Friday, December 11

Die Kaap is darem ‘n mooi plek

Met die vakansies wat nou aanbreek het, is almal besig om reg te maak vir 'n bietjie weggaan. Net so voor William bietjie "huis toe kom", het hy kansie gehad om vir Tessa die Kaap te wys. Hierdie foto's is dan ook vir haar om weer te kyk. Ek was nie daar nie, so ek kan nie kommentaar op die foto's lewer nie, maar as daar enigeen is wat wil raai waar die foto's (die groot collage en nie elke klein ene nie) geneem is - hier is 'n Kersgeskenk uit Abu Dhabi wat sal gaan aan die een wat die meeste reggeraai het. (Eddie, William en Tessa mag nie deelneem nie)

Page1

Page3

Page4

Page5

Page6

Page7


Page8


Page11


Page12

Ek hoop dat jy nou "reg" is om jou familie oor 'n week of so die Kaap te wys. Geniet julle tydjie op Onrus.

Vir almal van julle, geniet julle naweek!

8 comments:

Ronelle said...

ek se mos altyd vir jou 'die mooiste plek in die wereld is die kaap' ;-)

retha said...

My opinie sal wees
3. Stap roete by die Berg
4.Boulders
5.Signal Hill
7.V&A Waterfront
8.V&A Waterfront
11.Table mountain
12. Lyk soos die 12 Apostels, maar van waar? I'm stumped.

Vir een of ander rede kan ek nie die ander sien nie.

Sandra said...

En ek sal nooit met jou stry daaroor nie Ronelle want dit is en so vertel ek almal in die UAE wat wil luister :-). Jy nie jou kans waag om die plekke te identifiseer nie?

Retha 5 reg sover :-). Ek moet ook weet watter berg jy bedoel. En ja die laaste foto is bietjie bedrieglik want dis twee plekke :-)

Nimsi se Blog said...

Dit bly maar die mooiste mooiste Kaap!

Anonymous said...

Van die Kaap weet ek so min, dit kon net sowel Ghana gewees het. ;-)
Maar dat dit mooi is...daarmee sal ek nie stry nie!

Sandra said...

So mooi Nims. Wanneer gaan julle bietjie vakansie hou in die Kaap hm?

My swak hart Vlam, .... Ghana!!!! Nee man, alhoewel Ghana seker ook mooi plekke het is dit darem ver van die Kaap. Jy moet net al die plante daar gaan kyk :-). Julle sal net moet afgaan en bietjie in die beskawing gaan vakansie.

James said...

Ek weet ie of ek verseker als sal kan reg raai nie maar sal maar my beste doen.

1. Onrus Lagoon
2. Botaniese Tuin naby Betty's maar kan nie die naam onthou nie
3. Shelley Point
4. Kaapstad fotos onderandere Groenpunt
5. Kaapstad weer
6. Waterfront
7. Van dit is Hermanus se nuwe hawe
8. Kabelkar by Tafelberg
9. Van dit is Hermanus alhoewel dit ook dalk in Onrus kan wees

Pa-wat-fotos-geneem-het said...

Kry vir jou 'n koekie James, jy het mooi opgelet in die klas!

Hoe klink Harold Porter vir jou, en nie Shelley Point nie.......Stony Point miskien.

Oor die Quayside Cabin vertel ons vir niemand niks nie, netnou weet te veel mense dat hulle die lekkerste seekos in die hele Kaap het, teen die goedkoopste pryse!

O ja, dis nie vuurpyle in William se hand met die nagfoto by die Kabelstasie nie, dis suigstokke, sulke langes.