Ek het so lanklaas op die blog gekuier dat ek nie eers weet of enigeen nog hier lees nie :-), maar 'n spesiale geleentheid soos die is altyd 'n goeie rede om weer te kom blog.
Klein Lara Mare en klein Carli se inseen ... En watter spesiale aand was dit nie. Twee spesiale klein dogtertjies, twee nuwe mammas, twee nuwe pappas en hulle vriende.
Carli was eerste aan die beurt en die klein wakker dogtertjie het mooi geluister hoe mamma en papa belowe om haar vir liewe Jesus groot te maak.
En toe was dit klein Lara se beurt. Sy was stroopsoet terwyl mamma en pappa die belofte afle om nie net vir haar 'n goeie voorbeeld te wees nie, maar haar ook vir liewe Jesus groot te maak.
Elriza het daarna 'n baie spesiale boodskap gelewer.
Tannie Nelmari en tannie Louna hou haar vas terwyl tannie Elriza (hulle twee speel baie saam) ook bystaan.
Die jongmense wat as getuienis vir die inseen teenwoordig was.
My gebede vir hierdie twee ouerpaartjies, Adri & Daniel en James & Leana is vir wysheid om vir Carli en Lara altyd reg te hanteer en gelukkig te maak. Soveel so dat hulle ander gelukkig sal maak en dat hulle eendag wanneer hulle ouer is, self ook sal kies om die Here te dien en lief te he.
6 comments:
So n pragtige geleentheid. Eks seker daar is ooj n trotse ouma agter die skerms. Ja en ek volg alles nog hier so moenie ophou met jou pragtige viering van die lewe hier nie.
Mooi bly
{I would love you to take part in my 600 Follower Give-away. Thank you so much if you have already entered and good luck.}
DesÃre {Doing Life}
So pragtig! Sulke trotse pappas en mammas.(kan nou nie onthou of dit komma es moet wees nie)
Bid saam met jou vir daardie wysheid. Hoe het mens dit nie nodig nie!!
Terug van paar dae in die Vrystaat. Ons het uitgesien om regte winter te gaan beleef. Was so 'teleurgesteld'. Bethlehem het nie eers ryp gehad nie. Grasperke is nog baie groen. Kon darem een aand die warm kombers aanskakel om die bed warm te maak.
Baie geluk, dit is 'n groot geleentheid vir die ouers en kleinding. Mag hulle elke dat die Here se seen in oorvloed beleef. Baie liefde uit 'n yskoue Langkloof.
Riana & Kie
Altyd lekker om saam met jou hier te kuier Desire, dankie vir die inloer.
Retha daai koue klink so lekker!
Baie dankie Riana! Liefde vir julle almal daar.
Post a Comment