Thursday, December 31

So met die laaste dag van 2009

Met al die kinders by die huis, het ek sowaar iets vir hulle gereel kon kry wat hulle nog nie gedoen het nie. En dis op ‘n kayak-toer om die eiland en in die mangroves. Die mangroves le net so ‘n blok van ons blyplek af en ons het dit al baie gesien met die verby ry- en/of loop maar nooit gedink daar sal ‘n geleentheid wees om dit te gaan verken nie.

2

Die ses van hulle, Charmaine se Elriza en Wiehann en my James, Leane, William en Nelmari, luister mooi terwyl die gids die veiligheid reels verduidelik .... en dan is dit sulke tyd.

3b

Elriza en Wiehann

4b

William en Nelmari

5b

James en Leane

Daar is besluit op dubbelkayake net omdat mens nie weet wat die rit op die see behels nie. Elkeen van die kayake oefen om hulle watervoete te kry.

DSC_0066

Dan is al drie kayake gereed vir die toer en gereed om die gids te volg. Nie noodwendig almal in dieselfde rigting nie :-)

20330002

Gewapen met 5 kameras onder hulle word alles afgeneem!! Mammaratzi kan nog die laaste paar vanaf die wal neem.

7

Hierdie twee pare het goed afgesit want die meisies het voor geroei :-)

2009_1223abudhabi0015

Die paar wat ek gedink het gaan die verste kom het die meeste konflik gehad want altwee weet die beste hoe ;-). Als en als het hulle blykbaar die hele roete omtrent twee keer gedoen volgens die ander, met al hulle geroei.

20320024

‘n Mangrove volgens die internet is “trees and shrubs that grow in saline coastal habitats in the tropics and subtropics. The saline conditions tolerated by various species range from brackish water, through pure seawater, to water of over twice the slinity of ocean seawater, where the salt has become concentrated by evaporation.”

DSCF0055

“Mangroves form a characteristic saline woodland or shrubland habitat, called mangrove swamp, mangrove forest, mangrove or mangal."

DSCF0062

“The unique ecosystem found in the intricate mesh of mangrove roots offers a quiet manrine region for young orgnisms… “ Die gids vertel dat hier baie voel soorte soos flaminke is en ‘n spesiale krappe kolonie kan mens tydens die laagwater mooi sien.

Wiehann het hierdie videoclip binne die mangroves geneem as julle wil sien hoe dit daar lyk. Ons as ouers neem geen verantwoordelikheid vir wat alles gese word nie :-).

DSCF0029

2009_1223abudhabi0002

Tydens die toer kry hulle ook kanom op een van die eilande ‘n breuk te vat. Hier kan julle ‘n deel van Abu Dhabi ver in die agtergrond sien.

20320017
DSCF0041

Tyd vir swem in die “koeler” see is daar ook. Kan julle sien hoe woes die see hier by ons is?

2009_1223abudhabi0008

Wiehann en William vat ‘n ruskansie.


20320014

Die man moet natuurlik sy nuwe onderwater kamera toets en wat sal hy afneem?

DSCF0038

‘n Krappie in ‘n skulp! Die water is mooi helder en die kamera doen nie te sleg nie.

DSCF0048

Interessant was die geel blommetjie wat so tussen die sand en water gegroei het. Elkeen van die fotograwe het vir my ten minste twee foto’s hiervan geneem en ek moet dit dus net opsit.


DSCF0053

Tydens die roei verby die flamink kolonie het die sheikh blykbaar met sy helikopter oorgevlieg en almal verjaag en hulle kon dit nie sien nie. Hulle het darem die mangrove “monster” kon sien maar nie afgeneem nie.

DSCF0067

‘n Klomp ure later is hulle doodmoeg terug met die vooruitsig van seer arms die volgende dag – maar almal was dit eens, dis ‘n experience van Abu Dhabi wat ‘n moet is! (Miskien sal ons vrouegroep die kort roete in die laagwater aanpak op 'n stadium)

Geniet julle laaste dag van 2009 en 'n Voorspoedige 2010 propvol seeninge vir almal!

11 comments:

Sonja said...

Dit was nou baie interessant! Ek sou nie omgegee het om saam te gaan nie!Dit laat my dink aan my kinderdae in Penge toe ons met binnebande op die olifantsrivier afgedryf het.Dit is dinge wat n mens nooit vergeet nie!

Sonja said...

Sorry,dit lyk vir my ek het nou twee keer die knoppie gedruk of iets! Daar se ek nou twee keer....!!

Sandra said...

Ek dink die roeiery sal nogals lank onthou word Sonja. Nou is ek ook nuuskierig om dit self te ervaar.

Jan and Miekie said...

Wat 'n interessante ervaring - dankie vir die mooi fotos. My simpatie met die twee wat so moes spook om rigting te hou - klink soos ek! Ek was altyd die vrotste van die groep met daai tipe ding, maar wat... ek dink ek sal dit ook geniet solank ek saam met Jan kan roei.
'n Baie geseende 2010 vir julle!

Thea said...

Jinne dit klink en lyk mos na 'n baie lekker uitstappie! Julle het nou wraggies ook enige ding daar in die woestyn!

Sandra said...

Daai twee is altwee hardekoppe Miekie dis hoekom hulle so ver moes roei :-). Lekker om weer van jou te hoor!

Dis nogal waar Thea, mens kan alles hier in die woestyn kry.

retha said...

mangrove in the dessert, I'll have to start pay you education fees -ag!- ek begin n ander siening as net sand en stof van woestyn kry. Of dit sal maak dat ek in die noord Kaap wil bly is erg te betwyfel.

Hoop jul nuwe jaar sal nog meer aangenaam wees as die laaste een.

Nimsi se Blog said...

Roei in die woestyn... nou het ek alles gehoor!
Voorspoedige 2010 vir julle almal daar!

Sandra said...

Ek sal ook twee keer dink oor die Noord Kaap Retha, al is daar pragtige plekke :-).

Ons roei hier dat die sand so staan Nims :-). Hoop julle het lekker gekuier.

Wonderlike 2010 vir julle ook!

DJ said...

Look like fun. Photo 16 weren't approve for publication :-)

Anonymous said...

Was lots of fun, so glad to have had the oppertunity for a new experience. (Love photo 16 luckily from the back) ;-))
Elriza