Monday, December 21

Kersfees in die woestyn

Kersfees het so gekommersieel geword. Dis chaos in die winkels, pryse is ekstra hoog en elke keer as jy jou voete by die deur uitsit, is dit net geld uitgee, geld uitgee, geld uitgee. In so 'n mate dat mense se "ek hou niks van Kersfees nie". Ons weet dis nie waaroor Kersfees gaan nie, maar elke jaar is dit dieselfde storie. Ek gaan nie in hierdie blog skryf oor wat Kersfees veronderstel is om te wees nie, maar ek wil se dat ons nooit weet hoeveel ons het om voor dankbaar te wees voordat ons dit nie het nie.

Page2

Die Kersboom in die Holloway huishouding het so 'n tydjie sy verskyning gemaak, toe Nelmari wie se "werk" dit is om dit te versier haar taak aangepak het.

Page3

Moeilik omdat die mammaratzi sit en foto's neem en die gemmerkat dink dit is "xmas" :-) met al die speelgoedjies so byderhand. Ek wens ons het meer foto's geneem toe ons destyds hier gekom het (natuurlik voor digitale kameras), want die eerste paar kersfeeste het ons nie net die 'huis" en familie gemis nie, ons het ook die kersbome en versierings en selfs die kersliedere in die winkels gemis. Daar was niks en ons moes 'n klein boompie van SA "invoer". En as ek se niks, bedoel ek niks wat mens in die Kersstemming kon plaas nie. Ek onthou so goed plakkate wat by die "kaartjie winkel" opgeplak was - "no cards with Christian message may be sold here".

Page1

Maar dinge het in die jare verander en daar is selfs hier en daar kersmusiek wat in winkels speel, groot kersbome, baie versierings, uitrustings, ens. ens. Hulle het duidelik die "geld" in Kersfees begin sien. Die kersmark in November het honderde mense gelok (westerlinge natuurlik) met al die geskenkies wat verkoop is.

Page1

Die hotelle veral is die plekke wat amptelike dae vir die lig van die kersboom ens. Een waar die SA vlag mooi gewapper het, het oa gemmer kersboompies vir die kinders gehad om te versier en daar was selfs 'n arabiese kerstent.

Page2

Kersvaders van elke grootte en baie om te doen. Daar was groot getalle mense.

Page5

'n Winkelsentrum het 'n koue kersfees uitgebeeld en nee, James lewer nie vir kersvader pizza af om 'n groot geskenk te kry nie .... Nelmari was ook baie in haar skik om weer 'n bietjie met haar maatjie Minri te kuier.

Page3_0

'n Drie verdieping hoe kersboom by ons gunsteling eet-hotel met 'n gemmerhuisie het mense na hulle Switserse kersmaak gelok. En natuurlik se Nelmari se gesig .... maaaaaa kan ek hiervan kry. Die boodskap wat ons vanjaar by al die bedieningspunte in die UAE met die kinders gedeel het, was "God se grootste geskenk aan ons" (julle kan daarna loer op die kinderblog) en die kers-elfie in die regterkantse hoek was daar een van die besoekers.

Nou loop ons deur winkelsentrums hier in die woestyn met al die versierings en Mary's boy van Boney M wat orals speel en ons kla alweer oor alles - die mense, die pryse, ens. So gou dat mens vergeet hoe dit voel om dit nie te he nie. Die Kersboodskap word of behoort nie daardeur beinvloed te word nie, want het ons nie die grootste kersgeskenk van alle tye reeds ontvang nie?

Lekker regmaak vir die Chrisusfees

10 comments:

Sonja said...

Sandra,ek kan nie genoeg met jou saamstem nie! Ons het baie diep hierin gedelf, tot die punt waar ons die hele kersfees afgeskaf het,want dit gaan net oor geld.Ons maak hierdie naweek n tyd vir familie vir ons kinders en onthou wie is Jesus regtig en dat al hierdie dinge Hom waarskynlik hartseer maak.

eilandkind/islandchild said...

Ek bid dat al hierdie prag en praal en koop en koop en koop deure oopmaak vir julle Christene wat daar bly om vir mense te vertel waaroor Kersfees rerig gaan. As daar niks aangaan nie is dit moeilik om vir mense te vertel, maar hierdie is 'n deur wat wawyd oop gegaan het vir julle om die Evangelie te deel. Prys die Here vir deure wat oopgaan oral in die Moslem wereld!

Desire Fourie said...

So bly dinge rondom Kersfees tradisies het ten begin ten goede daar by julle begin verander. Ons wens julle en jul geliefdes 'n geseende feesgety toe.
Mooi bly
Desire

Anonymous said...

Ai, ja, Sandra. Dit is inderdaad so, en ek is ook skuldig aan wrewel oor al die gekoop, koop, koop en musiek wat jou kop laat draai.

sug

Dankie vir hierdie posting. Het nogal meer gehelp as wat jy dink. ;-)

retha said...

Die tyd probeer ek wegbly van die sentrums - so baie mense, my kop draai! Maar ek hou van al die mooi versierings.

En natuurlik kan mens verwag die versierings by jul groter/mooier/meer oorspronklik sal wees as meeste ander plekke.

Nimsi se Blog said...

So waar... die mensdom se onvergenoegdheid met alles ne! Ons as gesin gee ook nie Kersgeskenke nie, ons het tog immers alreeds die grootste geskenk ontvang! Goeie inskrywing Sandra - Dankie.

Thea said...

Ek hou ook van die versierings in die winkels, die kersmusiek wat speel ens. maar ek vermy ook die malls so ver as wat ek kan... dis net té besig en ek stem saam met Retha, dit laat my kop ook draai.

Mens kan maar net hoop en bid dat iewers, iemand (van daardie land se mense) verby al die geldmaak sien en daar vir hom/haar 'n lig opgaan sodat hy/sy die ware boodskap van Kersfees sal ervaar.

Jou gemmerkat is te oulik vir woorde Sandra!

Sandra said...

Sonja ek dink dis die een les wat ons die kinders kan leer en dit is dat ondanks al die "geld maak", mens dit nogsteeds by die boodskap kan uitbring. Ek dink nie Jesus het 'n probleem met die geskenkies gee nie maar wel met die "nie vertel" van die boodskap nie.

Baie dankie Desire en 'n wonderlike geseende Christusfees vir julle ook.

Ek hoop jy gaan ook 'n wonderlike Kersfees saam met familie he Vlam

Sandra said...

Eilandkind die dinge op hierdie eiland het baie verander vandat jy laas hier was, jy sal weer moet kom kyk :-).

Retha jong ons het geleer dat al die "groot" en "shine" hier ook maar niks beteken nie.

Hallo Nims. Altyd lekker om van jou te hoor. Ek dink dis wat ons elkeen van Kersfees maak wat belangrik is.

Sandra said...

Sy is oulik is sy nie Thea :-). Jy sal daai kleinkind van jou die liggies en versierings moet gaan wys.