Een van Eddie se stopplekke op sy onlangse besoek in Suid-Afrika was ook 'n troue en hierdie keer op Stanford daar net anderkant Hermanus. Ek het gedink dat Valentynsdag 'n goeie dag is om bietjie vir julle die foto's van Anja en Alexander se troue te wys.
Die bruid is duidelik baie opgewonde oor die dag wat voorle en glad nie op haar senuwees tydens die voorbereiding nie.
Die troue het onder 'n ou groot boom plaasgevind met die mooiste uitsig. Hier tussen die houers met proteas gaan die bruid "ingestap" kom.
Die mense sit en wag terwyl die orkes speel.
Die bruid oppad aan die arm van haar pa Hermias en lyk sy opgewonde of nie?
Die seremonie - agter elkeen se stoel het 'n houertjie met "roos-blare" gehang waarmee die paar later gestrooi sou word.
Die eerste soen as mnr en mev du Plessis.
Die bruid en bruidegom word "gestrooi". 
Die onthaal is ook op die plaas gehou en alles is reg vir die gaste.
Ons beste wense vir julle twee Anja en Alexander .....
Die bruid is duidelik baie opgewonde oor die dag wat voorle en glad nie op haar senuwees tydens die voorbereiding nie.
Die bruid en bruidegom word "gestrooi".
Die onthaal is ook op die plaas gehou en alles is reg vir die gaste. Aan almal van julle wat hier lees, he 'n Wonderlike Valentynsdag en onthou die grootste liefdesgeskenk is aan ons almal gegee.
God het die wereld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat die wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal he (Joh 3:16)