Thursday, May 20

Lekker in die woestyn

Dis nou 3 maande vandat ons diep in die woestyn ingetrek het, en om verskeie redes is baie dinge in die huis nog nie klaar nie. Om die waarheid te se ek weet nie of dit ooit gaan wees. As ek gedink het na al die jare is ek gewoond aan die dorp, het ek nou te doen met 'n heeltemal nuwe kant van Abu Dhabi en dit is die woestyn deel. Ek het mos al vir julle die groen en see en indrukwekkende geboue gewys - kyk nou hierna dis in dieselfde dorp en verseker hoe die ontwikkelde deel vroeer gelyk het.

photo 4

Vandat ons hier bly is daar bykans elke tweede dag een of ander sandstorm wat deur die spesifieke area waai en my blou karretjie voel al soos 'n kameel as hy sy liggies so moet toeknyp om al die sand uit te hou. Die foto'tjies is almal hierdie week sommer met die foon oppad skooltoe geneem en hierdie was Sondag se klein stormpie.

photo

Dis 'n nuwe area en die paaie is gebou en sypaadjies word mooi met siersteen gedoen, maar sodra die sand gaan le, kan mens sien dat die sand eintlik die area wil terughe. As hulle nie gereeld die plek "vee" nie, was hierdie dorpie seker binne 'n maand weer 'n woestyn.

photo 1

Hierdie ouens so drie blokke van ons af is besig om hulle eie sandduin agter die huis te bou, maar ek voorsien dat daai muur nie lank sal hou as hulle dit so los nie.

DSC_0013

En dis die sandplakkers. Ek weet nie presies wat hulle doen nie, maar van die padwerkers bly sommer naby as hulle aan 'n projek bou en dis so 'n klein houtboksie op stelte.

DSCF0042

Van naby dat julle beter kan sien :-).

DSC_0038

En dan kom mens by die huis na die storm en jy kry nie stof nie .... nee .... ons eie sandduintjie besig om te vorm aan die binnekant by die voordeur.

Dit lyk en voel asof ek nou die woestyndeel van my lewe binnegaan :-) en ek hooop nie dit vat veertig jaar nie.

Lekker week en mag die beste span weer die naweek wen!

10 comments:

Cecile said...

Ai Sandra, ek kan net dink die sand kan mens erg verstreur, maar jy klink derm vir my na 'n baie positiewe mens en draai dit alles sommer in 'n japtrap na 'n goeie ding.

retha said...

Hoe lyk die besem wat hulle hier gebruik.

Sonja said...

Sterkte met die sand! Dit klink baie erg!

Sandra said...

Cecile die sand kan mens lekker moedeloos maak ja :-)

Retha jy sal nie glo nie, maar hulle vee met 'n gewone besem. Sal spesiaal vir jou 'n foto neem.

Ai Sonja dis ver van daai wonderlike groen tuin van julle af

Thea said...

Dit klink glad nie lekker nie om so ge"sandblast" te word nie maar dis vir my interessant om ook hierdie kant van Abu Dhabi te leer ken en sien.

retha said...

"most extraordinary!"

Ronelle said...

Sjoe dit lyk erg Sandra!!

Nimsi se Blog said...

Oooe... ek en my "nat lappie" sal in die 7de hemel wees hier man!

Sandra said...

Ja Thea dis glad nie die groot hoe blink geboue kant nie :-)

Dit is Retha :-)

Party dae is dit baie erg RonelLe

Bring daai nat lappie Nims, ek kan doen daarmee ;-)

Thea said...

Ek lees/kyk ook daagliks na foto's van Venesië, Avignon en Al Ain. Het sopas ook Abu Dhabi s'n ontdek: http://abudhabidailyphotograph.blogspot.com/ Die internet maak wêrelde oop vir nuuskierige agies soos ek! :-)