Die weer is lekker deurmekaar hier in die woestyn die laaste week of twee en net so is die huis want ons trek en baie mense in die huis neem maar swaar afskeid van opgaar goetertjies.
Eers het ons 'n afskuwelike paar dae van sandstorms gehad en mense dit was regtig sleg en die sigbaarheid nie bestaande.
Dan die kersie op die koek trek ons na 'n nuwe uitbreiding wat nog reg in die woestyn sit en met die slegte wind het dit gelyk asof die woestyn die pad wou terugvat.
Maar so drie/vier daggies terug het die blitse en donderweer toegeslaan en het 'n reenstorm die woestyn getref. (Hierdie foto met nog een of twee is van die plaaslike koerant verkry).
En soos ek al vertel het, veroorsaak reen chaos omdat daar nie dreinering is nie. Orals in die strate en voor huise was daar damme water. Maat ek wou nie jou foto gebruik nie, indien jy self wou, maar ek kan julle vertel dat die kinders selfs voor Charmaine se plek in die parkeerarea geswem het :-). Skoon waterverskrik.
En met die reen wat ure aanhou was dit gou-gou ernstige chaos in die dorp.
Ek het julle al vertel van 'n wadi en hoe dit 'n droe riverloop is en so het hierdie wadi na die reen gelyk - van hoek tot kant propvol water.
Sou dit 'n teken wees vir wat wag, le daar vir ons 'n bloedige warm somer voor .. Ten minste sal ons nou in 'n plek wees met ac wat werk om ons af te koel.
Die wolke het defnitief niks goeds voorspel nie.
En gou-gou val die reen in emirate soos Fuijerah, Sharjah en Dubai dat die water spat. 'n Nat rok kan nie 'n gemaklike ding wees nie ... maar nou kan ons darem sien dis koud vandag want die manne het lang onderbroeke aan :-).
Thea sien jy die kompetisie vir die suidooster?!
Maar anders as by die huis is hier nie stormafvoerpype nie en net 'n bietjie reen kan 'n vloed veroorsaak .... ek hoor die ou oor die radio vertel vanoggend vir die mense dat 4x4's nie van suiker gemaak is nie, hulle kan deur plassies ry.
Dit bly nie by reen nie en die hael val in volle sterkte en verwar hierdie mense heeltemal. Die oproepe radio toe om die "blokke" ys wat uit die lug val te rapporteer en die sneeu was nogal baie snaaks.
Hier is een van die "belangrike" opvolgmanne (2de in lyn) van Dubai met sy ou motortjie in die hael - en dit sonder 'n rok!! Wat dink julle, met al die oorloe en nou die weer en brande orals oor, is dit die teken?