Ek kyk na James se skole speletjiesdag foto's en sien klomp dinge terselfdertyd.
Eerstens het alles so verander by die skool vandag hulle drie daar begin het klompe jare terug. Daar is nou pawiljoen en grasperke maar die speletjies is nog dieselfde. Die kinders hier is nie regtig mal oor sport soos by die huis nie en hulle word ook nie verplig om enige sport te beoefen nie, dus moet die PE department allerhande planne maak om al daardie spiere geoefen te kry. 



Dis onder andere springtou spring, 'n hindernisbaan, pizzaboekse aflos, onder-hoofspring en dit alles geniet en speel die kinders met oorgawe. Daar is egter drie goed wat vir my uitstaan wat "anders:" is as waaraan ek gewoond is by die huis (van dit mag al reeds verander het), maar selfs so was toe my kinders hier in die skool gekom het. Miskien het julle dit ook opgemerk.
Hoedjies is 'n moet selfs in die lente-son en almal (behalwe wanneer hulle speel) moet dit aanhe. En dan water. Kyk hoe staan hulle botteltjies langs hulle.
Almal loop met hulle eie water en dit word ook gereeld by die waterstasies gevul.
Dan mag mens mekaar mos so per ongeluk ook bietjie natmaak.
Wat egter uitstaan, veral in die gees van Paasfees is hoe 41 nasionaliteite van orals in die wereld - selfs lande wat besig is om teen mekaar oorlog te maak, saam kan pret he en speel.
'n Baie Geseende Paasfees vir almal wat hier lees en julle families!
Thursday, April 9
Tuesday, April 7
Ons oefen ...
Ek lees dit orals op die blogs waar ek kuier, almal kan nie wag om ouma te word nie. Reg van die begin van my blog se bestaan, vertel ek al hoe gelukkig ons is om klein mensies hier te he om op te oefen en hierdie naweek het twee op dieselfde tyd kom kuier en hoef ek en Charmaine nie te gedeel het nie.
Klein Jennifer is sommer tuis en wil nog gou-gou met die speelgoed speel voordat die dag begin.
Dan is Emily ook hier en ons kan die pad winkelsentrum toe vat vir "ouma-training" (dis vir hulle en ons). Klein Emily is al deel van ons sedert daai eerste skreetjie, loer bietjie hier.
Nelmari en James baie gemaklik elkeen met een by die sentrum.
En dan begin die "oefening". Van daai kleintjies wat gedra moes word het hulle gegroei na twee groot potensiele shoppertjies wat mooi handjies vashou en saamstap.
En wat is shop sonder 'n koffiewinkel .... Jennifer en Nelmari deel 'n broodjie.
Klein Emily probeer hard om nie vir die kamera te glimlag nie.
Met die twee "oumas" by het James nou geen aandeel nie en die ou hou maar die teddie vas.
Kom meisies dis nou tyd vir julle shopping-les en wie beter om dit te gee as die bekende groot shoppers van die dorp. Nelmari en die twee oppad winkels toe.
Die ander ekspert wys hoe mens besluit wat jy nodig het.
En natuurlik gaan mens nie met lee hande huistoe nie. Hulle kan nie wag om hulle "boksies", wat hulle self gekies het, oop te maak nie.
Maar as mens 2 is wil jy nie heeltyd stilsit nie, en Jennifer spandeer 'n bietjie tyd voor die spieel.
Emily kry kans om op die bed te spring, dis goed wat mens by oumas doen.
Vir afsluiting word daar saam met die kitaar gesing.
Kyk net hoe wys Jenny "twinkle, twinkle little star". Dit was so lekker om met julle twee groot meisies te kuier en ons hoop om gou-gou weer so te maak.
Sunday, April 5
Ons sirkus en anner goeters
Ons hou mos nog steeds verjaarsdag en die versoek was om een van vertonings van die wereldberoemde Cirque du Soleil by te woon. So vroegoggend word die pad Dubai toe gevat.
Die sirkus staan langs die Ibn Battuta mall en ons gaan drink eers koffie by Starbucks en wonder bo wonder loop ons sonder sakkies daar uit ... ok nie almal van ons nie, Charmaine het iets nodig gehad.
En dan is ons oppad sirkus toe ... lekker dis iets waar ek jare gelede by was.
Almal van ons is opgewonde en met drinkgoed en spookasem wag ons om die sirkus wat niks diere in het nie te sien. Ons mag ook nie foto's van die kunstenaars geneem het nie, so van die volgende paar foto's is van hulle eie.
Hierdie sirkus het in 1982 begin deur 'n groep straatkunstenaars met 'n droom om rondom die wereld te toer en vertonings te lewer. Hierdie groot ou en ons deel van die skare om sy vinger gedraai.
Nadat hulle begin het om in Kanada te toer, volg Amerika met net genoeg geld om die LA fees by te woon. Sou die sirkus misluk kon hulle nie terug huistoe nie. Die toer was 'n groot sukses. Die manne was absoluut ongelooflik op hierdie pale met die toertjies.
Daarna durf hulle Europa aan met vertonings in Engeland en Frankryk. Ek kan nie regtig beskryf wat hierdie twee Chinese vroue alles met hulle lywe kan aanvang nie.
Hulle toer reg oor die wereld en orals kan die mense nie uitgepraat raak oor die sirkus nie.
En dit verstaan ek ook nou want die toertjies (miskien is dit nie die regte woord nie) is iets wat ek nog nie gesien het nie.
En dis nie net die kunstenaars nie maar ook die tegniese span en die manier waarop alles beheer, en hanteer word. Die gehoor eet uit hulle hande.
Die musiek is uitstekend en die orkes nie soos jou gewone sirkusorkes nie. Die dame wat die liedjies sing tydens die opvoering is baie goed.
Van die UAE (Dubai) is hulle oppad Tokoyo en Macau toe indien julle ook wil gaan loer. Met die hele sirkusskare mall toe na die tyd, durf ons maar weer die pad Abu Dhabi aan om liewers daar te gaan eet. Die verjaarsdagmeisie minder gelukkig omdat sy nog wou shop, maar ons maak weer plan.
Ons meisies se eerste besoek aan die AD golfbaan waar ons stop om te eet. Is dit nie 'n besonderse klubhuis nie en kyk die kleurvolle blomme.
Nie die sandbaan waar ons groep by het nie - mens sal nie dink dis 'n woestyn as jy so na die prentjie kyk nie.
Vir die van julle wat golfspeel, al die golfkarretjies het aircon in en hierdie een waarin James sit het selfs 'n CD-speler. Watter tipe liedjies sal mens hier na luister?
Hierdie sirkus het in 1982 begin deur 'n groep straatkunstenaars met 'n droom om rondom die wereld te toer en vertonings te lewer. Hierdie groot ou en ons deel van die skare om sy vinger gedraai.
Nadat hulle begin het om in Kanada te toer, volg Amerika met net genoeg geld om die LA fees by te woon. Sou die sirkus misluk kon hulle nie terug huistoe nie. Die toer was 'n groot sukses. Die manne was absoluut ongelooflik op hierdie pale met die toertjies.
Daarna durf hulle Europa aan met vertonings in Engeland en Frankryk. Ek kan nie regtig beskryf wat hierdie twee Chinese vroue alles met hulle lywe kan aanvang nie.
Hulle toer reg oor die wereld en orals kan die mense nie uitgepraat raak oor die sirkus nie.
En dit verstaan ek ook nou want die toertjies (miskien is dit nie die regte woord nie) is iets wat ek nog nie gesien het nie.
En dis nie net die kunstenaars nie maar ook die tegniese span en die manier waarop alles beheer, en hanteer word. Die gehoor eet uit hulle hande.
Die musiek is uitstekend en die orkes nie soos jou gewone sirkusorkes nie. Die dame wat die liedjies sing tydens die opvoering is baie goed.
Van die UAE (Dubai) is hulle oppad Tokoyo en Macau toe indien julle ook wil gaan loer. Met die hele sirkusskare mall toe na die tyd, durf ons maar weer die pad Abu Dhabi aan om liewers daar te gaan eet. Die verjaarsdagmeisie minder gelukkig omdat sy nog wou shop, maar ons maak weer plan. Friday, April 3
Dag van die verjaarsdag
Nelmari se 16 de verjaarsdag gaan blykbaar soos een of twee van my vriendinne gehou word ... oor 'n tydperk! Saam met die verjaarsdag het die skool ook hulle jaarlikste Aisafest wat 'n soort van 'n sportkompetisie, pretpark en saamkuier is. Hou in gedagte dat dit een van die min kere is dat seuns en dogters saam op die skoolterrein kan kuier. Dus was dit die plek waar sy haar verjaarsdag wou deurbring vir die dag met klomp ander planne nog vir die res van die naweek.
Die fees het sommer goed afgeskop toe Nelmari en Minri se sokkerspan (hulle was die afrigters) die silwer medalje in die toernooi gewen het. Kyk hoe chuff lyk die afrigters.
En toe was dit tyd vir die ander goedters. Lekker saam met my vriendin Minri nadat ons prentjies op ons gesig laat verf het.
Daar was heelwat aktiwiteite en ek wys net 'n paar. Sokker in seepwater .... Die meisies het beplan om dit later te probeer as die kamera eers huistoe is.
Die sharktank was ook hier en ek kan net nie verstaan hoeveel fun dit is om te wag dat ander jou in de water laat val nie. Die man is alreeds nat.
En daar gaan hy weer ...... Lekker dom dink ek.
'n Paar van die kerkkamp maats kom al die pad van Dubai en Ras Al Khamaih om saam te kuier en hier staan 6 van die Suid-Afrikaners lekker in die middel en kuier in Afrikaans.
Die kleintjies het allerhande klim en gly speelgoed in die gym en oor veiligheid hoef ons nie te kommer nie -
daar is sekuriteit. Hierdie kleinman gaan al groot skool toe.
Soos verlede jaar was die groot fun die stoeiers en die kleintjies het 'n spesiale opblaasring waar hulle kan stoei en boks.
Totdat die ou sien sy "meneer" neem foto's - toe vat hy eers 'n ruskans en gee 'n mooi glimlag.
Die groter kinders stoei op die stoeimat en ek kon nie glo om te sien hoeveel kinders staan hiervoor tou nie. Dalkies is dit 'n kans om 'n vete op te los.
Die kos word voorsien deur 'n hotelgroep en hulle is reg vir die stormloop as die kinders begin honger word.
Daar is oa ook nog 'n bul wat getem moet word en ongelukkig is dit nie hierdie keer nie. Sy's oppad grond toe.
Bungy jump vir die wat wil lyk asof dit vroegaand reeds een van die gewilde items gaan wees. Aan die einde van die aand het ek 'n baie moee maar tevrede verjaarsdagmeisie by die skool gaan haal .... nou le die hele naweek voor vir nog verjaarsdaghou!
Subscribe to:
Posts (Atom)