Monday, April 4

Tyd gaan so vinnig verby

'n Vriendin het eenkeer vir my gese, "die dag as Nelmari 'n tiener word, wil ek daar wees om te sien - sy gaan 'n groot uitdaging wees" :-). Ekself het altyd gedink Nelmari het die tienerfase geslaan toe sy 6 jaar oud word, so 13 het gekom en gegaan sonder enige groot hickups.


En gister is nog 'n mylpaal behaal toe sy 18 geword het. Nou nie meer 'n kleuter van 6 of tiener van 13 nie, maar 'n jong vrou en ek weet nie of ek heeltemal daaraan wil dink nie, want volgende jaar is sy uit die huis uit.


Wat ek wel vandag kan se is dat sy 'n uitdaging was en nog steeds is :-), maar dat sy 'n dogter is op wie ons opreg kan trots wees. 'n Regte jack-of-all-trades wat enige iets aanpak van koekbak, bordeer, hekel, enige sport, teken, studies en dit na die beste van haar vermoe probeer klaarmaak en dan doen sy dit nog suksesvol.


Die GROOT partytjie is die naweek op 'n eiland en die mammaratzi sal verseker op die loer reg wees met foto's. Ons het sommer by haar gunsteling restaurant gaan eet om die geleentheid solank te vier.


Page1


Die "eiervangers" in aksie.


DSC_0211


Die kampioen eiervanger word "gekroon".


DSC_0216


Nelmari saam met skoonsus Leane en "ander" sussie Elriza.


Lekker week vir almal!


4 comments:

Thea said...

Baie geluk met jou verjaarsdag wat gister was Nelmari!! En GENIET die partytjie en al die laastes wat voorlĂȘ. Dis 'n baie opwindende tyd in 'n mens se lewe!!

Het julle genoeg Kleenex Sandra, of moet ek bietjie stuur? :-)

Sandra said...

Jy's heeltemal reg Thea daar is nou so baie goed wat in die laaste twee maande gedoen moet word voordat sy einde Mei klaar is. Weet nie so mooi van die Kleenex nie :-).

Charmaine said...

Dit was heerlik om saam met julle te kuier en Nelmari het mooi grootgeword...in alle opsigte.

Sandra said...

Was lekker om julle saam met ons te he maat. Jy en Elriza speel ook 'n baie groot rol in Nelmari se lewe, dankie daarvoor.