Friday, September 11

Tags alive and well !

Net wanneer mens dink dis veilig en verby, pop hulle weer orals uit en die nuutste een in die woorde van die een wat my getag is “die moeilikste een” nog. Hoekom? Want mens moet die een wat jou getag het in een woord opsom. Nou vir die van julle wat Muriel alias Wipneus ken sal weet dis so na aan onmoontlik as kan kom.

My blog was oorspronklik om ons doen en late met familie by die huis te deel en skielik eendag pop ‘n comment van Muriel op. Vandaar het ons al lekker met comments gekuier en ook ‘n aangesig kuier een of twee keer kon inwerk. Haar comments het my met ‘n heeltemal nuwe “blog-omgewing” laat kennis maak.

Hoe beskryf mens haar in EEN woorde of anderste om ~ is daar ‘n woord wat haar kan omskryf?

Sy is “besig”, “borrelend”, “betrokke”, “sensitief”, “anders”, “lewenslustig”, “vriendin”, “kompleks”, “hartlik”, “vrolik”, en so kan mens aangaan en aangaan.

Met een woord dus, Wipneus is alles hierbo, sy is “mens-mens”.

Ek moet drie ander tag om my te beskryf en die maklike uitweg is om mense wat my ken in die blog en regte wereld te kies. Ek’s ook nuuskierig om te weet hoe ander my “lees”. Ek tag vir:

Charmaine (my maatjie van 21+ jaar wat my seker die beste ken)

Vicky (wat my ook al klompie jare ken)

Thea (net van blogs en een keer sien)

Mariette (ontmoet deur blog en leer ken in Abu Dhabi)

Nog ‘n tag deur deur Muriel

Om Johan met sy Skraap tesis te help.

Ek ken nie die mense in die blogomgewing nie, maar ek is bly ons kan deel uitmaak van die blogsensus.

header_bg[1]


Gaan asseblief na Skraap.net en neem deel aan die Afrikaanse blogsensus. (Dis ten bate van Johan Swarts se tesis). Daar is vier velde om in te vul: jou blog se adres, ‘n e-posadres vir validation en twee velde oor die Afrikaner. Slegs die eerste twee vrae is verpligtend, maar jy kan gerus die ander twee ook invul.

“My naam is Johan Swarts en ek is ‘n nagraadse student aan die Universiteit van Stellenbosch. My tesis (’n literatuurstudie) handel oor identiteitsvorming in die Afrikaanse blogosfeer. Ten einde dit suksesvol te voltooi, benodig ek die adresse van soveel moontlik Afrikaanse blogs, sodat ek dit met ‘n webskraper en teksontrekker – spesiaal vir die doel van die studie geskryf – kan ontleed. Op my eie sal ek egter nooit ‘n omvattende lys van Afrikaanse blogs kan saamstel nie en daarom doen ek ‘n beroep op jou om my op die volgende manier te help: deur ander te tag”

Ek gaan nie ouens van wordpress tag nie want julle het seker al almal die tag ontvang. Gaan probeer om dit bietjie uit te brei na ander Afrikaanse blogs.

Annetjie in NZ

Desia in Kanada

Eilandkind op 'n "eiland" :-)

Hoop julle het nou genoeg om julle vereers besig te hou.

Ons naweek begin, so lekker naweek vir julle!

9 comments:

Desia said...

Ek sal gaan kyk na die Skraap ding, weet nie of my blog kwalifiseer met al "sy" Engels nie?
Dit sal nogal interessant wees om blogmaats, wat mens net deur hul blog leer ken het se persoonlikhede te beskryf - een woord is moeilik!Ek ken nie vir Wipneus behalwe deur haar blogs nie, maar ek dink jy het haar in 'n woord wel saamgevat!

Ek weet ek's nie getag nie, maar ek sou se jy, Sandra, is baie logies en effektief in enigiets wat jy doen, jy het 'n baie sagte hart en hou daarvan om ander te help. Jy leef jou Christenskap uit, jy geniet jou lewe, waar jy ook al land en maak die beste van dit als?
Net so "by die weg"; het jy probleme om foto's met blogger op te laai? Ek sukkel al van gisteraand af en kry niks afgelaai na my blog nie, nog nooit voorheen probleme gehad nie.

Muriel said...

Hi Sandra

Dankie vir die saamspeel en die mooi woorde.

Ek is bly ek het jou blog raakgeloop want dit het my kans gegee om jou ook te leer ken. Iemand wat my al meer as net 1 keer moed ingepraat het. Iemand wat ek kan vertrou met my hartsake en weet hoe om met ander se harte om te gaan, sensitief. Wat altyd gereed is om ander te dra en te help. 'n hartlike en vriendelike mens wat almal se harte verower met die eerste ontmoeting. Selfs Sheikh Teddie sin! *wink*

Jy is definitief 'n "spesinjale" diamant in my vriendekring.

Thea said...

Ek sal graag saamspeel maar ek sal eers na die naweek my inskrywing kan maak aangesien ons weggaan vir die naweek.

Lekker naweek vir julle!

Johan Swarts said...

Baie dankie! :)

Sandra said...

Dankie Desia.

Ek het nog nie die laaste paar dae probeer foto's oplaai nie, maar het al vantevore so 'n probleem gehad. Ek skryf en laai foto's op Windows live en stuur dit dan net na die blog toe. Hoop jy kom gou-gou reg ek's nuuskierig om daardie laaste inskrywing se foto's te sien :-)

Dankie Muriel ... waarnatoe moet ek jou betaling stuur :-). Vir my is jy en sheikh Teddie een en beide is baie spesiaal.

Thea jy moet jou naweek geniet, sien uit na die foto's wat altyd so goed is.

Plesier Johan.

Sandmensie said...

Jy gee altyd moeilike huiswerk..dinkwerk!

Desire Fourie said...

Kan nie wag om te hoor hoe jou vriende jou in een woord beskryf nie, want natuurlik ook 'n naas onmoontlike vra is.
Lekker naweek.

Sandra said...

Issie Vicky.

Ek dink nogals dis maklik Desire
:-)

Jan and Miekie said...

Baie raak gestel Sandra! Oulik!