Showing posts with label Logos Hope. Show all posts
Showing posts with label Logos Hope. Show all posts

Monday, November 25

Kuier op die Logos boot


Na ons lekker kuier rondom die braaivleis met die Saffers van die boot, word ons uitgenooi om hulle op die boot te besoek.  Die boot het 'n lang geskiedenis en storie wat julle gerus op hulle webblad Logos Hope gaan lees.  
Page1_0

Die Abu Dhabi winters is nou hier en dis regtig 'n pragtige aand.  Ons geniet die liggies terwyl ons wag vir die res van die groep om op te daag.  

Page2

Dis lekker om die klomp van die boot weer te sien en ons geniet 'n heerlike aandete saam met van hulle. Hulle word gepepper met vrae en is meer as gewillig om al die stories te vertel.  
Page3_0

Ons kry 'n toer deur die boot en wat vir my hierdie keer uitstaan is die besoek aan die "skool" vir die mense op die boot se kinders.  Die vorige keer het ons dit nie kom sien nie - dus was dit baie spesiaal.  Een van ons gasvrouens Carlien het twee kinders wat sy op die boot grootmaak en alhoewel ek baie seker is, dis geen maklike taak om dit te doen nie, kan ek net dink watter wonderlike geleentheid dit vir die kinders is.  
Page5_0

Die wat nog nie die boot getoer  het nie, luister aandagtig na die wonderlike werk wat hulle by die hawes waar hulle aandoen doen.  Behalwe vir hulle ongelooflike groot book fair waar ons behoorlik geshop het - teen 'n uitstekede prys, help hulle ook by sekere hawens met mediese hulp, uitreike in hulle op en van die boot en nog vele meer.  Gaan lees bietjie daaroor.  

Die mense op die boot is almal vrywillig Christene wat deur mense, instansies en kerke geborg word om die werk te kan doen.  Ons het net die Saffers en Namibiers kon ontmoet, en kon sien hoe passievol hulle is om Sy boodskap aan almal oor te dra!   

Thursday, November 21

Braai saam met die Saffers op die boot


Ons was weer vanjaar in die bevoorregte posisie om die Suid-Afrikaners op die Logos Hope boot wat in Abu Dhabi kom besoek het bietjie te bederf met tradisionele Suid-Afrikaanse kos.  
Page1_1
So drie jaar terug, tydens die boot se besoek aan die woestyn het ons ook met die mense gekuier en kosbare vriendskappe gesluit en het ons van die mense toe op die Zambia uitreik vanjaar gesien.  
Page2_0
Skaap tjoppies, boerewors, pap (vir die wat daarvan hou), koeksisters biltong melktert ens. is gemaak vir die klomp en almal, ons inkluis het lekker geeet en gekuier.  
DSC_0031
Maak nie saak waar ons in die wereld is nie, daar kan lekker soos ou vriende gekuier word rondom braaivleis.

Ons sal ook die boot besoek en dan vertel ek julle watter amazing werk hulle doen!

Tuesday, February 22

Op die Logos Hope

Na ons lekker kuiertjie saam met die Saffers van die Logos Hope boot, het hulle ons uitgenooi om bietjie te kom loer wat op die boot gebeur en dit was heerlik.

Page6

Eers het ons saam met "gashere" vir die aand, Ockie, Lenie en Liezel geeet en mens kon bietjie van die bootvibe ook optel deur die lekker geselsies wat orals by die ander tafels aan die gang was.

Page3

'n Toer deur die boot was volgende en ek kan julle vertel dat dit beslis nie vir my is nie. Orals trappe, wat natuurlik sal help om fiks te word, maar die gangetjies en draaitjies sal my beslis die heeltyd besig hou om uit te vind waar ek nou is.

Page2

Die kamer waar alles gebeur. Paul het ons redelik ingelig oor alles wat daar gebeur en die meisies is nuuskierig om te kyk waar die "stuurman" moet loer wanneer hy parkeer.

Page4

Alles waaraan mens kan dink is op die boot en Liezel was baie opgewonde om ons die plek te wys waar al hulle opvoerings, dienste, musiekaande, flieks ens gebeur.

Die Logos Hope se leuse "touching lives with knowledge, help and hope. Hulle doel om God se liefde met almal wat die boot besoek en die gemeenskap van die lande waar hulle aandoen te deel. Een van die maniere is om te demonstreer hoe 40+ nasionaliteite saam op 'n boot in vrede, liefde en harmonie kan saambly.

Page7

Die maniere waarop hulle dit doen is om mense te help wat in armoede bly en daardeur 'n gebrek aan onderrig en mediese dienste het. Die werkers op die boot het baie projekte waar hulle help om huise te bou vir mense in rampgebiede, om medisyne en kos te voorsien en ander goed wat nodig is. Deur dit bring hulle ook die boodskap van hoop en Vader se liefde, na die mense toe.

Page1

Heel laaste het ons die boekwinkel besoek! Deur die boekwinkel versprei hulle ook kennis aan mense reg oor die wereld. Daar is regtig ietsie van alles en elkeen van ons het met 'n sak of twee boeke en cd's daar uitgestap. Net toe ek dink ek het al die cd's van my gunsteling kunstenaars ... ontdek Nelmari al die cd's van haar gunsteling kunstenaars :-). Interessant was die feit dat hulle ons vertel het - terwyl die boot in Dubai was, was die topverkoper onder die boeke die Bybel. Is dit nie amazing nie, en dit nogals in 'n moslem land. Ek kan ook noem dat die boot nie net besoek is deur westerlinge nie, maar honderde arabiere ook.

Page9

By die boekwinkel uit word daar ontdek die boot het draairoomys - iets wat mens nie sommer hier kry nie en natuurlik moet daar gekoop word. Ons kuier en eet dit sommer in 'n lekker arabiese grasafdak.

21

Dankie julle drie vir jul gasvryheid, lekker kuier en rondwys, ons jongmense het dit baie geniet en ons waardeer dit! Sterkte en blessings vir die amazing werk wat julle op en van die boot doen.

Liefde

Sunday, February 13

Braaivleis, Biltong en ander goed

Ek dink een van die lekkerste "voordele" om so met kinders en jongmense te werk, is die wonderlike mense wat mens so ontmoet en leer ken. Gedurende die naweek het ons die geleentheid gehad om saam met 'n klomp Suid-Afrikaanse jongmense van die Logos Hope boot te kuier.

DSC_0033

Vir 'n verandering was dit windstil en selfs effens koel en kon ons lekker in ons kompleks saam met hulle en van ons jongmense hier in die dorp braai. Ek sal later nog meer van die boot vertel, maar hierdie jongmense "commit" hulself tot 2 jaar diens sonder salaris. Meeste van hulle se kerke by die huis dra hulle koste.

DSC_0072

Nou nie my gunsteling nie, maar dit het verseker die ouens van die boot se aand gemaak, pap en sous .... alhoewel die biltong voor die tyd ook soos ysblokkies in die somer hier verdwyn het.

DSC_0085

Leane skep ook. Alhoewel ons hulle bietjie probeer "treat" het met eg Suid-Afrikaanse braaivleis, was hulle ook dankbaar vir net die geleentheid om van die boot te kom en bietjie te kuier.

DSC_0100

Lekker kuier terwyl daar geeet word aan lekker melktert vir nagereg.

DSC_0114

Vier van die jongmense van Abu Dhabi en twee wat julle behoort te ken :-). James hoekom sal jou hare so staan? En kan julle glo dat ons hier in Abu Dhabi kombersies moes uithaal vir die koel weer!?

Page1

Daar is ook bietjie gek geskeer met die langste en kortste van ons. Waar Nelmari ampertjies die langste was, het Leane loshande die kortste prys gewen. Sussie waaroor word daar gelag op die foto onder regs?

DSC_0116

Na die eet het die klompie kringetjie gemaak en so 'n paar liedjies saamgesing.


Dit was bietjie donker maar ek kon 'n deeltjie van een van die liedjies op video opneem.

DSC_0122

Ons kan regtig trots wees op hierdie jongmense van ons. Om met hulle te praat en te hoor hoe Pa met elkeen 'n pad loop en hoe hulle gehoorsaam luister, is 'n ervaring. Dankie dat julle saam met ons kom kuier het!