Tuesday, July 24

Toer deur Abu Dhabi - 2

Nog steeds by die Heritage Village ....



'n Tradisionele tent wat hulle in die woestyn gebruik het, alhoewel ek redelik seker is daai lugverkoeler was nie deel van dit nie.
Ek het julle gister vertel dis warm - hier waai 'n waaier die kameel se boude koel. Kan julle glo self die kamele wat woestyndiere is kan nie meer die hitte hanteer nie?

Die Heritage Village se laan met op die agtergrond die grootste vlag ter wêreld wat waai en wys daar is 'n effense windjie.

Amelia toets een van die ou tradisionele windtorings - die air con se voorganger - en dit werk!
'n Tradisionele binnekant van hulle huise na die tent. Let op hoe daardie Aircon links gekamofleer is.
Buitekant weg van die huis die kombuis. 'n Mooi sandtuin ... Begeera sal nie weet wat om met al daai sand te maak nie.
Net 'n klein koelte kolletjie en poeletjie om in te swem. Dis so 'n mooi prentjie en skep die indruk van heerlik koel in die buitelig ... maar mense dis net 'n illusie .... dis vrek warm
Hulle het ook 'n klein opgrawings site by die Heritage Village. Wie sou daar gebly het?
Weet nie lag Amelia of staan sy net soos die voeltjies in die dorp wat warm kry nie.


Charmaine bekyk die "kasteel" wat gebou is. Dit is 'n museum wat die ontwikkeling van die dorp uitbeeld.
Hier is hulle craft-sentrum waar mens kan kyk hoe hulle verskillende tradisionele vaardighede soos weef, koperwerk, glasblaas, leerwerk, ens. demonstreer.

Dis 'n redelike groot plek met baie craft-winkeltjies. Baie lekker om by elkeen in te loer in die hitte want daar is aircon. Ongelukkig vir ons, was ons te vroeg om die mense binne te vang...so suffer in die hitte sal ons suffer.


More iets baie skaars .....














Monday, July 23

Toer deur Abu Dhabi - 1

Nuwe kuiermense in Abu Dhabi is maar skaars soos vark in hierdie dorp. Wanneer die geleentheid hom dus voordoen is dit lekker om weer deur die dorp se strate te ry en ander 'n bietjie die plek te wys. Amelia wat in Dubai en nou 'n entjie uit die dorp bly, het Abu Dhabi glad nog nie getoer nie, dus het ek en Charmaine haar Saterdag 'n bietjie gaan rondwys. Amelia is by ons Vrouegroep en ry elke Sondag klompe kilometers om dit by te woon. Ons kon nie alles wys nie, maar die ses uur wat ons wel op die pad was, het ons klompe dinge gesien en baie foto's geneem. Ek deel dit graag met julle oor die volgende paar dae, dat die wat nog nie ons mooi dorp gesien het nie, dit kan sien.

Die eerste stop is oppad na die skeepswerf toe. Ons stop en neem foto's van die aanbouings by die Diwan se paleis. Die eerste opmerkings van "hoe warm dit is" en "miskien moet ons nie uit die motor klim nie" word gemaak en ons het nog nie eers begin nie.
Nog nie seker wat daar gebou word nie, maar die dorp ontwikkel heeltemal onder ons uit self die see word toegebou.
Die skeepswerf waar hulle die Dhows bou. Ek het reeds van die werf vertel en as julle nog nie gelees het nie, klik op die label "skeepswerf".


Dis egter die eerste keer dat ek die hotelteken opmerk. Vir julle wat Abu Dhabi ken met sy "grand" hotelle, miskien is dit 'n budget-hotel.

Oppad vanaf die skeepswerf ry ons af in 32ste Straat wat reg doodloop in die Palace Hotel se ingang. Ons sal netnou daar 'n draai gaan maak ....
Dis 'n indrukwekkende ingang ne? Die dag as ons daar inry het ons "arrive in Abu Dhabi" want dis slegs 'n ingang vir die Royals en BBG (Baie Belangrike Gaste) en dit word slegs oopgemaak as hulle kom. Ook die pad. Sien die geel heining in die straat, dis word slegs vir BBG's oopgemaak. Ons sal netnou by die "agter-hek" ingaan.


Ons ry by die breakwater af. Hier is een van die tradisionele restaurante langs daai straat. Daai krabbelpatrone op die toring sê : Breakwater Local Caffe


Geen verskoning van hitte word aanvaar nie. Almal moet uit dat ons die Heritage Village te voet kan besoek. Lyk amper of Charmaine eers staan en die temperatuur meet. Ek kan vir haar sê dis slegs 'n koel 43 vandag.

Amelia wys die oulike fontein uit, terwyl Charmaine opgewonde raak oor die nuwe stalletjies. Sy was duidelik lank laas met kuiermense daar.
Ons moet hoede vir die son kry besluit sy. Teen Dhs10 stuk is dit 'n bargain ongelukkig moet ons die kleur van die linte vat soos dit kom. So geen kommentaar daaroor nie ok.

Amelia tel ook 'n Dhs5 winskopie op. 'n Tradisionele kierie wat sy al lankal wou gekoop het. Snaaks hoe mens elke impulsiewe aankope kan regverdig.


Duidelik het Amelia besluit wie in die groep die "tug" nodig het en wie kan haar nie gedra nie. En kyk mooi .... dis nie ek nie.

Hierdie storie vervolg more ... kom loer of ek hierdie twee onbeheerbare dames op die toer kan beheer

Saturday, July 21

Wie is 15 vandag?


JACO !!!!

ONS HOOP JY HET 'N WONDERLIKE DAG

VANDAG! NOU JY DAREM REGTIG OUD GENOEG

DAT JOU MA JOU KAN STUUR VIR 'N KUIER!

LIEFDE AL DIE HOLLOWAYS

Moderne Bedouin storie

Jare terug toe die woestyn nog woestyn was en daar nie goeters soos Marina Malls, Cornish ens. in Abu Dhabi was nie, het meeste van die plaaslike families in die woestyn gebly.



Die woestynbewonders was bekend as "Bedouin" afkomstig van die Arabiese woord "badawi" wat "desert dweller" beteken. Hierdie mense het alleen of in groepe in primitiewe toestande in die woestyn gewoon. Die heersende "royals" van die land was ook deel van 'n bedouin-groep. Vandag met al die nuwe toringgeboue en ontwikkelings is daar nog steeds Bedouin in die UAE. Die foto is van een so 'n gesin wat huidiglik in Liwa bly.



Hier is 'n naby foto van hulle blyplek. Die gedagte van "woestyn-plakkers" kom by my op as die hulle omstandighede sien. Een so 'n gesin het besluit dat alhoewel hulle nog steeds so wil bly, wil hulle ook gebruik maak van nuwe tegnologie - sien agterkant links op foto.



Die hoof van die familie het solarpanele agter sy tent laat oprig wat sorg dat sy gesin elektrisiteit het en die kinders selfs moderne geriewe soos 'n rekenaar tot hulle beskikking het.
So gedurende die dag kan hy lekker met sy kamele in die groot sandbak speel en middae/saans terugkom na 'n lugversorgde tent en warm water. Hoe hou hulle daai witrokke so skoon?







Friday, July 20

Gister het julle gesien wat Nelmari die laaste paar dae doen om haarself besig te hou ... en nou is dit William se beurt. Behalwe natuurlik die plekke wat hy besoek wat julle van lees soos bv. die groot trokke, woestyn, swembaddens, ens. hou hy homself ook met die volgende besig.

Hy rus in die dag omdat hy gedurende die aand "besig" is.

Hy doen oefeninge
Klim teen die deure uit sodat hy makliker kan boomklim

En leer vir Emma ook oefeninge doen ....

(Hy help partykeer vir Arina om klein Emma op te pas - meer hieroor later)