Tuesday, December 15

Reen verskrik

Dis seker net mense wat in die woestyn sit wat sal blog oor reen? Hier kan mens nou nie juis soos die boere op die stoep sit en dan opgewonde roep "daar's wolke, hier kom die reen" as mens 'n wolkie sien nie. Toe ons hier gekom het baie jare terug was ons selfs opgewonde as daar 'n wolkie was. Deesdae is dit "normaal" .... maar reen .... dis 'n heel ander storie. Jy sien die dorp is in zones ingedeel en as dit in zone 2 sandreen dan weet ons in zone 4 nie eers daarvan nie. Nie dat die zone ver van mekaar is nie, dis gewoonlik 'n blok of twee. Mens kan aan die motors wat verby jou ry en vol sandkolletjies is sien dit het in hulle blok gereen. Regte reen soos ons dit in die Kaap ken is skaars in hierdie geweste. Dus maak hulle ook nie voorsiening vir sulke reen nie - en as ons die dag met regte reen gebless word, is daar chaos in die dorp.


Page2

Ek en William het vinnig winkel toe gery en was betyds om die begin van die chaos in die dorp te sien. Die motors was omtrent "knie diep" in die water want daar is geen stormwater dreine of afvoerpype om die water weg te voer nie. (So volgende keer as jy kwaad raak oor die verstopping in die afvoerpyp, wees dankbaar jy het een :-)). Lekker vir my kon ek passasier speel en foto's na hartelus neem.

Page3

James het met my skotse geelsak oor sy kop by die skool "gewerk" vandag want mens het nie regtig reenklere in die woestyn nie. By die deur uit het dit maar taamlik winter gelyk. Hoe gaan daai liedjie "en die reen kom neer en die vloed styg op" .... Ek dink nie Charmaine het 'n foto geneem nie, maar voor haar blyplek was dit een groot dam en mens het reenstewels en 'n boot nodig gehad om daar uit te kom. Haar klein motortjie was op 'n bultjie parkeer dat sy/hy nie kan verdrink of wegspoel nie.

Page4

En dan die kersie op die koek! Hierdie mense kan nie in die reen bestuur nie en die motors het stuk-stuk gehoes en geproes van die water en gedooi. Dit het erge verkeersknope veroorsaak wat mense ure ipv minute gevat het om deur die dorp huis toe te ry. En as julle jul kan verbeel, die mense vrek oor toeterdruk, kan julle jul indink hoe die strate gelyk en geklink het. (Die uit die lug foto is nie myne nie)

Gelukkig gebeur dit nie elke dag nie en alhoewel die dorp in chaos is, is dit heerlik vir 'n Kapenaar om bietjie regte reen te sien en voel.

13 comments:

Anonymous said...

Reen is magical enige plek op aarde, maar dit moet ekstra-ekstra magical wees daar in die woestyn! Ek is so bly ek lees jou blog, Sandra, anders sou ek NOOIT geglo het dit sneeu EN reen in die woestyn nie. :-)

Desia said...

Altyd iets interessants wat julle beleef!
Wat is normale reenval daar?

Sandra said...

Dit is maar dit ruik nie soos "huisreen" nie Vlam.

Desia ek het gaan loer en hulle se dat die jaarlikse reenval gemiddeld in Abu Dhabi so 43 mm is, met Januarie die hoogste maand - gewoonlik 28 mm.

Nimsi se Blog said...

Sjoe Sandra, hoop jy het bietjie kaalvoet geloop in die reen? Is daar ook donder storms of reen dit net?

nikita said...

Heerlik! Dis soos die Britte, toe dit hier so erg gesneeu het - Nov/Des - was hier absolute chaos. Ons het vandag bietjie sneeu gehad by my skool, gepraat van sneeu! Dit was nogal mooi. Hierdie land se avoerpype is ook nie die beste nie en dan's hulle verstop of daar is glad nie, die wat daar is, is piepklein en glad nie voldoende nie. Hoe meer ek op hierdie paaie daagliks ry, hoe meer mis ek ons paaie

Sandra said...

Mens wil nogal nie in die reen kaalvoet loop nie Nims. Daar is partykeer so 'n blits of donder maar nooit vir lank nie.

Ek mis nie die gate in die paaie by die huis nie Nikita, maar ja die riool- en afvoerstelsel beslis. Die ouens reken net dit gebeur te min om al daai kostes nog aan te gaan.

retha said...

Lyk darem nie of die mense daar in mekaar vas jaag nie. So netjies en geordenin die vereemde verskynsel - reen.

Sandra said...

O nee Retha moenie dat die foto jou mislei nie ... hierdie ouens ry in mekaar vas asof dit uit die mode gaan. En dan moet mens net daar wag totdat die polisie opdaag en dit veroorsaak nog 'n groter chaos. Met die reen was daar hope ongelukke, meestal darem net kleintjies, maar tog.

Sonja said...

Dit was nou omtrent vir jou reen!!
Julle het dit seker baie geniet,interessant hoe hulle reageer daarop!

Sandra said...

Sonja ek's 'n Kapenaar dus geniet ek die reen verskriklik baie, as dit net nie so 'n gemors op die paaie veroorsaak het nie. Maar soos altyd na 'n reenbuitjie lyk alles mooier en skooner, selfs die palms is sonder hulle sandlagie.

Charmaine said...

Hier val ek ook nou die huis by die agterdeur in na die lang blogstilte, maar ek lees jou blog maatjie.. Ek het ernstig vasgeval in die reen en deur strate van riviere huis toe bestuur, deurweek, sopnat en yskoud. Maar hoe ongelooflik is die reen nie en hoe skoon was Abu Dhbai nie die dag daarna nie. Dis wonderlik en al moet ek huis toe swem sal ek nie kla nie.

Desire Fourie said...

Ja nee, die hele wereld se weer is besig om drasties elke jaar te verander. Maar ek is bly dat julle 'n bietjie van die Kaap se weer daar kon ervaar.
Mooi bly.
Desire

Sandra said...

Jy het nie juis 'n kans om dit nie te lees nie maat, dan vertel ons in elk geval die storie :-). Ek het die reen net so geniet.

Behoorlike Kaapse weer Desire en dit was lekker. Hoop dit gaan bietjie rustiger by jou.