Jy't lanklaas geblog wat gaan aan word ek gevra. Dis nou nie asof daar niks hier by my en/of in die dorpie gebeur nie, dis net lekker dol. Lekker omdat meeste van die goed, iets is waarvan ek hou om myself mee besig te hou. Julle wat my ken weet dat die kinderbediening my passie is, en daar is uitstappies, kampe, poppekas en kersprogramme wat gereel moet word, dis mos daai tyd van die jaar. Nie dat ek alles moet reel nie, maar daar is goedjies wat gedoen moet word. En tyd .... dit verdwyn mos vinniger as wat dit kom. 'n Groot lekkerding is die beplanning van 'n paar vroue se toer na die Passiespele in Oberammergau volgende jaar. EN ons is opgewonde hieroor! As ek 'n lysie van my "emmertjie lys" moet maak is daar bitter min op van dinge wat ek nog wil doen. Geen begeerte of drome om iewers te bungy jump of self te vlieg of iets wat ek weet nie sal kan gebeur nie - maar die Passiespele was/is nog altyd iets wat ek graag sou wou bywoon en een van die twee hoof goedjies op my emmertjielys wat nog uitgevoer kan word.
Vir die van julle wat nie weet van die spesifieke gebeurtenis nie, gaan ek nou nie met feite oorval nie, gaan loer hier en luister na die video. Julle sal hoor dat die spele al sedert 1634 opgevoer word as 'n belofte wat aan God gemaak is. En dat elke tien jaar meer as die helfde van die dorp se inwoners wat kwalifiseer deel het daaraan. Om te kwalifiseer moet hulle al langer as 20 jaar in die dorpie bly en/of daar gebore wees.
Tydens die meer as 100 opvoerings tussen Mei en Oktober oorval duisende mense die dorpie. As ons laaste aansoek om kaartjies goedgekeur word, is ons volgende jaar deel van die gehoor! Iets waarna daar baie uitgesien word. Luister net bietjie na die musiek op die video hier.
Mooi week vir julle!
15 comments:
Sandra, wat 'n besondere emmertjie-wens!
Jy het my geduld baie beproef met die dat ek na die videos moes gaan luister - starrrrige internet! - maar dit was nie moeite werd. Die musiek is ongelooflik! Ek sit nou en luister vir die 4e keer daarna.
En die storie daaragter! Hoendervleis-stuff. Ek het dit nooit geweet nie. Ook nie dat dit net elke 10 jaar aangebied word nie. Sjoe. My asem is weggeslaan.
Jy praat van kaartjies wat goedgekeur moet word. Is dit 'n groot storie om daar uit te kom?
Hulle is nogal vol nonsens want hulle verkies mense om van hulle pakkette gebruik te maak - om oa te verhoed dat duisende in die dorp ronddwaal sonder slaapplek. Ons eerste aansoek het hulle laat weet daar is 'n lang waglys, maar die tweede aansoek het gelukkig net ontvangs erken. Ons hou styf duimvas.
Dan, my skaakvriend wat ook my blog lees - en sy vrou kom volgende jaar ook na die Spele - hulle sien nogal uit daarna. Was Sonja Herholdt nie ook jare terug betrokke by so iets nie...of verbeel ek my? of was dit iets soortgelyks wat sy in SA probeer het..my ou brein kan nie meer onthou nie! :)
Nikita ons sien net so baie uit na die opvoering. Ek weet nie of Sonja by iets soortgelyks in SA betrokke was nie, maar tensy sy in die dorpie gebore is, is die kans maar skraal dat sy daarin sou optree. Sy het wel 'n liedjie met die naam Oberammergau opgeneem donkie jare terug.
Hey!
Dit lyk na 'n lekker toer.
julle sal dit baie geniet.
Ja ek is net so stil in die blog wereld, en soos jy se nie omdat hier niks aangaan nie maar dalk teveel! -lol!!
Ons kuier natuurlik met my ma.
so ja ons is baie besig en amper nooit by die huis nie.
lekker week vir julle.
Ek het van die plek gehoor toe ek nog op skool was,wat n bekoorlike plek. ek hoop julle kry kaartjies en geniet dit baie!
Ons sien vreeslik uit daarna Mariette!
Lekker kuier met jou mense. Ek wag nog om te hoor wat die dr gese het?
Dankie Sonja, ons vertrou dat ons die kaartjies gaan kry, ons blyplek is reeds bespreek :-)
Geniet dit Sandra en fantastiese video. Dankie.
Mooi bly!
x x
hi Sandra, ek kan nie mooi die storie onthou...of daar so 'n opvoering in SA was nie...natuurlik in baie klein in vergelyking met die dorpie...ek weet van die liedjie van Sonja, maar verbeel my daar was so 'n optrede/opvoering waar sy betrokke was...dit sal ook in SA wees, want ek weet van die reel van die dorpie...het jy dalk al iemand met die naam Amber ontmoet in daardie geweste waar jy is..pas gebore dogtertjie nou die dag...net gewonder - ek's nie seker presies waar sy is nie.
Dankie Muriel, ons sien al klaar so verskriklik uit daarna!
Nou's ek nuuskierig Nikita, ons sal moet uitvind. Ek het nog nie ' nuwe Amber ontmoet nie, hier's een van so 7 wat ek van weet. Sal bietjie op die loer wees :-)
Hi Sandra
Haar man is 'n vlieenier. Ek sal bietjie my nig op FB moet vra waar presies sy is.
Dis reg Nikita laat weet as jy uitgevind het.
Oe Sandra, dit gaan 'n ongelooflike belewenis wees! Ek het nooit geweet dit strek oor 'n paar maande nie. In watter maand beplan julle om te gaan?
Ek sal nog vir jou die name van die websites stuur sodra ek weer 'n kansie kry. Die inligting is op my ou rekenaar wat in 'n spaarkamer staan en hy is bitter stadig!!
Ons beplanning tans einde Julie/Augustus Thea, wat 'n moeilike tyd is vanwee die vakansies in Europa - ons hou styf duimvas die laaste aansoek is suksesvol.
hi Sandra, hulle is in Bahrain! Jammer!
Post a Comment