Dis baie lekker om Nelmari bietjie by die huis te he, maar die kinders wil ook nie elke dag saam met die ou tannie rondhang nie. Maar die ou tannie het geen probleem toe hulle wil Wild Wadi toe nie, want dit beteken sy kan bietjie alleen in haar gunsteling mall in Dubai rondloop :-). Gelukkig het ek in Nelmari iemand wat ook 'n ywerige fotograaf is, en nogals nie slegte foto's neem nie :-).
Daar word rustig op die rivier in die waterpark "gery" na die volgende rit toe.
In een van die tonnels op die rivier.
Nelmari onder die water by een van die poele/swembaddens.
'n Aksie onder-water-foto van Elriza.
Die rivier lyk ook nie altyd so rustig nie.
Die park bo van een van die ritte geneem. Baie mooi foto's Nelmari.
Aan die einde van die dag was ons almal lekker moeg. Ek van die lopery in die mall en hulle van heeldag in die water, maar dit was 'n lekker uistappie ~ ek hoor hulle het nou afslagkaartjies, so hulle gaan weer :-)