Showing posts with label Elsie. Show all posts
Showing posts with label Elsie. Show all posts
Friday, February 21
Maatjies
Hierdie lelike gesig het 'n verskriklike persoonllikheid en maak seker dat almal van haar hou.
Mens kan sommer aan die gesiggie sien, al is dit hoe gekreukel, hoe sy voel en hier waar sy op die bank sit soos iemand op 'n perd is dit 'n "hartseer-gesiggie" want ounooi maak reg om uit te gaan.
Waffels kry ook nie kans om nie van 'n hond te hou nie, want Elsie wil graag vriende wees. Mens kan sien hoe gelukkig sy met haar win-vir-waffels-oor-gesiggie is.
Thursday, November 28
Kaalpoot in die reen ...
Die een ding wat hier in die woestyn baie skaars is, is reen. Regte reen, nie wolke wat "geskiet" word en so plek-plek sanddruppels laat val nie. So toe die waarskuwing kom, dat ons storms gaan kry, het almal uitgesien na die meer as paar minute se druppels.
En met geen stormwater dreinering was daar gou-gou plasse orals en het dit so gereen dat die skole toegemaak het, in wag vir die storm.
Die storm het nie gekom nie, maar daar was lekker waterplasse en selfs wolke om ons te laat winter-winter speel.
Verlede jaar het ek dit geniet om te sien hoe die bure se dogtertjie die waterpoeletjies geniet, en vanjaar moes ek maar vir Elsie in die water loslaat.
En sy het dit omtrent geniet!
Selfs probeer om met haar agterbeentjies in die lug te loop toe die water te diep vir haar raak :-). Nou moet ons seker weer 'n paar maande wag voor ons weer druppels kry.
Sunday, October 27
Elsie die "lee nes"
Iets wat ek defnitief nie met die laaste kuiken (Nelmari) uit die nes ervaar het nie, was die lee-nes sindroom en dit is alles Elsie se skuld. Sy is loshaande al drie kinders op een slag elke dag en sy maak dit haar misie om my "paraat" te hou meeste van die tyd. Elke dag is 'n nuwe dag vir haar waar sy ietsie doen en/of leer wat sy nie die vorige dae gedoen en/of geleer het nie.
Sy loer al lankal na die TV as daar erge beweging aan die gang is, en was 'n vurige rugby kyker saam met Nelmari toe sy laas hier was, maar toe ek my klein dvd-spelertjie per ongeluk aanlos en gaan water haal, was dit vir haar die wonderlikste ding, dat sy so naby op haar ooghoogte na iets kan kyk. Nou is dit iets wat sy permanent wil doen as die geleentheid hom voordoen.
En as ounooi werk, is dit die gesiggie wat my dophou en vra vir aandag.
Die roos was beslis nie 'n vredesoffer na stoutwees nie. Dit is sjokolade en sy is eintlik oppad om dit in haar "stash" hoekie te gaan bere sodat dit later geeet kan word - met papier en al.
Thursday, November 15
Die nuwe baba in die huis
Met al die kinders uit die huis, dreig ek al lankal om 'n skoothondjie te kry, maar elke keer is die omstandighede net so dat ek liewers daarvan afsien.
So 'n week terug is ek egter aangenaam verras en bederf .... Charmaine en Elriza het vir my hierdie lelike gesiggie as geskenk gegee. En skielik het die normale dae verander want ....
As ek gedink het ek is besig, is ek verkeerd. Elsie is besig, BAIE besig en vol speel!
Die eerste aand het sy onmiddelik haar plek op die bed geannikseer en na die speel is sy doodmoeg.
Niks kan ook meer rondle nie, (dit kan positief wees) want sy kou aan alles met die tandjies wat uitkom.
Ek probeer maar dat dit speelgoed is en nie skoene, fone, papiere, rolletjies en enige iets anders waarop sy haar tande kan le nie.
Aan die slaapgewoontes kan mens sien dat sy nou heeltemal tuis is, en snork met daai plat neusie dat die biesies bewe.
Behalwe dat Nelmari nog altyd 'n pug gehad het, leer ek nou eers van die "spesie" en is aangenaam verras. Elsie het so 'n sterk persoonlikheid en vol soveel vreugde, dat sy honde en katte wat haar wil afknou vinnig kan omdraai na speel maatjies.
Dankie vir hierdie groot geskenk julle, ek geniet haar soveel en dis lekker om so 'n positiewe en joyful asempie in die huis te he.
Subscribe to:
Posts (Atom)