ads

Hier in die UAE vier hulle hul nasionale dag op 2 Desember en die vieringe is iets ysliks en nog erger as die destydse republiekvierings. Julle weet mos nou al die mense gaan all out as hulle iets doen. En vanjaar is die ou landjie 38 jaar oud. Nog spring chicken dink julle nie?

Page9

Dit was in 1971 toe ses lande die ooreenkoms geteken het om een land, die Verenigde Arabiese Emirate te vorm. Net Ras Al Khamah het nie geteken nie, maar wel twee maande later in 1972 ook deel geword van die land.

Page4Page5

Waar die kersversierings seker nou orals by die huis in die winkelsentrums te sien is, is dit die nasionale dag kleure wat ons sien. Dit was 'n goeie geleentheid om 'n paar malls hier in die dorp te besoek om te sien presies hoe hulle versier is.

Page6Page7 Page8

En oppad malls toe orals is die strate sien mens hoe die duur motors opgemaak en geverf is in die landskleure. Ek het meeste van dit gister afgeneem en is seker dat daar vandag nog meer kleurvolles op die pad gaan wees.

Page1Page2Page3

Teen donker is die kindertjies in die motor gelaai en het ons gaan liggies afneem want vanaand sal mens dit nie naby die Cornish wil waag nie. Dankie julle twee vir die geduldige afneem terwyl ek bestuur.

Vanaand poog Abu Dhabi om die grootste vuurwerkvertoning in die wereld te hou. Vuurwerke sal van verskillende plekke in die dorp afgesit word op dieselfde tyd om so die Guinness book te haal. Ons gaan sommer op die dak sit en hoop om die skouspel te sien.

Mooi dag vir julle!

6 comments:

Anonymous said...

Great stuff!! Ons kan maar 'n blaadjie uit hul boekie haal.

Sonja said...

Dit lyk net so aanskoulik soos kersfees! Hulle doen darem baie moeite!

Sandra said...

Dis 'n lekker feeslike gevoel Vlam. Jy moet SA geniet!

Kan jy dink wat Eskom met al die krag wat die liggies trek sou gemaak het Sonja :-)?

eilandkind/islandchild said...

sjoe, maar wat nou van die nuus dat die ou landjie diep in finansiele probleme sit??

Nimsi se Blog said...

As jy kon sien - laat ons tog ook die vuurwerke sien asseblief.

Sandra said...

Ek lees dit ook in die koerant Eilandkind :-). Die probleem blyk in Dubai te wees. My persoonlike opinie - dis almal maatskappye wat westerlinge in het. Hierdie sheikh is nie bekommerd oor hulle persoonlike rykdom nie en dit is baie geld. Ek dink in elk geval Dubai het te vinnig, te veel gedoen.

Hi Nims. Ons het op die huis se dak gesit en vuurwerke kyk. Sal dit met julle deel :-)