Monday, December 28

Ons Kersfees

So kla ons almal oor die geldmaak uit kersfees, maar ons bly doodstil oor die groot eet wat met die feesdae gepaard gaan. Hoekom doen ons dit aan onsself? Weet nie hoeveel van julle soos ek gevoel het na die eet ou Kersaand en daarna die Kersete nie, maar eet sal ek eet :-). Dis mos deel van die "tradisie" van Kersfees ... wat presies waar begin is?

Page2


Ou Kersaand het ons bymekaar gekom vir die sing van Kersliedere en om weer die "storie" van Jesus se geboorte te hoor. Elriza het die aand gelei en Charmaine en haar boetie Hannes het die sang begelei.


Page1

Voor die program klaar was, het ons elkeen ook die geleentheid gehad om 'n kersie aan te steek terwyl ons net weer elkeen onthou wat die doel van Kersfees is. Die heel kleintjies, Allesia en Emily was net so gretig om kersies aan te steek.




Die "diens" is afgesluit met die sing van ek dink ons enigste regte Afrikaanse kersliedjie (een wat nie vertaal is nie), Somerkersfees. Luister net so 'n versie saam met ons.

Page4


Toe volg die bietjie eet. Ek wonder hoekom Elriza so skuldig lyk? Botter kan in William se mond nie smelt nie.


Page6

Nelmari het vroeg die oggend gemmerbroodmannetjies gebak en die kleintjies (jongstes waarvan sy een is) het heerlik daaraan versier.

Page7

Die kleintjies maak geskenkies oop. Nelmari het spesiaal vir Elriza ook 'n kinder-geskenkie gekoop. Lyk asof sy daarvan hou! :-). Klein Dante wat ook sy eerste kersfees vier, sit alles mooi en kyk.

Page8


Wie dink julle het die lekkerste gespeel?

Page5


Klein Dante was 'n groot hit by almal en het van die een na die ander arm gegaan. Almal is redelik vroeg huistoe om as familie hulle geskenkies oop te maak.



Kersdag het ons en nog 'n paar ander mense weer bymekaargekom vir 'n lekker kersete. Ek sal liewer nie die "eet" foto's wys nie.

Ek sluit egter die Kersinskrywing af met 'n liedjie wat Elriza vir ons sing (ek hoop nie sy gee om nie). Die kamera kwaliteit is nie so goed nie, maar die lied is pragtig. Elriza ek dink dis nou tyd om hierdie talent van jou op jou eie CD te sit. Dankie ook vir die voorgaan met ons boodskap en sang.

Geniet die laaste week van 2009!

Liefde

11 comments:

Charmaine said...

Baie dankie vir die mooi blog met al die mooi herhinneringe maat. Dankie ook dat jy jou huis oopgestel het twee dae in 'n ry en vir julle gasvryheid.

Mariette said...

Ag dit is sommer baie jammer dat ons dit gemis het ek is sommer hartseer, maar noudat ek vir klien Dante sien is ek sommer bly ons was nie daar met seuna se siekegeid nie. sal nou nie sou klein mensie wou aansteek nie....

Mens kan sien dat dit 'n aand was om te onthou.

lekker week
Groete

Sandra said...

Was lekker om julle almal hier te he maat. Dankie vir julle voorbereiding en goeters.

Ons het julle gemis Mariette. Hoop almal is nou beter. Kleinman se geskenkie le nog hier onder die boom hoor!

retha said...

Maak nie saak wanneer nie, eet is altyd beter saam met ander. Sing dink ek ook.

nikita said...

Lyk asof julle 'n HEERLIKE Kersfees gehad het, dankie, die liedjies is mooi, lekker geluister en pragtige foto's! Voorspoedige Nuwe Jaar vir julle!

Sandra said...

Ons Suid-Afrikaners kan 'n groot geleentheid vir eet maak as 'n groep mense bymekaarkom dis verseker Retha.

Was spesiaal ja dankie Nikita. Het julle toe 'n wit kersfees gehad?

Sonja said...

Ek bewonder julle,dat julle daar in n ver land so mooi uitstaan en julle lig laat skyn vir die Here!Mag die Here julle seen hierdie nuwe jaar sodat julle lig altyd so helder bly skyn!

Thea said...

Dankie Sandra, ek het nou so lekker saam gekuier en na julle pragtige sang geluister.

Mag 2010 vir julle 'n baie geseënde jaar wees!

Sandra said...

'n Wonderlike geseende jaar vir jou en jou gesin ook Sonja.

En wat het kersvader toe gedoen Thea? :-) Geseende 2010 vir julle ook.

nikita said...

hi Sandra! Ja, dankie! Ek mooi wit Kersfees! Die eerste keer dat ons sneeu hier op Kersdag gehad het, alhoewel ons al 'n paar keer vantevore sneeu hier beleef het.Ons skole begin weer vandag! :((

DJ said...

Ye thats my girl!! I'm very proud of her!!