Thursday, April 23

Geluk julle

'n Gradeplegtigheid was nog altyd vir my so half mostert na die maal. Mens skryf mos jou eksamen in November en kry jou uitslae in Desember en hoekom moet jy wag tot April voordat jy jou graad kry? Dan het baie studente al begin werk en moet hulle "verlof" neem om graad te kry. Dis dan ook hoe James die universiteit laat weet het hy sal dit nie kan bywoon nie, hulle moet maar die graad pos - hoe onpersoonlik is dit? Maar soos dit moes gebeur is hy tans in SA vir 'n visa-run en kon hy sy plegtigheid bywoon - as 'n toeskouer natuurlik. Baie geluk met jou honeurs seun. (Amptelik B.A. Hons Sport Wetenskap). Dan is daar natuurlik Leane wat heeltemal kan wegraak in daardie swart rok wat sy moes dra wat haar B.Sc Geology graad ontvang het. Baie geluk Leane en sterkte met die honeurs. Sue jy wat ook hier ver in die UAE sit, hierdie foto is spesiaal vir jou. Bly jy kon daar wees met Leane se funksie seun. Julle vier moet maar gaan eet waar ons verlede jaar was en Leane op uitgemis het en die rekening stuur. Ons is trots op julle!

Monday, April 20

Kamele in die dorp

Ek het al vertel van Nelmari se liefde vir kamele en hoe sy kleintyd nog altyd haar eie kammie wou he. 100_0765Met ‘n onlangse woestynuitstappie het sy vir my meeste van die foto’s geneem, baie opgewonde oor die kamele.
100_0749

n Klomp kamele in hulle kamp in die woestyn.
100_0759

Kyk net hoe vorm die wind die woestynsand.
100_0753

Die son besig om te sak oor die woestyn en sy neem vir Eddie af wat ‘n entjie gaan stap het.

DSC_0024

En dan die kamele wat baie nuuskierig na die mense in die motor kom kyk het en ook mooi vir die kamera glimlag.
DSC_0033

Die woestyn-inn waar mens die lekkerste eetgoed kry.

DSC_0034

En ‘n klein kammie wat gelukkig nie saam huistoe gekom het nie. Ek gee nie om as sy so af en toe vir hom/haar in die woestyn gaan kuier nie.En terwyl ons nou op die kameelonderwerp is, klein Injay (beteken achievement) is begin van die maand na 378 dae van swangerskap gebore in Dubai as die eerste gekloonde kameel ter wereld. Die klein dingetjie het 30 kg by geboorte geweeg en is reeds met DNA toetse getoets om te bevestig dat sy presies dieselfde lyk as haar "ma".

Friday, April 17

"Ons" baba word 3

Klein Emily het hierdie week 'n hele drie jaartjies oud geword en natuurlik moes ons saam by die pretpark gaan kuier en speel het. Natuurlik was daar ook 'n groot barbie-partytjie, maar dit was by die skool waar die tannies dit nie kon bywoon nie.Nelmari en Charmaine wil 'n bietjie van die eetgoed probeer. Hoeveel mense het mens nodig om een kleintjie se neusie te vee? 'n Klomp se ek jou want Nelmari, mamma Marina en tannie Charmaine wil almal help. Haar maatjie Kayla het ook kom saamspeel en alhoewel klein Emily nie mal was oor al die verskillende ritte nie (en ek kan dit so goed verstaan), was sy baie braaf. Die rit saam met "Nella" in die stampmotortjies was baie lekker en sy geniet dit baie. Die groot gunsteling is die klim en klouter dink met al die gekleurde balle waarin mens sommer kan verdwyn. En hoe later hoe meer word die selfvertroue om op die goeters te ry! Ons hoop jou verjaarsdag was sommer baie spesiaal Emily. Ons is baie lief vir jou!

Wednesday, April 15

Ons Paasvieringe

Net so 'n bietjie meer as 'n jaar terug het ons die wonderlike voorreg gehad om die Esterkonferensie - Lig jou sluier in Dubai by te woon. Hier was die storie daaroor. 'n "Opvolg" Ken jou Naam was die afelope naweek gehou en weer het honderde Suid-Afrikaanse vrouens die geleentheid bygewoon. Hier uit Abu Dhabi het 'n klomp vrouens opgeruk Dubai toe en baie spesiaal was die feit dat ons hele vroue-omgeegroep dit sou bywoon. 'n Gelag en gekekkel al die pad van die huis tot die vulstasie vir koffie tot die konferensie! Daar was ons ook bevoorreg om vir Louis Britz en Wanda de Kock-Bam te he om die lofsang te lei. Wat 'n ongelooflike ervaring. Dis vir my moeilik om die konferensie in 'n blog saam te vat, en gelukkig het ek 'n maatjie wat dit gedoen het, so gaan lees bietjie hier . Vir my bydrae loer en luister na die foto's en video.






Sunday, April 12

Die Vrystaatse invloed

Ultra-stoppe in Kroonstad en Bloemfontein en die vrouemonument was my seuns se idee van die Vrystaat. Ek het boonop 'n Vrystaatse vriendin wat liries kan raak oor goed wat ek glad nie sien nie en ek het net geweet die seuns gaan meer van die Vrystaat leer tydens hulle studies. James is nou klaar geswot en ek weet nie of sy indrukke verander het nie, maar William het nou tydens die vakansie kans gekry om bietjie meer van die "platteland" gedeelte te ontdek. Met die vakansie het hy 'n paar dae saam met Tessa op die plaas gaan kuier. Hier is sy "storie" met bietjie kommentaar van my af. I went with Tessa to their farm for 10 days. We stayed at the school "koshuis" the first two days because her brothers and sister still had school. Standing in a foodline was something new too me. (darem onthou jy een afrikaanse woord seun en het jy vergeet van die voortrekkerkampe se kosrye). On our way to the farm, Nelie (Tessa's sister) got the present i bought her in Abu Dhabi in January and she was very happy about it. The next day we had to go watch Tessa's two younger brothers pariticpating at a athletics competition. Peet in the high jump and Johan in the 1500 m. Back at the farm it wasn't all fun and games. One of the bulls came back to the farm, in pieces and we had to make wors. First we had to cut the meat in smaller pieces. Peet is trying a new meat mask which will hit the stores soon. (Ek is seker jy het die besigheidsmoontlikhede gesien, maar jy weet mos mens speel nie met kos nie). After making the wors its time to test it. Tessa busy packing some of the wors. Of course there was some fun too. I got to be a cowboy (seun boere dra mos nie jeans en waar kry jy die hoedjie)and had to chase bulls around and count cows all from the back of a horse, now that was an experience. Just want to say thank you to Tessa's family for a great time!
Van ons kant af ook dankie dat hy daar kon kuier en vir al die bederf!