Saturday, November 20

As mens rustigheid wil he

Weet nie hoeveel van julle die Weskus ken nie? Ekself het so ‘n jaar of wat ‘n heerlike tydjie wat ek nooit sal vergeet nie in Paternoster deurgebring, ‘n plek waar ek ook as kind meer as eenkeer vakansie gehou het. Loer hier na my vorige kuier. Altyd geweet van die Natuurreservaat net langsaan, maar dit nooit self besoek nie. Met Eddie se besoek onlangs daar het hy ‘n klomp foto’s gebring en ek het gedog ek deel 'n mooi, meer onbekende deel van ons land met julle. Miskien is julle opsoek na ‘n plekkie om vakansie te hou en dis nogals nie ‘n slegte plek om die batterye te laai nie. Die vriende in Al Ain neem kennis, dis spesiaal vir julle ;-)

DSC_0144

Die Weskus Natuurreservaat en Langebaan lagoon is regtig die plek as mens wil ontspan met mooi flora en fauna, voels en see rondom jou. 'n Bietjie agtergrond geskiedenis. Van die vroegste inwoners van die omgewing was die Khoikhoi en San. Alhoewel die baai na Antonia de Saldanha vernoem is, het hy nooit hier voet aan wal gesit nie. Die eerste Europeer wat sy voete hier aan land gesit het was Vasco da Gama in 1497 vir die van julle wat nog die ou geskiedenis onthou. Die Franse het gereeld die baai besoek, maar die Nederlanders het eerste die grond geeis en vandag by Geelbek kan nog een van hulle poste gesien word.

DSC_0147

Fossiel opgrawings wat 20 miljoen jaar terug gaan is in die Nasionale Park gevind met die mees onlangse een “Eve’s footprints” wat in 1995 gevind is. Hulle het ook onlangs uitgevind dat Konstabel kop wat die hoogste punt in die reservaat is, 500 miljoen jaar terug 'n aktiewe vulkaan was.

DSC_0199

Daar is ‘n verskeidenheid van blyplekke waarvan die Duinepos chalets een is. Dis reg binne die Park en elkeen van die huisies is privaat en lyk sommer so rustig, naby die water met die mooiste voellewe en blomme orals oor die strandveld.

DSC_0262

Daar is so elf van die huisies wat tussen 4 en 6 mense kan slaap en elkeen het sy eie kombuisie, sitkame, badkamer en braaiarea. Buite is ook ‘n gemeenskaplike swembad en braai plekke.

DSC_0200

Daar is heelwat staproetes wat mens kan doen. Van ‘n kort een wat so amper 5 km lank is en waar mens oa jakkaklse, volstruise en eilande kan sien tot ‘n fietsry een van tussen 30 – 70 km Daar is ook bergfiets en twe dae staproetes wat mens deur die strandveld en see vat.

DSC_0210

Daar is verskeie wonderlike uitkykpunte in die Park. Die Seeberg wat mens op ‘n mooi dag tot by Tafelberg en die Sederberge kan sien, die Atlantiese een wat oor die oseaan kyk en Plankies baai waar daar partykeer tussen Julie en Oktober walvisse is. Ons het met ons besoek aan Paternoster in Desember heelwat walvisse sien speel in die baai en sommer naby die strand.


Page1

Daar is ongeveer 250 voelspesies in die Park. Omdat die park omring is deur die Langebaan lagoon wat ‘n Ramsar site is word die voels ook beskerm. Ek is nou nie ‘n groot voelkenner nie, maar weet darem van die flamink en pelikane


Page2

Eland, gemsbok, springbok, bontebok, wildebeeste, koedoes en zebras kom ook in die Postberg omgewing voor wat privaatgrond is, maar ‘n ooreenkoms met die park het. In die park self is daar steenbokkies, duikers en hartebees, roooikatte, wildekatte en klomp ander kleiner diertjies.

Page3

En al sien mens ook niks diere nie, is daar altyd die pragtige kleurvolle fynbos. Herken julle die elandsvy en suurvy en vygies? Die ander ken ek nie regtig nie, ek weet net dit is baie mooi.

DSC_0243

Wil jy nie in een van die chalets bly nie is die boothuise wat mens kan huur, ook ‘n opsie. Gelukkig het mens nie verskriklike vaardighede nodig nie want die boothuisee is vasgeanker.

DSC_0254

Ek weet die telefoonseine en TV is hier maar amper nie bestaande, maar lyk dit nie vir julle ook na ‘n plek waar mens rus vir die siel kan kry nie? ;-)

Geniet julle naweek!

Monday, November 15

Soveel lekker dinge

Die afgelope naweek het ons afgesit na Sir Baniyas eiland vir twee misies, die een nog in die baie begin stadium en die ander een ‘n groot geheim vir ‘n maatjie se verjaarsdag.

DSC_0001

Dis ‘n natuurlike eiland 250 km se ry wes van Abu Dhabi en vandaar 9 km met die boot. Die eiland self is 17.5 km noord tot suid en 9 km oos tot wes. Die lieflikste see en berge wat so 148 meter hoog is wat dit die grootste natuurlik eiland van die kus af maak.

Page2

Oorspronklik was dit begin as 'n reservaat vir die Arabiese diere in 1971 deur die toe leier van die UAE, sheikh Zayed. Die naam kom van die Bani Yas tribe wat oorspronklik die eerste inwonders van Abu Dhabi was en volgens opgrawings wat tans daar plaasvind is dit baie baie jare oud. Hier op die foto kan mens die paleis (of huis) sien van die sheikh.

Page5

Vandag is dit nie net ‘n plek waar duisende diere vrylik rondloop nie, maar ook ‘n plek waar mens baie voelsoorte te sien kry. Die eiland word die eerste keer in die geskiedenis genoem rondom 1590 as ‘n eiland waar perels gekry is en later gedurende 1820 deur die Britse vlootoffisiere wat in die Gulf kom verken het.

DSC_0063

Die sheikh se visie was “greening of the desert” en onder sy voogskap is miljoene bome hier geplant en programme in werking gestel wat die arabiese bedreigde spesies kon bewaar.

Page7

Die eiland is die tuiste van omtrent 30 dierspesies oa die arabiese oryx waarvan daar slegs 700 in die wereld oor is, en 400 hiervan word op die eiland gekry.

Page6

Ongeveer 36 argeologiese opgrawings is ook besig op die eiland waar bewyse van inwonders 600 AD gekry is.

Page10

Dit was so lekker om tussen die diere rond te ry en ‘n bonus maar nie een van die oorspronklike redes waarom ons gegaan het nie. Dit was Charmaine se verjaarsdag en nadat ons gehoor het van die “projek” op die eiland, het ons gedink ‘n oorslaap daar sal vir haar ‘n verrassing wees. Elriza het omtrent al haar dae gehad om vir haar ma ‘n oornag tas te pak vir net ‘n daguitstappie.

Page8

Ons het in ‘n personeel-huis gebly met ‘n lieflike strand waar daar gestap kon word en ook waar ons die mooiste sonsondergang kon kyk.

Page3

Etes is by die hotel op die eiland geniet en dis regtig ‘n besonderse plek met heerlike kos.

Page11

Hulle het ook die mooiste strand en swembad vir die mense wat daar bly. Die eiland het ook allerhande aktiwiteite soos wildritte en kayak ens. ens.

Page12

Rondom die hotel is net water en daar is allerhande voellewe.

Page13

Die laaste oggend het Elriza bietjie die seewater gaan voel en dit was amper soos ‘huis-see’ want die branders maak sowaar ‘n geraas ook.

DSC_0264

Die beste hou ek vir laaste, want die eintlik rede vir die besoek was om ‘n uitreik-aksie aan die 40+ Suid-Afrikaners wat daar bly te begin. Vir watter beter uitsig kan ‘n predikant nou vra as hierdie… Die beplanning is om gereeld die eiland te besoek en dienste vir die mense te hou waarvan die eerste een hierdie maand is. Bid vir ons vir die nuwe uitdaging om Sy Woord met meer en meer mense hier in die Midde-Ooste te deel. Ons glo dat Vader Sy goedkeuring vir hierdie aksie gegee gegee het met skrif wat ook bevestig is.

DSC_0285

As ‘n groot bederf het ons teruggery huistoe terwyl die woestyn rondom ons lekker nat van die reen was.

Blessings

Wednesday, November 10

Lekker saam met die jongmense

Het julle mos vertel van die nuwe kampterrein wat ons wil uitprobeer en die afgelope naweek was dit sulke tyd. 'n Paar tieners en jong mense het saamgegaan om te gaan perdry in die woestyn.

74555_453140942927_533407927_5366152_3387786_n

Weereens was ons opgewonde om die mooi terrein te besoek, dis regtig soos 'n oase en veral die jongmense kon nie genoeg foto's neem nie.

Page5_0

Reg in die woestyn maar met genoeg groen rondom mens - mens moet net onthou hier in die woestyn beteken skaduwees nie noodwendig koelte nie.

Page1

Met die kamele wat rustig aandete eet, begin die tieners regkry om met sonsondergang te gaan perdry. Elriza wat veel korter as hulle is, maak seker die "pette" is stewig vas.

Page2

Die sonsak en daar gaan hulle.

Page3

Met die terugkom het die kamele klaar geeet en toe kom hulle vir aandag Het die klomp jongmense dit geniet?! Hulle vryf sommer hulle koppie so in die kinders se nek in.

Page4_0

Daar is soveel mooi ligte orals op die terrein en ons kon nie wag dat dit moet aangaan nie.

Page4

Alles is verlig en die tente word opgeslaan vir die aand. Met die son wat so warm bak, kan mens nie die tente op die gras opgeslaan hou nie, so ons kon dit slegs vir die duur van die aand doen.

Page5

Daar is lekker vuur gemaak en gebraai en toe is dit tyd vir boeresport. Jonk en ouer het saamgespeel.

Page6

Toe weer terug vuur toe vir marshmallow braai, sing en bietjie gesels.

Page7

Laat die nag of vroeg die oggend het die jongmense nogsteeds met die kamele gekuier en die jonger klomp het gesingstar net om baie vroeg met sonopkoms reg te maak vir die sonsopkoms-rit. Ons almal het dit regtig geniet. Bietjie styf van deur die duine loop die heeltyd (sand is beslis goeie oefening).

Page6_0

Loer gou hier na die kombuis waar die stowe nog toegedraai is - en dit nou soveel gaan kos om dit te diens en laat werk dat die goedkoper is om dit met nuwes te vervang. En die verhoog wat al die nuutste tegnologie en toerusting het wat enige event maar van kan droom. Foto onder regs is van die "losies" waar mense kan sit en kyk na die opvoering of konsert.

Page8

Met al die kinders oppad huis toe het ons gou gaan hallo se vir die diere op die plaaswerf wat net so lief is vir aandag.

Ek het natuurlik nou net Nelmari en Elriza se foto's geplaas, maar as julle van die ander gebeure wil sien, gaan loer op ons kindergroepblad hier.

Julle het nog 'n dag om te gaan, maar ons naweek begin en daar is groot planne !!!! Sal julle vertel!

Liefde

Sunday, November 7

Bietjie nuus van die middelste

Ek kry nie altyd 'n storie met foto's daar van Bloemfontein se kant af nie, en dis altyd lekker as dit wel gebeur. Ek sal dit sy eie weergawe maak. Dankie seun vir die aanstuur.

A big part of my studying at the CUT revolves around practical work. Seeing that I want to specialize in adventure management, I need to spend alot of time off the ground, practicing skills I will need in my future job one day.

View

This time, we went camping and drove about 340 km to Raaswater located on the Vaalriver for the weekend. This is the view from our camping spot.

High Ropes

One of the things I want to specialize in is the high ropes.

me

To get there we had to do a "small" climb of about 12.5 metres. Not too high?!

Monica2

Some strange animals found there is the rare Monica monkey :-)

hand

And here I am at the Postmans Walk with the wind blowing too strong for comfort. Look at the view.

All in all it was a great experience and I can't believe that this is an actual job.

Geniet julle laaste dag van die naweek

Thursday, November 4

Saam met “predikante” in Dubai – deel 2

'n Blits toer deur Dubai in die dag en 'n vol program in die aande hou Willem lekker besig.

Page1

Een van die dinge wat 'n moet is in Abu Dhabi is die groot Zayed moskee. Die versoeking was groot om weer duisende foto's te neem, maar ek het mooi my hande agter my rug gehou.

Page2

As julle meer van die moskee wil weet en foto's wil sien van hoe dit binne lyk - loer op die tag oor die moskee onder.

Page1

Die groot ding op die agenda was eintlik om met die Burj Khalifa, die hoogste gebou ter wereld op te gaan. Nie te mal oor hoogtes nie, het ek darem my brawe kamera saam met Elriza opgestuur. Hierdie gebou hou sommer baie rekords.

Page2

Dis nie net die hoogste gebou ter wereld nie (828 meter en 160 verdiepings), dis ook die hoogste vrystaande gebou ter wereld, die meeste verdiepings, die hoogste vloer wat mense bly, die hoogste uitkykvloer, die hysbak wat die langste afstand gaan ter wereld en ook die langste/hoogste dienshysbak. Lyk dit of die gebou in 'n woestyn is as jy so afkyk?

Page3

Om tot bo te kom gaan mens eers op 'n roltrap vir 65 meter waar jy na Dubai se geskiedenis kan kyk. Dan begin die "stadige" reis na bo teen 10 meter 'n sekonde. Bo het jy 'n 360grade uitsig oor Dubai en bo is 124 verdiepings hoog.

Page4

Daar bo is ook teleskope waar mens kan in zoom op plekke onder.

Page5

'n Bustoer deur die nuwe en ou Dubai was volgende en ons het laat eers weer die pad aangepak terug Abu Dhabi toe.

Geniet die laaste deel van julle week, vandag is Vrydag vir ons.