Een van Leo se versoeke was die waterpark en daarvoor het ons Dubai toe gery om die Wild Wadi pretpark te besoek. Natuurlik is dit 'n ver afstand vir die man en uit ondervinding weet ons hy vra elke 5 min "hoe ver nog", dus het ons hom vooraf gese dis 24 keer se "hoe ver nog" :-). Maar hy het nie omgegee oor die mis, koeler weer of enigiets nie, solank ons net waterpark toe gaan.
Maar met die inkomslag voel die man aan sy lyf, dis nogal koud!
Vir die wat nie weet nie, hierdie waterpark is net langs die baie bekende Dubai baken, die Burj Al Arab.
Hier maak hulle reg om die kanaal na al die ritte te vat en dis maar ysig. William moedig aan.
William en Leo saam op die "tube". Mens ry nou so al in die rondte en van die kanaal word jy "opgeskiet" na die ritte. Dis nou wat die kinders se want hierdie ma is te bang dat sy te swaar gaan wees om opgeskiet te word.
Tussen ritte, hier kom Nelmari en Stella ook.
En dan word hulle opgeskiet en weer afgeskiet by een van die ritte. Dit lyk asof hulle vreeslik skree ...
Op die groot tube waarin hulle al vier sit ... kyk net daai mond. Ek het elke keer as hulle so in die rondte ry (vaar) Leo se laggie en gille gehoor.
Weer rustig langs die kanaal af tussen die ritte en hierdie keer stoot Nelmari vir Leo.
Die man vat 'n ruskansie ... ek hoop dis wat hy doen?!
Ek vra hulle om langs die boot te staan vir 'n foto en min weet hulle wat gaan gebeur. Kliek op die pyltjie en kyk.
Nat na die emmer water en die tweetjies staan en bibber voor een van die watervalle.
William kuier in die tidepool tussen die branders.
Ek moes julle net wys hoe 'n abaja-swembroek lyk - toe van kop tot tone. Dit is 'n langbroek en lang rok wat van swembroekmateriaal gemaak is en dan nog met goud ook versier. Die kamera word ook onderwater "getoets".

By die souk (julle weet nou dis 'n straatmark ne?) was daar 150 winkels waar hulle ook tradisionele vaardighede mbt handwerk gewys het en 1100 het hier deelgeneem. Die mense het sommer tydens die fees tent/kamp opgeslaan in die woestyn.
Die wenner is op die 2de Januarie aangewys, maar die "naam" is nie bekend gemaak nie. Hulle het wel gese dat die eienaar van die wenkameel oa 'n Range Rover gewen het. Kyk net hierdie deelnemer se gesig is selfs "gehenna" vir die geleentheid.