Showing posts with label Kersfees2009. Show all posts
Showing posts with label Kersfees2009. Show all posts

Monday, December 28

Ons Kersfees

So kla ons almal oor die geldmaak uit kersfees, maar ons bly doodstil oor die groot eet wat met die feesdae gepaard gaan. Hoekom doen ons dit aan onsself? Weet nie hoeveel van julle soos ek gevoel het na die eet ou Kersaand en daarna die Kersete nie, maar eet sal ek eet :-). Dis mos deel van die "tradisie" van Kersfees ... wat presies waar begin is?

Page2


Ou Kersaand het ons bymekaar gekom vir die sing van Kersliedere en om weer die "storie" van Jesus se geboorte te hoor. Elriza het die aand gelei en Charmaine en haar boetie Hannes het die sang begelei.


Page1

Voor die program klaar was, het ons elkeen ook die geleentheid gehad om 'n kersie aan te steek terwyl ons net weer elkeen onthou wat die doel van Kersfees is. Die heel kleintjies, Allesia en Emily was net so gretig om kersies aan te steek.




Die "diens" is afgesluit met die sing van ek dink ons enigste regte Afrikaanse kersliedjie (een wat nie vertaal is nie), Somerkersfees. Luister net so 'n versie saam met ons.

Page4


Toe volg die bietjie eet. Ek wonder hoekom Elriza so skuldig lyk? Botter kan in William se mond nie smelt nie.


Page6

Nelmari het vroeg die oggend gemmerbroodmannetjies gebak en die kleintjies (jongstes waarvan sy een is) het heerlik daaraan versier.

Page7

Die kleintjies maak geskenkies oop. Nelmari het spesiaal vir Elriza ook 'n kinder-geskenkie gekoop. Lyk asof sy daarvan hou! :-). Klein Dante wat ook sy eerste kersfees vier, sit alles mooi en kyk.

Page8


Wie dink julle het die lekkerste gespeel?

Page5


Klein Dante was 'n groot hit by almal en het van die een na die ander arm gegaan. Almal is redelik vroeg huistoe om as familie hulle geskenkies oop te maak.



Kersdag het ons en nog 'n paar ander mense weer bymekaargekom vir 'n lekker kersete. Ek sal liewer nie die "eet" foto's wys nie.

Ek sluit egter die Kersinskrywing af met 'n liedjie wat Elriza vir ons sing (ek hoop nie sy gee om nie). Die kamera kwaliteit is nie so goed nie, maar die lied is pragtig. Elriza ek dink dis nou tyd om hierdie talent van jou op jou eie CD te sit. Dankie ook vir die voorgaan met ons boodskap en sang.

Geniet die laaste week van 2009!

Liefde

Wednesday, December 23

Geseende Kersfees


Aan Al ons familie, vriende en blogmaats
'n geseende Christusfees

Liefde

Monday, December 21

Kersfees in die woestyn

Kersfees het so gekommersieel geword. Dis chaos in die winkels, pryse is ekstra hoog en elke keer as jy jou voete by die deur uitsit, is dit net geld uitgee, geld uitgee, geld uitgee. In so 'n mate dat mense se "ek hou niks van Kersfees nie". Ons weet dis nie waaroor Kersfees gaan nie, maar elke jaar is dit dieselfde storie. Ek gaan nie in hierdie blog skryf oor wat Kersfees veronderstel is om te wees nie, maar ek wil se dat ons nooit weet hoeveel ons het om voor dankbaar te wees voordat ons dit nie het nie.

Page2

Die Kersboom in die Holloway huishouding het so 'n tydjie sy verskyning gemaak, toe Nelmari wie se "werk" dit is om dit te versier haar taak aangepak het.

Page3

Moeilik omdat die mammaratzi sit en foto's neem en die gemmerkat dink dit is "xmas" :-) met al die speelgoedjies so byderhand. Ek wens ons het meer foto's geneem toe ons destyds hier gekom het (natuurlik voor digitale kameras), want die eerste paar kersfeeste het ons nie net die 'huis" en familie gemis nie, ons het ook die kersbome en versierings en selfs die kersliedere in die winkels gemis. Daar was niks en ons moes 'n klein boompie van SA "invoer". En as ek se niks, bedoel ek niks wat mens in die Kersstemming kon plaas nie. Ek onthou so goed plakkate wat by die "kaartjie winkel" opgeplak was - "no cards with Christian message may be sold here".

Page1

Maar dinge het in die jare verander en daar is selfs hier en daar kersmusiek wat in winkels speel, groot kersbome, baie versierings, uitrustings, ens. ens. Hulle het duidelik die "geld" in Kersfees begin sien. Die kersmark in November het honderde mense gelok (westerlinge natuurlik) met al die geskenkies wat verkoop is.

Page1

Die hotelle veral is die plekke wat amptelike dae vir die lig van die kersboom ens. Een waar die SA vlag mooi gewapper het, het oa gemmer kersboompies vir die kinders gehad om te versier en daar was selfs 'n arabiese kerstent.

Page2

Kersvaders van elke grootte en baie om te doen. Daar was groot getalle mense.

Page5

'n Winkelsentrum het 'n koue kersfees uitgebeeld en nee, James lewer nie vir kersvader pizza af om 'n groot geskenk te kry nie .... Nelmari was ook baie in haar skik om weer 'n bietjie met haar maatjie Minri te kuier.

Page3_0

'n Drie verdieping hoe kersboom by ons gunsteling eet-hotel met 'n gemmerhuisie het mense na hulle Switserse kersmaak gelok. En natuurlik se Nelmari se gesig .... maaaaaa kan ek hiervan kry. Die boodskap wat ons vanjaar by al die bedieningspunte in die UAE met die kinders gedeel het, was "God se grootste geskenk aan ons" (julle kan daarna loer op die kinderblog) en die kers-elfie in die regterkantse hoek was daar een van die besoekers.

Nou loop ons deur winkelsentrums hier in die woestyn met al die versierings en Mary's boy van Boney M wat orals speel en ons kla alweer oor alles - die mense, die pryse, ens. So gou dat mens vergeet hoe dit voel om dit nie te he nie. Die Kersboodskap word of behoort nie daardeur beinvloed te word nie, want het ons nie die grootste kersgeskenk van alle tye reeds ontvang nie?

Lekker regmaak vir die Chrisusfees