Sunday, December 6

Aanslag op die wereldrekord

Daar was 'n heelweek 'n buzz in die dorp en nie net vir die Nasionale dag vieringe nie, maar ook vir die aanslag op 'n vuurwerke wereldrekord. So saam met die wereldnuus dat Dubai in 'n groot geldelike verknorsing sit - en julle hoef nie te kommer nie, ons ouens in Abu Dhabi is fine :-), het die hoofstad (Abu Dhabi) volgens die Financial times, net so Dhs12 miljoen (R6 miljoen) uitgehaal vir die vertoning.

DSC_0055

Omdat ons weet hoe die dorp onder normale omstandighede lyk het ons besluit om nie die vertoning op die Cornish te gaan kyk nie, maar sommer vanaf die huis se dak. 'n Regte "wintersaand" met wolke! Wolke is nogal skaars hier en ons het gewonder of ons sal kan sien.

DSC_0058

Die van julle wat die prentjies in die kinderbybel onthou van die huis met trappe na die dak, wel hier is dit ook baie maklik om op die dak te kom en die kinders klim nog verder tot by die watertenk - wat elke huis het en dis hoekom ons koue water baie keer kookwater is - die son bak dit warm.

DSC_0064

James aan die uitkyk vir die vuurwerke wat al amper 'n uur laat is! Ek kan ook noem dat ons op die huisdak besluit het omdat die vuurwerke op verskeie plekke in die dorp afgevuur sou werk en twee wat redelik naby aan ons is, is die groot moskee en die sportstadium.

Page1

Die vuurwerke is van 20 plekke langs die kus afgevuur. Die rede vir die vuurwerking was nie net vir die nasionale dag fees nie, maar ook ter ere van die huidige president van die UAE en leier van Abu Dhabi.

Page2

Baie mense was nie heeltemal so beindruk met die vertoning nie en het dit vergelyk met Atlantis s'n wat meer indrukwekkend was se hulle. Die rede dat dit nie dieselfde effek gehad het nie, is omdat dit orals in die dorp gebeur het, en nie net op een sentrale punt nie.

Page3

Maar dit was nog steeds baie groot, baie indrukwekkend en baie duur. Die mense van die Guiness rekordboek was ook teenwoordig om te kyk of dit wel kan deurgaan as die grootste vertoning in die wereld.

fireworks_abu dhabi national day DSC_2129[8]

So seker is/was die mense dat die Guiness wereldrekord boek vir 2009 reeds gedruk is en net gewag het vir die foto om die rekord ook in te sit. En slim want dan kan niemand dit nog in 2009 verbeter nie.

fireworks_abu dhabi national day DSC_2153[8]

Vir ons op die dak was dit ook bietjie afgewater omdat dit so plek-plek gewys het, maar ek's seker dat die ouens wat naby die Cornish was vir die vuurwerke wat vandaar geskiet het, met al die mense en feestelik rondom hulle was dit 'n wonderlike vertoning.

Het hulle die wereldrekord opgestel? Dit weet ek nie want die koerante het niks gese nie, sal maar die boek moet koop om te sien.

8 comments:

Thea said...

Stunning foto's wat jy geneem het Sandra! Terwyl hulle nou al die geld spandeer het op vuurwerke, hoop ek dat hulle wel die wêreldrekord verbeter het.

Pa-wat-opcheck-dat-ma-reg-skryf said...

My vrou, jy sal die kostes moet regstel....Dhs12 000 000 is R24 000 000! Net genoeg dat ons by die see kan gaan aftree.

Sandra said...

Hierdie ouens hou van spog Thea, en ek dink nogal hulle sou dit orals verkondigheid. Sal maar die koerante moet dophou.

Glip van die vinger Eddie, maar ek sou met R6 miljoen ook kon aftree.

Nimsi se Blog said...

Sjoe dit is mooi foto's Sandra. Maar "oe" my swak hart met daardie kinders op die dak! Ek ly erg aan hoogtevrees en voel sommer duislig as ek hulle so sien.

Anonymous said...

Verstik ek nou aan my sarmie!! R24 000 000???!!!!

Wag, laat ek net gou gaan herstel van die skok...

Sandra said...

Toemaar Nimsi hulle is mooi groot en dis net 3 verdiepings vanaf die watertenk om te val :-).

Dis nou die spreekwoordelike "geld blaas" Vlam.

Anonymous said...

Lieflike foto's Sandra. Ek het so gesukkel om mooi duidelike foto's te neem. Waarop het jy jou kamera gestel?
Groetnis
Marietjie

Sandra said...

Al die foto's is nie my eie nie Marietjie. Ek's nie goed met kamera stel nie nie. Dis meestal auto dat dit self kan besluit. Wanneer dit weier om te neem, sal ek partykeer die flash net afsit
:-) maar dan blurr die liggies vir my.