Friday, May 15

Tussen stasies en lande

Eindelik begin die toer, sommer met die aankoms by die lughawe. Abu Dhabi lughawe se nuwe terminaal vir sy plaaslike lugredery Ethiad is oop en staan geen tree terug vir die fancy een in Dubai nie.

Page1

Ons kry lekker sitplekke met meer as genoeg beenspasie – elkeen het so sy eie hokkie waar niks en niemand hom/haar kan pla nie en natuurlik slaan die stoel af in ‘n bed. Charmaine lyk asof sy in’n hospitaal bed le – maar hier het sy al haar bed bietjie opgelig. Gou-gou is sy ook ‘n “lug-shopper” (julle weet mos :-)) en word daar gekyk na oorbelle ens. Ons kan kies van verskeie ontbyte en die kontinentale een is al klaar meer as genoeg. Baie plus punte vir die redery want ons kan tee tot dit uit ons ore kom drink uit lekker groot bekers. Na ‘n ruskansie moet ons natuurlik daai high-tea wat ons nog moet drink sommer in die lug drink met heerlike broodjies en skons.

Page1_0

Ons eerste hobbeltjie is veronderstel om die openbare vervoer na dit hotel te wees, maar dit verloop sonder enige moeite (sterretjie vir onsself). Die hotel waar ons oorslaap is 5 min se stap van die dorpie Heathrow wat baie klein, maar GROEN is. Julle moet weet komende hier van die woestyn is sulke weer en soveel “koel” groen iets wat ons baie dankbaar voor is. Reg oorkant die hotel (regterhoek van foto) is die Sam Philips Woodlands wat in 2001 deur die gemeenskap aangeplant is en ons geniet dit om daar te stap. Vars van die reeks “Inspector Morse” sien ons ‘n klomp polisiemanne daar en besluit om nie heeltemal in te loop nie.

Page1

Die oggend wat ons Annie in ‘n plekkie met die naam van Watford moet ontmoet begin reeds 06:00 en dis iets wat ons na opsien want ons moet 5 keer van treine wissel na plekke waarvan ons niks weet nie. Die Engelse is nou nie juis hulpvaardig of vriendelik nie en mens kan behoorlik nie jou gedagte wissel as jy eers in ‘n rigting begin stap nie. Maar ons is oulik (nog ‘n sterretjie) en 2 en ‘n half uur later kry ons vir Annie en die toer kan amptelik begin. Ook nie lank voor ons eerste “pub” stop vir koffie en ander dinge nie.

Page2

Nadat ons eers van die snelweg afklim begin die “toer” vir my want ons ontdek die mooiste klein dorpies en alles is sooo groen. Na een so ‘n verkeerde afdraai kom die dorpie Haydon Bridge waar mens net nie genoeg foto’s kan neem nie. Die dorpie is blykbaar ook bekend vir sy spa – maar daarvoor het ons nie tyd nie.

Page3

Dan die agterpaadjies opsoek na die Hadrian wall. Die muur was gebou in opdrag van die “Emperor” Hadrian na sy besoek aan Brittanje 122vC en strek vanaf die eenkant van die land na die ander kant (80 Romeinse myle of 120 km). Dele daarvan is toegegroei en van die muur is ook met die jare afgebreek en die klippe gebruik vir iets anders. Ons is baie gelukkig om nog ‘n paar dele te sien.

Page4

En na klompe ure op die pad bereik ons die grens tussen Engeland en Skotland. Soos julle op die foto’s sal sien staan ons drie redelik regop in Engeland maar die wind is ernstig sterk in Skotland. Kyk net hoe staan Miemie se ore na die wind haar beetgehad het (dis die een sonder die bril)!

Page5

Die omgewing verander en ook so die boustyle en ons volgende groot stop is Jedburgh. Daar verkyk ons ons na die Jedburgh Abbey wat in 1138 gebou is en waar die Augustinian monnike gebly het.

Page6

Die Kelso Abbey is in 1128 gebou en het 84 jaar gevat om te bou. Daar is ook die pragtigste kerk. ‘n Heerlike staproete rondom die plekke met bankies om op te sit. Beslis ‘n dorpie wat mens kan besoek en om te kom kyk hoe alles na die restorasie waarmee hulle besig is lyk.

Page7

Sestien uur later vir my en Charmaine kom ons lekker moeg by ons blyplek in Edinburgh aan wat ons vreeslik gesoek het. Moes naderhand by ‘n taxi gaan raad vra. Kyk hoe hou Charmaine “kop” terwyl hy verduidelik. Die enigste wegneemplek verkoop sulke lekker vetterige kos en ek eet my eerste Skotse kaasburger – sonder brood – twee patties met kas tussen-in gebak in’n dodelike deegie. Kinders ek drink Irn Bru wat soos yster proe! Ons was doodmoeg maar more le daar weer ‘n vol dag voor.

Wednesday, May 13

Die toer begin

Net so ‘n kort tydjie terug was plekke soos Inverness, Isle of Skye, Invergary, Roslin, Holy Island, Keswick, Berwick ens. vir my baie onbekend. Ja, die prentjies het ek al iewers in ‘n boek gesien, maar nie eers twee keer na die dorpe gekyk nie. En nou, danksy Annie se inisiatief is ek/ons ‘n paar daggies weg om die plekke self te sien. Die volgende paar dae sal ek, Annie en Charmaine in Engeland, Skotland en Ierland rondry, kyk, ervaar, inneem en foto’s neem.

Natuurlik gaan hulle nie heeltyd genee wees met my wat alles afneem nie, daarom het ons gereel vir “dubbels” wat sal instaan wanneer ons dit nie self kan en wil doen nie. Laat ek julle voorstel:

P1100956

Sandy die Siamese Kat wat vir wie anders as myself sal instaan.

P1100959 P1100958

Ann die NZ-skapie wat vir Annie sal instaan en Miemie die chihauhau vir Charmaine.

P1100961

So daai twee eilandjies, ek hoop julle is reg vir die DDTT-toer want ons drie is reg vir julle!

etihad

Annie ons is oppad, sien jou amper! En die van julle wat saam wil toer, hier’s baie plek op die blog kom saam.

Saturday, May 9

Juwele, feetjies en sjokolade

Die afgelope naweek kon ons weer 'n bietjie saam met ons "Abu Dhabi kleinkinders" kuier en ons ontmoet mekaar vir ontbyt by die mall .... hoe dan anders .... hulle moet leer! Daar word groot bekers tee weggeslaan en ons eet baie lekker aan 'n "old granny's breakfast" (roereier met roosterbrood en konfyt). Dan moet ons gaan juwele koop, want dogtertjies moet juwele he en ons rus 'n bietjie om op te tof. Hier is nou nie tuine wat feetjies in het nie, so ons leer van met feetjies speel met lekker felt feetjies wat mens aan kan trek. Emily veral was mal daaroor terwyl Jenny die juwele geniet het. Met al die speel en "aantrek" is ons ou tannies dors vir tee en die kleintjies kry 'n kitty-pannekoek. Gou-gou word die vingertjies deur die sjokolade en room getrek en afgelek. Die waarnemende oumas keer net dat die sjokolade nie op die klere kom sodat die mammas kan sien nie :-). Weereens dankie vir die mammas dat ons met hulle kon kuier. Ons het dit baie geniet!

Thursday, May 7

Uitgevang ...!!!!

Ek weet nie of julle ook soos ek somtyds wonder waar 'n plek se naam of selfs 'n woord vandaan kom nie. Met die gemmerkat in die huis, dink ek ek het beslis uitgevind waar die woord "kattekwaad" (kaskenades, kwajongstreke, ondeundheid, stoutigheid) en ""kattemaai" (baljaar, jol, lawaai, rinkink ens.) vandaan kom. Jaaaaaaa, dis alweer 'n katstorie, maar al was sy stout was dit so oulik :-). Terwyl ounooi voor die rekenaar besig is, ontdek sy van ounooi se soft toys en kindergroep rakke .... aaahhhh wat is dit! Die uitsig van daar is nie goed genoeg nie so sy probeer 'n ander benadering. Daar word van nader ondersoek ingestel om te kyk watter speelgoed sy van hou en dit word afgestoot tot op die vloer. Sy's egter seker daar was nog speelgoed so ons probeer weer loer. Miskien as ek opklim en self uitkies wat ek wil he sal dit beter werk. Wag, hier's nog wat ek kan afstamp. Hier het ounooi eers bietjie geraas want die baba's mag nie breek nie. Dan sal ek maar onder moet gaan speel, die wit beertjie lyk oulik. Weet julle hoe lekker speel mens met beertjies en pom-poms?! Kyk mens kan jou poot so wegsteek in die pom-pom en dan die beertjie bekruip sonder dat dit jou sien kom. Na sy besluit het wat haar gunsteling speelding van die oggend is, word dit op haar "spesiale" plek saam met al haar ander speelgoed gebere --- kyk net al die balletjies, toutjies, klokkies, barney en selfs nog ou kersfeesversierings ---- in en rondom my kosbakke is dit veilig.

Dankbare sportjaar!

Net verlede jaar was ons almal erg bekommerd oor Nelmari se sportbesering, sy seker die meeste van almal want die dr het gese die kanse is maar tussen 30-40% dat sy weer voluit sal kan speel as hulle opereer. Soos die seuns is sport seker een van die groot redes hoekom sy skooltoe gaan :-). 'n "Risiko" besluit en baie vertroue dat die knie sal herstel is geneem en daar word besluit op 'n opbou en oefen program ipv 'n operasie. Ook 'n bietjie rustiger jaar op die sportfront met slegs twee sportsoorte ipv alles wat aangebied word help ook 'n bietjie .... en siedaar ons kan die nuwe skooljaar afsluit met 'n goeie sportjaar. Baie geluk met 'n uitstekende sportjaar sussie, ons is trots op jou. EN dankie Pappa vir die wonderlike herstel van daai knie.
ns. Ek hou nogal van die minder sport, dis baie minder veeleisend vir die ouer-taxis!