Dit hitte tel nou lekker op soos julle in die kantlyn sal sien en almal het hierdie einde van die jaar lam-ek-het-nou-genoeg-van-die-jaar gevoel. Stadigaand het dinge begin afsluit vir die jaar en so is dit ook met die skool. Ampertjies, ampertjies einde van die jaar skoolvakansie. 'n Skool tradisie wat 'n paar jaar terug begin is, is die einde van die jaar sportwedstryde teen die onderwysers en vir 'n paar dae al het ek gehoor hoe onregverdig dit is want die onnies kan oefen en hulle nie. Vanjaar moes ek die Varsity en "Onnie" span ondersteun!
Die juffrouens was alreeds lekker moeg na die opwarming toe hulle bottels water afsluk, maar met die begin van die wedstryd het ek gesien hierdie is een van die dogters se moeilikste wedstryde van die seisoen, want die skeidsregter sien net geel vir foute en die onnies speel die meisie ipv die bal - weet nie wie hulle afrigter was nie. Daar is darem tyd om vir die lastige kamera ook te glimlag.
Die dogters werk hard vir elke punt en dis nie sommer oorloop wedstryd nie. Die arme juffrouens roteer mekaar elke keer as hulle uitasem raak en dis nogal baie. Nelmari kry kans om 'n paar doele te skiet en as die 3 lang Suid-Afrikaners die agterhoede dek is daar min onnies wat kan deurkom, al gebruik hulle arms en bene.
Dit verg elke bietjie taktiek bespreek en die juffrouens begin moeg raak. Sit sommer so net daar waar hulle val die wedstryd en kyk. James wat later speel kyk net rustig terwyl daar genoeg Suid-Afrikaners in die span is om 'n springbok-toeskouer te regverdig.
Met die toeskouers wat duidelik aan die kinders se kant is wen ons dogters die wedstryd redelik gemaklik. Groot glimlagte aan die einde van die dag vir 'n wedstryd in 'n lekker gees gespeel! Geluk meisies vir die goeie afsluit van die seisoen, lekker rus en ons sien uit na 'n goeie nuwe seisoen!!
Die seun aan die ander kant teen die mansonnies was 'n riller want die seuns is yslik lank en van die onnies maar kort. (Seunsspan die manne met die blou) Ek moes lag op 'n stadium staan een van die kort menere langs een van die lang seuns en die aanmerking van die kantlyn aan die onnie is "Come on ...., use your height" Die skoolhoof wys dat die leeus op hul neus gaan kry maar dis net wensdenkery.
Die toeskouers sit op die punte van hulle stoele want die onnies loop amper heeltyd met twee punte voor (ek dink die tellinghouer het so hier en daar gehelp) en in die laaste 5 sekondes van die wedstryd teken die seuns die doel aan om die wedstryd gelykop te laat eindig. Die "ou" manne was lekker moeg :-).

Die Clare's Abbey word van alle kante beloer en afgeneem en tyd staan stil ...
Dan die "jackpot" van die uitstappie ... ons is op 'n kasteel-hunt en daar kom ons op Knappogue Castle af! Hierdie kasteel is gedurende 1467 deur Sean MacNamara gebou en deel van die familie tot in 1659 toe dit deur die regering van die dag gekonfiskeer is. Gedurende 1670 is dit weer terug gegee vir die famile maar in 1880 om sy skuld af te betaal verkoop Francis MacNamara die kasteel aan die Scott familie wat die kasteel toe gerestoreer het. Half 'n eeu later is hulle ook finansieel in die moeilikheid en toe word dit verkoop aan die 14de Baron van Dunboyne wat dit klaar gerestoreer het. 

Ek slaan my "jackpot" ook toe ons by die Cliffs of Moher aankom maar nie voordat ons in die mees ongelooflike omgewing van Shannon rondry nie. Daar is baie min plekke waar mens die berg vol groen, plase met vee op en die see as agtergrond het nie. Mens kan net kyk en kyk en geniet. Waar ou geboue in baie lande onder rommel verdwyn, verdwyn hulle hier in Ierland onder groen plantegroei.
Die cliffs is amazing! Klowe wat 200 meter uit die see staan en dit vir 8 km ver!!! Die wereld is net met so wonderlik geskep en mens voel baie klein as jy afkyk na die ongelooflike sig. 'n Groot grot wat sigbaar is, is ook 'n nesplek vir duisende voels -- ongelooflik!
Nog twee kastele op die pad, 'n lekker middagete by 'n klein kusdorpie Doolin en dis tyd om terug te draai al is daar nog so baie om te sien. Limerick het ons toe nooit by uitgekom nie, maar met die kasteel en cliffs en al die ander goed was die dag meer as die moeite werd. 
As mens nie afdraai vir drinkgoed of badkamer nie, mis jy verseker 'n klomp mooi plekke en een van hulle is die ou myn. Die paaie gaan deur die pragtigste landskappe en ons sien orals net groen, groen en water!
Klein riviere waar mens doodstil kan sit en luister hoe die voeltjies sing terwyl die reen neerval. Ons is amper nie eers lus om verder te ry nie en ek's seker as dit nie gereen het nie, het ons nog meer tyd daar deurgebring. 
Ons moet begin terugdraai en ja reg geraai, voor ons Clifden bereik maar 'n vol dag met 'n laaste stop vir lekker warm sjokolade.
Dis tyd om te begin regmaak om huis toe te gaan en die volgende dag ry ons Dublin toe. Ons blyplek is reg in die middedorp so tussen al die ou geboue en net oorkant die Chrischurch katedraal. Dis eintlik 'n klein huisie bo-op die dak van 'n gebou met selfs 'n klein tuintjie waar ons die bietjie son kan geniet. Parkering in hierdie dorp is natuurlik net so 'n groot probleem en ons gaan gee ons huurmotor 'n dag vroeer in en besluit om voet te slaan deur die dorp en die volgende dag met taxi lughawe toe te gaan.
Dis van die geboue in die straat van ons blyplek en ons ky so 'n ietwat gevoel van Dublin. Nou nie die mooiste stad wat ek al gesien het nie maar beslis met sy eie karakter.
Dis of die dorp sukkel tussen modern wees en tyd laat stilstaan. So in die besige strate met die motors wat heen en weer jaag, is daar perde. Een ruiter sit op haar selfoon ewe rustig en kuier en die ander een knoop 'n geselsie met 'n fietsryer aan - dit alles in dieselfde besige hoofstraat!