Wednesday, October 24

Vicky Nel verjaar





'n MOOI DAG WORD JOU TOEGEWENS!!

EK HOOP JY WORD LEKKER BEDERF VANDAG

EN LAAT HOOR VAN JOU DAAR UIT DOHA.


LIEFDE : die HOLLOWAYS

Die pienk het my laat dink aan jou liefde vir pienk badkamers :-) in die UAE

Tuesday, October 23

Nelmari speel in ADSAC toernooi

Maandagmiddag/aand was dit weer tyd vir die ADSAC toernooi vir skole in Abu Dhabi. Ons skool AISA het nie die beste van seisoene tot dusver gehad nie en soos die Engelse rugbyspan kan ek ook aan klompe verskonings dink. Kort seisoen, Ramadan, nuwe span omdat ou spelers opgeskuif het Varsity toe, swak taktiek deur die afrigters ens. ens. maar soos ons nou met die rugbybeker sê, dit tel alles niks, dis die einde wat saak maak.

Hier warm twee van die skole op voor die begin van die toernooi.

Ons span ook besig om op te warm. (William herken jy die ou met die wit hemp hier reg voor?)

Dan is dit tyd vir die eerste wedstryd, ons teen ACS, ons aartsvyande. Die telling werk anders as gewoonlik en ipv tot 25 speel, speel hulle tot 15. ACS wen die wedstryd

Die twee "stouters" van die span, Nelmari en Minri deel 'n grappie na die wedstryd, glad nie bekommerd oor hulle verloor nie.

Ons speel nog drie wedstryde waarvan ons twee wen.

Nabetragting na die toernooi want hoewel die UAE seisoen nou verby is, gaan 8 van hulle volgende week nog 'n toernooi in Syria speel

Die span - wat 3de in die toernooi eindig!!!

GO LIONS volgende seisoen probeer ons weer.

Sunday, October 21

Wie vanjaar vandag?

BAIE GELUK MET JOU VERJAARSDAG
GERHARD

AS JY VIR DIE REGTE SPAN SKREE, WEET EK SOMMER JY SAL VANDAG 'N WONDERLIKE DAG HE!!
(nie elke dag wat mens kan tong uitsteek vir die mense in die land van varings oor rugby nie)
'N BAIE MOOI JAAR WORD JOU TOEGEWENS
LIEFDE DIE HOLLOWAYS

Saturday, October 20

William in 'n stil Bloem

Foto's en stories van hoe William die stil tyd in Bloemfontein nou beleef. Al die studente behoort nou te swot vir die eindeksamen so die man moet hom nou besig hou met baie niks. Sy berig is ook maar met net die nodige woorde. Amper tyd om bietjie huis toe te kom seuns.

Not alot of news, here in Bloem things have been going a bit slow, after getting back from camp. So I just collected some small bits and bobs thats happening around (nothing big)


We had some nice cold weather with alot of rain and even a bit of hail, flying about (been like 8 years since I saw hail).

Walking on campus one day towards our friendly 7 /11 I spotted a strange looking thing at one of the hostels, peeking over the top of the trees. Can you guess??


It’s a huge inflatable slide about 2 and a half story tall. What a strange site on univ campus.
In my boredom I also decided to cut my hair, and of course I went to the cheapest barber I could find. None other than James and it cost me a whole lot of nothing, which suited me very well. And the professional that he is, he did an ok job...
What do you think??
James also played a very casual game of badminton, so I went along to see if I could get another storie. After a very intense match, James did walk away the winner.There was also a team building thing on campus; I guess it was mostly a first year thing, but the hostels where divide in teams and they had to create different art pieces. A dance, sculpture, costume and a song.
There was also a new member to the Family.....Leane got a puppy from one of her house mate for her birthday , but more of that later.

Friday, October 19

Hompe rys, bietjie vleis en bene oor en oor en oor

Na ons baie uitputtende oggende wat eers half twee oor was, was dit tyd vir middagete. Die eerste dag het ons die kos so geloer en gesien dis BAIE arabies en indies. Ok nou wat beteken dit sal julle vra...Ons het twee keuses slaaie, 'n gemengde een (nie soos julle aan gemengde slaai dink nie) en hammous, arabiese brood en dan is daar drie warm bakke - een met hoender, een met mash en een met baie rys met stukkies vleis in. Die nagereg is rooi jellie en wit goed wat dalkies vla kan wees. Wat's die probleem sal julle vra? Niks fout op eerste dag, maar met die volgende middagete staan daardie drie silver bakke weer daar ... en met een kyk besluit ons McDonalds net om die hoek vir middagete. Almal vra waar was julle en ons besluit om aandete maar weer saam met die groep te eet. Genade tog daar staan dieselfde slaai en drie bakke alweer en na 'n vinnige verdwyingstoertjie (nie op konferensie geleer nie) gaan eet ons by ons hotel. Die volgende oggend kla die organiseerders net 80 van die 280 mense het daar geeet ....ek wonder of hulle nie wonder hoekom nie? So kom middagete weer en ons probeer maar saam eet ... ek hoef nie te sê dis dieselfde bakke nie. Party van ons ontdek beentjies in die vleis en ons kan nie die dier identifiseer nie ....Gelukkig kan ons in Afrikaans kla en ons besluit om die volgende dag se middagete by die mall te gaan eet - kan julle glo die Battuta Mall is 3 min van ons, en daar is niks tyd om soontoe te gaan nie.
Die stukkie klink nou na baie herhaling, maar die aandete lyk weer dieselfde en ons besluit om maar iewers iets te eet waar mens groente of iets anders as rys kan kry. Om hierdie baie lang storie kort te maak, die volgende dag se mall eet, val toe ook deur die mat, toe die groep bymekaar wil kom reg in die middel van die middagete breuk en ons is weer aangewys op die drie silver bakke. Ons staan so 20ste in die ry en met die een oog sien ons iets anders ..... chips in die een bak, snitzel in die ander en die gewone rys en vleis. Dankie tog..... maar o wee ....die chips is op toe ons daar kom en die snitzels min, maar darem kry ons. Ons sit aan die tafel van ons groep, baie indiers, 3 Suid-Afrikaners, een Asier, een van Russies oorsprong en een Amerikaner. Eersgenoemdes se borde is tot bo en hoer vol met 'n ekstra bordjie vol snitzels. Die Amerikaner kom sit maar sy was te laat vir snitzels maar kla nie. Ek's nogal omgekrap oor die ongeskiktheid (aangesien mens nie varkerig in hierdie land mag sê nie) van die hompe kos terwyl ander nie kry nie. Dan sê die dame langs Charmaine ewe, "portions too big" terwyl sy die self ingeskep het en sommer twee gevat het. Onmiddellik besluit ek dat Saterdag met die terugvoering ek beslis nie die koeksisters gaan uithaal nie, netnou bly dit ook op bordjies agter soos die snitzels terwyl ander nie kan eet nie.
Maar ons het nie net geeet nie al klink dit so. Na middagete het ek "tricks" vir 'n sessie. Sekere lede van die groep is so vol geprop van die kos dat hulle vas aan die slaap sit en wieg. Nie eers die ou se kunsies hou hulle wakker nie. Hier oefen 'n groep hulle toue en dit lyk amper soos 'n Voortrekkerkamp.Ek het die sessie geniet en hoe om die kinders stories te verstel soos bv van die Drie-enige God dmv toue. (Kyk op kindergroep blog volgende week) Die tieners moet weet, hulle is in vir 'n toertjie of twee.
Charmaine het die clowing bygewoon en sy kom trots vir ons haar "hond" met ballonne wys. Die groene is haar hond en die bloue hoe dit moes lyk. Seker sy sal dit mooi vir ons verduidelik. Na die sessies was dit tyd vir Vrae en Antwoorde by die verskillende kursusse en dan aandete. Die aandprogram het 7 uur begin as ons gelukkig was en daar was allerhande "skits" deur die kursusgroepe, sang en oordenking. Teen tienuur was die dag so te sê klaar. Ek's baie dankbaar dat ons wel in 'n hotel gebly het, en nie op die perseel geslaap het nie. Daardie arme mense het op 'n opblaasmatras geslaap en tussen almal net twee storte gehad. Party was maar erg knorrig aan die einde van die konferensie. As oud Voortrekkers het ons ons dae van grondslaap gehad, en as daar kinders was, sou ons saam met hulle in ongerief gebly het, maar as dit nie nodig is nie .... dan is 'n bed en stort opsie baie baie beter. Die kerkkompleks is egter baie oulik en ek vertel julle volgende keer kortliks hoe dit daar lyk.