Die Abu Dhabi jaar het begin! En met 'n bang want ons is lekker besig met al die groepe en hulle aktiwiteite.
'n Paar van die jong volwassenes het kans gesien om die laaste bietjie van die hitte aan te durf en weer te gaan kayak. Natuurlik is dit "koeler" in die maanskyn en die water is net louwarm ipv kokend.
Hulle luister mooi na die veiligheidsreels want al is dit windstil, gaan hulle nog steeds op die see uitroei.
Elriza spring weg met die dorp se liggies op die warm.
Is dit 'n benoude kyk Nelmari? Dis mos nie die eerste keer wat jy dit doen nie? :-)
Die hele groep op hulle kayake oppad die diepsee in.
Twee uur later en hulle is terug ...
Kyk net hoe nat is hulle klere, en dis nie omdat hulle in die water geval het nie .... dis die humiditeit.
Dit kon nie so erg wees nie, daar is nog glimlagte orals.
En nou gaan ons spring. Een ...twee...drie!!! (Die sprong sal op die groepblog wees)
Seker loshande die aktiwiteit wat William die meeste geniet wanneer hy hier by ons kuier in Abu Dhabi...kayak! Dus met Niel wat hier kuier, moes sy sussie en William hom ook die ondervinding laat ervaar.
Die drie luister mooi na die gids. Met William en Elriza altwee "ervare" kayakers in die dorp is Niel verplig om ook die 3 uur eiland roete te doen.
Die twee "pro's" wag vir die ander om in die water te kom.
Dan is almal bymekaar en daar gaan hulle.
Nog 'n ruskans of wag hulle vir die agterosse om ook in die kraal te kom?
'n Eiland naby die dorp waar hulle bietjie bene rek. Kyk net al die flaminke.
Paddle board is deesdae ook die in-ding hier en die klomp oefen terwyl hulle rus. Ek weet nie presies wat William in die bosse maak nie, maar met die kamera is hy verseker uitgevang.
Oppad terug maak hulle ook weer 'n draai in die Mangrove ... Ek weet sommer dat daar nog 'n paar ritte vanjaar gaan wees!
Lekker om weer al die kinders in die dorp te he en soos vorige kere het William gou-gou in die mangroves gaan kayak.
Die see was ook lekker rustig as mens so na die foto's kyk. Elriza het ook gegaan en foto's geneem terwyl hy geroei het.
Die ontwikkeling in die mangrove omgewing is iets ysliks en mens kan die bote sien wat besig is om dele droog te le en ook slote te grawe.
Hierdie deel van die mangroves het ook 'n skaars jakkals soort en omdat hulle bang is die walle tuimel in met al die uitgrawe, het 'n skool die sandsakke projek aangepak om die walle te stabiliseer.
Van die "kanale" in die mangroves is dieper gegrawe (6 m) sodat bote daar kan deurvaar na die nuwe ontwikkeling toe.
Lekker rustig roei hulle deur die mangroves en luister sommer na pogings wat gemaak word om die mangroves en diere van uitwissing te red. Blykbaar word 70% van die visse in die omgewing hier in die mangroves gebore.
Van die grootste mangroves oppervlakte ter wereld kom in Abu Dhabi voor. Met die ontwikkeling is 'n groot gedeelte daarvan ingeboet, maar in April vanjaar natuurbewaring 25000 nuwe boompies aangeplant.
Hier is ook baie krappe. Die twee wat Elriza op die regterkant vashou is net die "doppe" van die ouens wat "vervel/ontdop".
As julle mooi op die foto kyk sal julle die ontwikkeling van 'n groot nuwe hotel sien waar 'n deel van die mangroves was.
As jy nog nie begin het met die kersaankope nie, is die naweek jou laaste kans. Geniet!
Die lenteweer is besig om erg spoed op te tel en die veertig grade word baie meer as wat nodig is bereik. Dit beteken dat baie goed wat "normaal" in die kort winter is, nou heeltemal taboe is of as jy dit doen heeltmal stupid is.
In Desember het ek vertel van die kinders wat om die eiland gaan kayak het en so 'n maand of wat terug van die tieners wat gaan kayak en oorslaap het. Nou is dit te warm maar die jong volwassenes wou ook kayak so ...... moonlight kayak hier kom ons.
Dis amper 7 uur in die aand toe hulle opgewonde bymekaarkom vir die paar uur in die donker onder die maanlig.
Dis amper stormsterkte see met die wind wat branders maak :-) met Abu Dhabi op die agtergrond.
Baadjies word aangetrek en hulle luister ernstig wat gepraat word.
Met die maan wat nou reg is om die lig te verskaf, is hul reg om te gaan...
William is hierdie keer op sy eie kayak.
Met die terugkom, kon ons die groepie ver hoor aankom en blykbaar is daar vir 'n paar van hulle gese dat die nagstilte ook mooi is :-). Wat ookal, hulle het dit geniet en die pizza en fliek pogings daarna was nie heeltemal suksesvol nie. Blykbaar was daar 'n paar wat nie kon oe oophou tydens die fliek nie.
Met al die kinders by die huis, het ek sowaar iets vir hulle gereel kon kry wat hulle nog nie gedoen het nie. En dis op ‘n kayak-toer om die eiland en in die mangroves. Die mangroves le net so ‘n blok van ons blyplek af en ons het dit al baie gesien met die verby ry- en/of loop maar nooit gedink daar sal ‘n geleentheid wees om dit te gaan verken nie.
Die ses van hulle, Charmaine se Elriza en Wiehann en my James, Leane, William en Nelmari, luister mooi terwyl die gids die veiligheid reels verduidelik .... en dan is dit sulke tyd.
Elriza en Wiehann
William en Nelmari
James en Leane
Daar is besluit op dubbelkayake net omdat mens nie weet wat die rit op die see behels nie. Elkeen van die kayake oefen om hulle watervoete te kry.
Dan is al drie kayake gereed vir die toer en gereed om die gids te volg. Nie noodwendig almal in dieselfde rigting nie :-)
Gewapen met 5 kameras onder hulle word alles afgeneem!! Mammaratzi kan nog die laaste paar vanaf die wal neem.
Hierdie twee pare het goed afgesit want die meisies het voor geroei :-)
Die paar wat ek gedink het gaan die verste kom het die meeste konflik gehad want altwee weet die beste hoe ;-). Als en als het hulle blykbaar die hele roete omtrent twee keer gedoen volgens die ander, met al hulle geroei.
‘n Mangrove volgens die internet is “trees and shrubs that grow in saline coastal habitats in the tropics and subtropics. The saline conditions tolerated by various species range from brackish water, through pure seawater, to water of over twice the slinity of ocean seawater, where the salt has become concentrated by evaporation.”
“Mangroves form a characteristic saline woodland or shrubland habitat, called mangrove swamp, mangrove forest, mangrove or mangal."
“The unique ecosystem found in the intricate mesh of mangrove roots offers a quiet manrine region for young orgnisms… “ Die gids vertel dat hier baie voel soorte soos flaminke is en ‘n spesiale krappe kolonie kan mens tydens die laagwater mooi sien.
Wiehann het hierdie videoclip binne die mangroves geneem as julle wil sien hoe dit daar lyk. Ons as ouers neem geen verantwoordelikheid vir wat alles gese word nie :-).
Tydens die toer kry hulle ook kanom op een van die eilande ‘n breuk te vat. Hier kan julle ‘n deel van Abu Dhabi ver in die agtergrond sien.
Tyd vir swem in die “koeler” see is daar ook. Kan julle sien hoe woes die see hier by ons is?
Wiehann en William vat ‘n ruskansie.
Die man moet natuurlik sy nuwe onderwater kamera toets en wat sal hy afneem?
‘n Krappie in ‘n skulp! Die water is mooi helder en die kamera doen nie te sleg nie.
Interessant was die geel blommetjie wat so tussen die sand en water gegroei het. Elkeen van die fotograwe het vir my ten minste twee foto’s hiervan geneem en ek moet dit dus net opsit.
Tydens die roei verby die flamink kolonie het die sheikh blykbaar met sy helikopter oorgevlieg en almal verjaag en hulle kon dit nie sien nie. Hulle het darem die mangrove “monster” kon sien maar nie afgeneem nie.
‘n Klomp ure later is hulle doodmoeg terug met die vooruitsig van seer arms die volgende dag – maar almal was dit eens, dis ‘n experience van Abu Dhabi wat ‘n moet is! (Miskien sal ons vrouegroep die kort roete in die laagwater aanpak op 'n stadium)
Geniet julle laaste dag van 2009 en 'n Voorspoedige 2010 propvol seeninge vir almal!