Monday, February 15

Die drie wyse manne in die woestyn

Die drie wyse manne het die afgelope naweek bietjie in die woestyn gaan oorslaap - net om so 'n bietjie nader aan die sand te kom. Waar ons vroeer jare ver moes ry woestyn toe, sien mens deesdae die dorp met al die huise wat hulle al in die woestyn gebou het.

DSC_0069

Nou moet julle weet dat oorslaap in die woestyn nie sommer net iets is nie. Dis die tyd/geleentheid wat die manne al hulle sandput speelgoed kan uitpak en speel.

DSC_0070

En kamp word nie sommer net opgeslaan nie, daar word gekyk na die son, wind, maan, sterre en alles wat mag kom en uit watter rigting sodat die tent se opening op die regte plek kan wees.

DSC_0075

Eddie se lego-karretjie staan eenkant in die wind, weet nie hoekom nie. Kyk net die mooi formasies wat die sand al gewaai is.

DSC_0076

En dan staan die tentjie, bietjie skeef lyk dit vir my en mens kan ver agter die dorp se liggies sien.

DSC_0078

Daar word ernstig gekuier en gebraai en ek is seker meeste van die werk, dorp, land en wereld se probleme is aangespreek en 'n oplossing voor gekry.

DSC_0085

Sonopkoms die volgende oggend en soos ek verneem het was almal behalwe die kameraman wakker. Die ander twee het hulle bydrae tot die nag- en woestyngeluide gemaak.

DSC_0089

Die son trek water en al wat oorbly van die trippie is om nog die sand in die huis te gaan aflaai.

6 comments:

Man-met-die-Lego-karretjie said...

"Sonopkoms die volgende oggend en soos ek verneem het was almal behalwe die kameraman wakker". Nee my vrou, jy bedoel seker "behalwe vir die kameraman wat wakker was, het die ander twee nog gerus"!

Dit was darem al 5 uur gewees toe ek daai foto geneem het!

Sonja said...

Dit lyk na n vreedsame avontuur! Dit moet seker baie stil wees.Ek kan net dink hoe lekker so n wegkoms soms kan wees! HIer kan jy dit weer nie waag om so alleen te gaan kamp nie!As jy more oggend(AS jy wakker word!!)wakker word sal jou kar weg wees,jou tent onder jou uitgesteel wees en enige ander bruikbare ding! En jy kan dan dankbaar wees as jy lewe!

retha said...

Ek wou simpatiseer met die sand, maar Sandra het my herinner ons sal almal seker eerder die sand verkies.

Sandra said...

Dankie man-met-die-lego-karretjie, nou weet ek darem iemand lees die blog en jy was nie aan die slaap nie.

Dit is so waar Sonja. Ons het baie om voor dankbaar te wees.

Simpatie met die sand sal nice wees Retha :-)

SA Expats said...

Ons het ook altyd na daai spot gegaan maar hulle het nou so bebou daar dit voel nie meer soos woestyn nie. Nou ry ons maar Sweihan toe.

Anonymous said...

Wonderlik. 'n Woestyn besoek is 'n moet. Vertel bietjie meer van die Sweihan besoek.
Marietjie