Tuesday, December 8

‘n Spesiale Verjaarsdag vir ‘n Spesiale Persoon

Verlede week was die 70ste verjaarsdag van 'n baie spesiale persoon en iemand wat onwetend vir hom, 'n baie groot invloed in my lewe gehad het. Eddie was die gelukkige persoon om daar te wees vir die partytjie en foto's te neem, so vir al julle "party animals" wat daar was, julle het die voorblad van die blog gehaal :-).

Page1

Die partytjie het al vroeg-vroeg begin toe al die familie, ou- en nuwe vriende by die huis bymekaargekom het vir tee en koek.

Page2

Daarna is almal so in 'n konvooi na Kate's Village by Hemel-en-aarde naby Onrus vir die groot eet en kuier.

Page3

Ek is baie seker daar is sommer lekker opgevang en teruggedink aan wonderlike tye saam.

Page4

Die kinders Elizma en Francois het altwee 'n toespraak gemaak en Danette het vir haar pa "Sprokie van 'n stadskind" gesing. Natuurlik het oom Jan ook sy se ingekry.

Page5

Toe tyd vir die groot eet van lekker "kookkos" en klompe nageregte.

Page6

Die volgende dag is daar eers geskenkies oopgemaak terwyl die gesin sit en kyk.

Ek het nie die geleentheid gehad om ietsie te skryf of te se op die verjaarsdag nie, maar dan sou ek ook nie meer as 30 jaar in 'n paragraaf kon saamvat nie. Oom Jan was/is nog steeds vir my 'n rolmodel met sy besonderse aanvoeling vir mense en sy manier waarop hy met mense werk en praat. Ek het nog altyd gese dat oom Jan die persoon is wat mense kan uittrap oor iets wat jy verkeerd gedoen het sonder dat dit vir jou soos iets ysliks voel net deur die manier waarop hy met jou praat. As jongmens het ek my verstom aan die oom wat luister en wat selfs bereid is om ander se idees en voorstelle te gebruik ondanks al sy ervaring en kennis.

00

Oom Jan loop 'n nou pad met ons Pa en ek onthou menige tye wat hy vir ons span aandgodsiens gehou het en watter indruk dit op my gemaak het. Die "storms" kan rondom hom losbars en dan het hy nog altyd 'n ietsie goeds te se. Oom Jan is 'n mens-mens. Ek hoop dit was 'n wonderlike dag/naweek saam met jou geliefdes en vriende en dat jy 'n wonderlike nuwe lewensjaar gaan he en dat ons Hemelse Vader jou uit jou sokkies sal seen.

Liefde

5 comments:

Die-seremoniemonster-van-die-dag said...

Vroutjie, jy het ook nie vertel van die tweede geslag wat deur William en Tessa verteenwoordig is nie!

Ons het lekker verjaarsdag gehou, ordentlik, maar lekker!

Thea said...

Nee jong Sandra, lyk vir my jy't nou uitgemis op 'n lekker kuier saam met die familie!!

Nimsi se Blog said...

Jy is waarlik so geseend om n Oom Jan in jou lewe te he Sandra, ek het weer n ou buurtannie Ouma Jane wat ek altyd by kon leer en stilraak. Baie Geluk van my kant af ook Oom Jan.

Anonymous said...

Ai dit is darem lekker om so iemand spesiaals in mens se lewe te hê Sandra....jy is waarlik geseend!!! Geluk oom JAN

Anonymous said...

Awesome post.