Monday, May 10

Jongmense kuier lekker

So twaalf jaar terug het ons begin met 'n kinderbediening hier in Abu Dhabi omdat daar 'n behoefte was vir ons kinders om iewers in te skakel, saam met SA maats en meer van Jesus te leer. So het die kinders ook groter geword en meer en meer jong volwassenes het hier kom werk en 'n nuwe behoefte ontstaan. Iets vir ons snr tieners en jong volwassenes. Soos altyd is Vader getrou en kon ons vir Elriza kry om hier met die groepie te kom werk. Die ou tannies weet wanneer dit hulle tyd is om terug te staan en agter die skerms te werk want ons kan maak wat ons wil, maar daar is geen manier hoe ons met 'n jong cool pastoor kan meeding nie :-). Nodeloos om te se dat na die eerste maand het hierdie bediening alreeds gegroei in 'n studie groep vir snr tieners, en twee groepe vir jong volwassenes met baie uitreik na ander tussen-in.

Page1_1

Die snr tieners het net so voor die winter regtig inskop bietjie gaan kayak en agterna baie stories te vertelle gehad. Die begin van die oornag-trip en almal is nog vol geesdrif, glimlaggies en skoon.

DSC_0040

Arme ekke want daar gaan hulle en dis sover ek my kamera kan gebruik. Opdragte is gegee van wat en wie hulle moet afneem, maar of hulle dit gaan uitvoer is 'n ander saak ... en op hierdie stadium kan ek niks daaraan doen nie :-).

012_12

Die eiland waar hulle oorgeslaap het. Tente is wel opgeslaan, maar volgens die stories het net die "ouer" drie wel in tente geslaap - die ander het sommer so langs die vuur geplak.

DSCF0202

James en Leane moes saam met Elriza die volwasse toesig wees :-).

DSCF0187

Met die heerlike warm water en Abu Dhabi ver op die agtergrond kon almal lekker laat swem. Ek hoor stories van musical kayaks ens. maar het geen idee hoe hulle dit gespeel het nie. Aandete was heerlike vleisbraai en daar is ook lekker rondom die vuur gesing en gesels.

DSCF0223

Die volgende dag se terugvaar. Kyk net hoe kalm is die oopsee hier en gelukkig windstil, maar dit kom met ander probleme.

036_36

Mens kan sommer in die middel van die see 'n sandbank slaan en dan moet jy jou kayak vir walkies vat tot jy diepwater kry.

. DSCF0233

Swem en kuiertyd net so voor mens weer in die woeste gejaag van die dorp terug is.

017_17

Ek was natuurlik angstig om die foto's terug te kry en hierdie een het my aan die raai gehad. Die "dominee" se klere en kamera aan 'n boomtak by die water ...... waar is sy?


DSC_0055

Moeg (as mens net twee uur geslaap het), taai en vuil aan die einde van 'n suksesvolle uitstappie. Wie dink julle is die blyste dat die vaart verby is? :-)

Lekker week vir julle almal

8 comments:

retha said...

Hoe wonderlik! Die groepe en die uitstappie.
Ek hou van die see, son en stad foto.

retha said...

Ek bely, sal moet aandag gee aan daardie deel van die wereld. Dankie vir die aanbod.

Sandra said...

Dis 'n groot blessing Retha. Ja dis nogal een van die gunsteling foto's wat hulle geneem het vir my ook.

Reg so met die aanbod, jy laat weet net wanneer :-)

Thea said...

Aai, die lekker jonkwees dae! Bly om te hoor van die groei onder die jong mense!!

Sonja said...

Dit lyk baie lekker! Die see is darem heeltemal anders as hier by ons!

Sandra said...

Thea hier is so baie jongmense. Hier gebeur groot en goeie goed onder hulle, ons is baie opgewonde.

Heeltemal anders Sonja. Dis doodstil en dit ruik nie eers nie :-). Moeilik vir my wat van die Kaap af kom om partykeer aan die plat dam as see te dink

Charmaine said...

Ons hou aan bid dat die pragtige gesonde lewendige groei van krag tot krag sal gaan.

Nimsi se Blog said...

wat n pragtige groep jongmense!