Saturday, December 19

Al die skapies by die huis

Kersfees is nou net 'n paar slapies ver en die lekkerste deel is - al die kinders is by die huis. Dit beteken ook niks is meer "normaal" nie. Daar is 'n buzz ... iewers in elke vertrek is iemand besig en almal kan dit hoor .... lekkergoed, koekies en koeldrank verdwyn soos mis voor die son ... en natuurlik ook die geskenkies koop en dan om die dood toe baklei om dit in privaatheid toe te draai. Alles deel van die lekker. William het sommer met die intrapslap die handpoppe opgekommandeer vir 'n konsert en toe ek 'n replay vra was almal kamstig "skaam". Die poppe het egter nie 'n probleem om hulle gesig te wys nie.
Dit was egter nie lank nie of Nelmari voel weer hoe dit is om al twee haar boeties in die huis te he. Tot tyd en wyl Leane kom, moet sy maar die "punch" as die enigste meisie in die huis vat.
Partykeer dryf hulle my teen die muur uit ... maar omdat hulle nie hier lees nie ... kan ek se dis so lekker om hulle in die huis te he :-).
Nou vir 'n bietjie Kersinkopies
Lekker naweek!

15 comments:

Charmaine said...

Groot hartseer in my hart oor my een skapie wat nie huis toe kom nie. Geniet die buzz maat...maar ek sien uit om more twee kamers in die huis vol te he... dis so groot voorreg om ons mense hier te he oor die spesiale tyd.

Nimsi se Blog said...

Geniet die kinders Sandra, dit is die sleg van net een skapie hê - as hy nie huistoe kom nie, gebeur hier niks!

Ronelle said...

Geniet jou skapies..!!
Ek het ook verlore skapies in Dubai :-(
Sien hulle darem Januarie!!

Dit is darem altyd lekker om al jou kinders onder jou dak te he...

Sandra said...

Ek weet jy het so uitgesien om al 3 jou kinders vir Kersfees te he maat, ek's jammer vir jou. Baie bly dat die kamers darem gevul is :-)!

Dankie Nims. Wat maak julle Kersfees?

Ek weet jy sal ook graag jou Dubai kinders by die huis wil he, maar een van die dae is hulle daar dan is ek weer jaloers :-)

Mariette said...

Ag dit klink lekker en sommer vol lewe!
Geniet dit,- die tyd gaan so gou verby.

lekker week.

retha said...

Altyd goed om te sien/hoor familie hou van mekaar. Jammer Nelmari soms is dit meer voelbaar as ander kere. Ander uitvloeisel is al die vermaak!

Thea said...

Ja dis lekker om al mens se skapies onder een dak te hê en hoe ouer hulle word, hoe minder gebeur dit. Op ou Kersdag sal al 3 ons s'n hier wees en hierdie jaar is daar sommer nog 3 ekstra by (2 vriendinne en 'n 2-jarige dogtertjie) wat dit net soveel lekkerder maak. Kersoggend vertrek Willie en Charlé egter Suidkus toe vir 'n week.

Julle moet die tydjie saam geniet Sandra!

Sandra said...

Soos blits Mariette! SIen ons julle Donderdagaand?

Ek stem Retha. Die gelag en "sports" is gelukkig baie meer as die kwaad word :-)

Dis baie lekker Thea - sommer 'n dogtertjie om te bederf ook. Die kleintjies kyk darem met ander ogies na Kersfees. Jy moet julle tyd saam ook baie geniet. Kom Kersvader met daai rooi afslaandak? :-)

Thea said...

Sandra, jy wil nie weet hoe lekker het ek geshop vir geskenkies vir haar nie! Ek kyk op die oomblik na haar in die week terwyl die creche gesluit is vir die vakansie. Ek geniet dit vreeslik!

Jy gee my nou sommer 'n baie goeie plan vir Kersvader!

Sandra said...

Foto's foto's foto's Thea :-). Jy leer haar natuurlik bietjie coffee shop hopping ook ne? Ek sien Starbucks het sulke oulike baby chino's vir hulle om te drink. Jinne ek kan nie wag nie ...... :-)

Thea said...

LOL!! Sy hou my so besig dat ek nog nie eens kans gekry het om foto's te neem nie Sandra! En dit help ook nie veel dat die bediende huistoe is nie en ouma al die werk self moet doen nie! :-( Boonop was die weer so goor laas week dat ons nie buite kon gaan nie. Ek het dit darem al Pick 'n Pay toe gewaag met haar. Gelukkig is oupa volgende week af en dan gaan ons haar beslis van coffee shops leer! :-)

Nimsi se Blog said...

Gaan tweelingsus se kos eet in Sasolburg hierdie Kersfees Sandra. Ons sien mekaar heeltemal te min!

Sandra said...

Thea ... jy kan nie eers een klein dogtertjie hanteer nie :-). Hulle is bietjie anders as seuns ne?!

Julle moet dit vreeslik geniet Naomi - lekker Kersfees saam met die familie!

Desire Fourie said...

So bly dat jul geliefde kroos met julle die feesgety is.
Mooi bly.
Desire

Thea said...

Sandra, ek het laaa....ank gelede 2 babaseuntjies op 'n slag moes hanteer, maar dit was baie lank gelede. Ek is lekker uit oefening en. Boonop het ek mos sommer so oornag ouma geword 3 maande terug. LOL!!