Monday, March 10

Wat gebeur op kampus?

Die nuus van Bloemfontein nie altyd so baie nie, alhoewel die koerante deesdae baie te se het oor die plekkie. So dis lekker as mens 'n beriggie en foto's kry.
James se hy het die laaste twee weke meer aksie gesin as in die drie jaar wat hy daar was. Maar dat sy klasse "normaal" aangaan en hulle net hoor van die moeilikheid. Daar is egter 'n polisieteenwoordigheid op die kampus. (Ja .... as mens alles moet glo wat jy hoor in die nuus en deesdae op die net dan moes ek al die arme kindertjies laat huis toe kom het.) Wat die "studies" betref klink dit my asof James op die oomblik geniet wat hy doen. Volgens hom het hy nou begin met sy praktiese ure en is hy ook fiksheidsafrigter vir die 2de dames hokkiespan. (Het die span darem al 'n paar wedstryde gewen seun?) Dan is daar nog die ure by die biokinetika sentrum waar hulle die "high performance" atlete laat oefen en ander fiksheidstoetse. Dan lyk dit ook asof Sabeeha (ek weet nog steeds nie waar die naam vandaan kom nie) besig is om in die naam in te groei. Volgens James vat sy nou meer plek ... lyk my die hond geniet al die aandag!! Dankie vir die laat weet hoe dit daar gaan seun.

Saturday, March 8

Kort toernooi vir Nelmari

Soos met enige sport werk mens mos maar op na 'n hoogtepunt toe, en hier met die basketbal is dit die ISAC toernooi. Dis wanneer skoolspanne van ander lande teen mekaar deelneem. Die afgelope paar weke wou Nelmari nie ski Dubai toe gaan of met track and field begin nie, net ingeval sy seerkry en die ISAC toernooi mis. Met groot opwinding is daar dus Donderdag Dubai toe vertrek. (Groot genade dat hulle nie hierdie jaar in die buiteland speel nie)
Die meisies besig om op te warm voor hulle eerste wedstryd. Slegs tien spelers per span word in die toernooi toegelaat, so van die spelers moes agterbly. Al 4 Suid-Afrikaners is egter gekies om te speel.
Die eerste wedstryd is teen die tuisskool en Nelmari en Minri verdedig 'n hond uit 'n bos uit. En as hulle by hul verbykom wag Jessica nog.
Nelmari in die lug besig om 'n doel te skiet.
Dis 'n harde wedstryd met 'n bietjie "vuil" spel en die maskot en span lyk bekommerd en nie verniet nie ....
Nelmari word afgehelp nadat sy "per ongeluk" val en haar knie beseer. Ek wonder hoe sag moet 'n stampie wees as iemand wat soveel groter as die teenstaander is, plat val?
Sy's uit vir die wedstryd en saam met haar op die bankie sit twee ander SAfrikaners wat ook beserings opdoen. Lyk my die vraag is "hoe wen mens 'n toernooi? - jy skakel die Suid-Afrikaners uit?" Nodeloos om te se die span verloor die wedstryd, alhoewel net met een punt.
Het Nelmari ore? Nee! Sy speel in die tweede wedstryd en moet vroeg afgaan. Gelukkig wen die span die wedstryd.

Wanneer Nelmari Maandag terug is van die toernooi wat sy nou in 'n rolstoel/krukke bywoon, en nie iets wil mis nie, sal ek 'n update oor die knie en hopelik foto's van gebeure gee.

Friday, March 7

Die gees word eintlik gevang

Vroeer in die week het ek vir julle twee foto's gewys van Spirit week waar die kinders moes aantrek soos die 60tigs. Gister was die laaste van die week en die tema was mission Impossible ... hoekom?....G'n mens weet nie, maar die kinders het meestal almal in swart en wit aangetrek. Op die laaste dag kon die kinders dan ook "betaal" om onderwysers aan te trek en die een wat die meeste "bie" mag dan klere bring vir die onnie om aan te trek. Die gelde wat gedurende die week ingevorder word, word gebruik vir 'n Global Village projek. Dis 'n arm van die Habitat for Humanitys 'n arm. Verlede jaar het 'n paar van die kinders Bangladesh toe gegaan om daar te help huise bou en vanjaar was 'n groepie oor om huise in 'n klein dorpie in Portugal te bou.

Die seniors het die skoolhoof en adjunk hoof aangetrek vir die geleentheid. Hier is die klompie met die onderwyseres op die regterkant. Die skoolhoof is die groot baba.
Hier is mnr Bolster die hoof en mnr Rehburn die adjunk hoof. (Will het jy hom al so gesien?) Almal het die week vreeslik geniet en die onnies was groot sports.

Wednesday, March 5

Sport hou ons besig

So kry ek die ou rekenaar terug van die hospitaal nadat hulle reggemaak het en geback-up het en raai wat? Net 'n tiende van die foto's is op die backup file, so waar is die res? Nou moet ons alles weer oordoen en die ouens wat ek nog nie kon blog nie, kom nou skotvry. Hoe regverdig is regverdig?
Intussen het daar darem nie niks gebeur nie, Nelmari het twee basketbal wedstryde gespeel ter aanloop van die Internasionale toernooi (ISAC) wat hierdie naweek in Dubai plaasvind.
Maandag het hulle weer teen die Britse skool Al Khubairah gespeel en hulle goed gewen. Hier is 'n paar aksie foto's. Klein Maddie moet behoorlik in die lug hang terwyl sy vir doel skiet.
Nelmari en Minri gee vir die spelers 'n harde tyd met die verdediging. Die maskot Lion staan en toekyk.
Kyk net hierdie SA verdedigingstoebroodjie --- waar moet die speler nou heen?
Die eindtelling en ons wen goed. Die span het ook gister (Dinsdag) teen Emirates National skool gespeel en 35 - 0 gewen. Of dit nou genoeg voorbereiding is om die spanne van die ander lande hierdie naweek aan te durf, weet ek nie, ons hoop so.

Tuesday, March 4

Skool soek gees

Hier is ek amper terug vir die wat gemail en vra het. Die laaste paar dae was dit een groot frustrasie op die ander want die rekenaar wil nie werk nie en die foto's wil nie aflaai nie. Dis nog nie reg nie, maar darem kon ek twee foto's afgelaai kry.
Nelmari se skool het gewoonlik die tyd van die jaar "spirit week" en dan kry hulle allerhande opdragte hoe om aan te trek. Gister was dit die 60'tigs. Hier is een van die ander Suid-Afrikaners aangetrek vir die 60's. Ek weet nie of die swartrokke op die agtergrond die Arabiese 60's was nie.Nelmari met haar uitrusting vir die dag, wat nogal ook haar 2008 klere is.