Showing posts with label vuurwerkvertoning. Show all posts
Showing posts with label vuurwerkvertoning. Show all posts

Monday, January 3

Die dorp gaan die Nuwe Jaar in

Die nuwe jaar het al klaar weer begin hardloop ....

DSC_0009

Ou Jaarsaand het ons op die Cornish gekuier en gewag vir die vuurwerke wat 12 uur sou plaasvind. Windstil, spieelglad water en vrolike liggies het mooi prentjies gemaak.

DSC_0090

Maar eers het ons lekker gaan fliek en ietsie gedrink om die wagtyd korter te maak.

DSC_0161

William was in beheer van die kamera vir die aand en het eers rondgespeel sodat hy die aandliggies stelling kon uitwerk. Die ou Hilton hotel van die winkelsentrum se kant af.

DSC_0167

DSC_0168

DSC_0187

DSC_0193

Abu Dhabi skyline uit verskillende hoeke terwyl ons wag. Die liggies het die mooiste patrone op die water gemaak.

DSC_0214

Iemand het ook een of twee Chinese lampe/kerse opgestuur wat die mooiste prentjies gemaak het. Ons het gedink hoe mooi dit sou lyk as daar honderde opgestuur sou word.

DSC_0238a

DSC_0246b

DSC_0247a

DSC_0248a

DSC_0250a

DSC_0252a

DSC_0268

DSC_0269a

DSC_0271a

DSC_0272a

DSC_0275a

Die vuurwerke was eintlik was eintlik vanjaar 'n teleurstelling, want ipv dit al langs die Cornish te he, was daar slegs vuurwerke by die Emirates Palace hotel. Gelukkig kon ons dit sien en afneem.

Hoop dat 2011 vir julle 'n baie besonderse jaar gaan wees!


Sunday, December 6

Aanslag op die wereldrekord

Daar was 'n heelweek 'n buzz in die dorp en nie net vir die Nasionale dag vieringe nie, maar ook vir die aanslag op 'n vuurwerke wereldrekord. So saam met die wereldnuus dat Dubai in 'n groot geldelike verknorsing sit - en julle hoef nie te kommer nie, ons ouens in Abu Dhabi is fine :-), het die hoofstad (Abu Dhabi) volgens die Financial times, net so Dhs12 miljoen (R6 miljoen) uitgehaal vir die vertoning.

DSC_0055

Omdat ons weet hoe die dorp onder normale omstandighede lyk het ons besluit om nie die vertoning op die Cornish te gaan kyk nie, maar sommer vanaf die huis se dak. 'n Regte "wintersaand" met wolke! Wolke is nogal skaars hier en ons het gewonder of ons sal kan sien.

DSC_0058

Die van julle wat die prentjies in die kinderbybel onthou van die huis met trappe na die dak, wel hier is dit ook baie maklik om op die dak te kom en die kinders klim nog verder tot by die watertenk - wat elke huis het en dis hoekom ons koue water baie keer kookwater is - die son bak dit warm.

DSC_0064

James aan die uitkyk vir die vuurwerke wat al amper 'n uur laat is! Ek kan ook noem dat ons op die huisdak besluit het omdat die vuurwerke op verskeie plekke in die dorp afgevuur sou werk en twee wat redelik naby aan ons is, is die groot moskee en die sportstadium.

Page1

Die vuurwerke is van 20 plekke langs die kus afgevuur. Die rede vir die vuurwerking was nie net vir die nasionale dag fees nie, maar ook ter ere van die huidige president van die UAE en leier van Abu Dhabi.

Page2

Baie mense was nie heeltemal so beindruk met die vertoning nie en het dit vergelyk met Atlantis s'n wat meer indrukwekkend was se hulle. Die rede dat dit nie dieselfde effek gehad het nie, is omdat dit orals in die dorp gebeur het, en nie net op een sentrale punt nie.

Page3

Maar dit was nog steeds baie groot, baie indrukwekkend en baie duur. Die mense van die Guiness rekordboek was ook teenwoordig om te kyk of dit wel kan deurgaan as die grootste vertoning in die wereld.

fireworks_abu dhabi national day DSC_2129[8]

So seker is/was die mense dat die Guiness wereldrekord boek vir 2009 reeds gedruk is en net gewag het vir die foto om die rekord ook in te sit. En slim want dan kan niemand dit nog in 2009 verbeter nie.

fireworks_abu dhabi national day DSC_2153[8]

Vir ons op die dak was dit ook bietjie afgewater omdat dit so plek-plek gewys het, maar ek's seker dat die ouens wat naby die Cornish was vir die vuurwerke wat vandaar geskiet het, met al die mense en feestelik rondom hulle was dit 'n wonderlike vertoning.

Het hulle die wereldrekord opgestel? Dit weet ek nie want die koerante het niks gese nie, sal maar die boek moet koop om te sien.

Friday, April 18

Vuurwerke by die Cornish

Na 'n hele week van oefen vlugte, uitdunne en finale loop die Red Bull lugvertoning ten einde met 'n vuurwerkvertoning langs die Cornish. Hier is 'n paar foto's wat Eddie geneem het. As jy op die foto kliek dan maak dit mooi groot oop. Ek vertel niks van wat op die foto gebeur nie, ek dink mens kan dit sommer sien!








Met meer as 250 000 mense wat die vertoning bywoon (volgens die pers) is daar duisende wat na die vuurwerkvertoning moet terug huis toe. Daar is baie lank in die verkeer gesit wat baaaaieee stadig beweeg het.