Die een ding wat hier in die woestyn baie skaars is, is reen. Regte reen, nie wolke wat "geskiet" word en so plek-plek sanddruppels laat val nie. So toe die waarskuwing kom, dat ons storms gaan kry, het almal uitgesien na die meer as paar minute se druppels.
En met geen stormwater dreinering was daar gou-gou plasse orals en het dit so gereen dat die skole toegemaak het, in wag vir die storm.
Die storm het nie gekom nie, maar daar was lekker waterplasse en selfs wolke om ons te laat winter-winter speel.
Verlede jaar het ek dit geniet om te sien hoe die bure se dogtertjie die waterpoeletjies geniet, en vanjaar moes ek maar vir Elsie in die water loslaat.
En sy het dit omtrent geniet!
Selfs probeer om met haar agterbeentjies in die lug te loop toe die water te diep vir haar raak :-). Nou moet ons seker weer 'n paar maande wag voor ons weer druppels kry.
1 comment:
Dis so teenstrydig met die wonderlike daaglikse reen wat ons hier in die Hoeveld kry. Geniet dit.
Mooi blyDesíre
{Doing Life – my personal blog}
Post a Comment