Thursday, November 5

Neem sy plek in in die land

Vir nog altyd was Abu Dhabi die aspoestertjie van die land. Nouwel die hoofstad, maar met alles was Dubai net die plek wat almal ken en almal wou besoek. Toe ons elf jaar terug hoor ons kom hierheen moes ons op die internet gaan soek waar en hoe - en om aan mense te verduidelik waarnatoe ons gaan moes ons altyd se "julle weet van Dubai? Dis in dieselfde land".


Page1

Ek lees in 'n verslag van die afgelope Formule 1 GP dat dit Abu Dhabi se "comming out ball" was. Uiteindelik uit die skaduwee van Dubai en 'n dorp/hoofstad in eie reg soos dit behoort te wees - nie meer die aspoestertjie nie. En toe die kersie op die koek is hy ook nou gekies as een van die top 10 stede om te besoek in 2010 deur Lonely Planet.

Baie jare terug het die vorige president van die land 'n visie gehad vir Abu Dhabi en ek dink hy sal verstom staan om te sien watse ontwikkeling daar al hier plaasgevind het. Hier is 'n ou foto teen 'n gebou van die president met sy 19 seuns. Ek wil nie eers weet hoeveel dogters daar is nie. Reg onder hom in die middel is die huidige president wat hom opgevolg het, en ook gister vir sy tweede 5-jaar termyn herkies is. Ek kan nie glo dis al so lank nie.

7

Wat maak die stad 'n gewilde besoekplek? Dis groen met die pragtigste tuine en uitstekende paaie om te kom waar jy wil wees. Ja daar is verkeerprobleme op die oomblik terwyl daar nuwe snelwee gebou word, maar dit gaan ook klaarkom.

Page2

Hierdie is ou foto's en baie van hierdie geboue is klaar gebou, maar kyk net daai see .... dis nie 'n dam nie, dis 'n see! Dis spieelglad en die water is warm. Is dit nie 'n goeie rede om hier te kom swem nie?

Page4

Ou geboue en museums is daar nog nie regtig nie, maar hierdie klomp monument (my oudste het altyd toe hy klein was gepraat van "ornamente") is van die oudstes wat daar is en wat nog staan. Dis aan die onderpunt van die "hoofstraat" en word die "Cannon square" genoem. Wie van julle wil raai wat die 6 monument uitbeeld?

Page3

Die ontwikkeling is ongelooflik en dit verander elke dag, maar die dorp bou nie net hoe en indrukwekkende geboue nie, tuine, damme en oopruimtes bly deel van die ontwikkeling. Hulle begin darem nou so 'n bietjie van parkering ook onthou.


Page5

Die Formule 1 was net die begin want die mense het groot planne en as mens sien hoe die sportstadiums wat in die dorp is opgegradeer en vergroot word, kan 'n mens jouself net afvra, wat kom volgende ... die dorp het groot planne! Ek sien nog 'n groot sportgebeurtenis hier binnekort!

Ontwikkeling kom so vinnig - na die operasie het ek sover mooi soet nie kon rond ry nie - so ek hoop die plekkies in die foto's is nog daar as ek die naweek weer bietjie die strate gaan beloer.

Die naweek vir ons, geniet julle week!

23 comments:

Thea said...

Jy's 'n baie goeie bemarker of is dit ambassadeur vir Abu Dhabi Sandra??! En al die mooi foto's van die blou en turkoois see het my nou baie lus vir 'n seevakansie! Hoe lank beplan julle om nog daar te bly?

Desire Fourie said...

Abu Dhabi is definitief 'n baie groen en mooi stad en mens sou nooit kon raai dis in die middel van woestynland nie. Mmm ... dalk is al die ontwikkelende nuwe stadia vir 'n toekomstige Olimpiese Spele?!
Mooi bly

Sandra said...

Wanneer kom jy kuier Thea? :-)

Nelmari het nog 'n jaar en half skool, weet nie wat daarna nie.

Dis dit of die sokker wereldbeker dink ek Desire. Alhoewel olimpiese spele in die UAE somer tyd is en dit regtig nie goed sal wees vir sport nie.

Ronelle said...

na die jaar en 'n half kom julle terug na die mooiste kaap ;-)

Sandra said...

As ons terugkom is dit Kaap toe Ronelle. Baie wat mens sal moet opvang :-)

Anonymous said...

Heiden! Die ou president het ook nie 'n lui haar op sy kop gehad nie! 19 seuns!!

Ek stem saam: jy is regtig 'n goeie ambassadeur. Die plek lyk stunning!

Sonja said...

Dit lyk vir my ook meer na ornamente! Moet seker die 19 seuns wees wat die brein aantas......

Thea said...

Ek sal regtig baie graag nog vir julle wil kom kuier Sandra. Ons toekomsplanne is net ietwat onseker nog en ons kan nie regtig enige planne op die oomblik maak nie.

Kon jy toe darem die naweek weer die winkels invaar?

Sandra said...

En dis net die seuns Vlam :-)! Dis wat mens noem nasiebou.

Sonja ek moet by se dat James daai lugmag monument in Pretoria die "steek ornament" genoem het - so die ou het geen land gespaar met die ornament gesegte nie :-)

Ons sal wag vir jou Thea :-). Ja die steke is uit en ek kon darem mall toe en gaan fliek. Glo dit as jy wil, maar ek's nie eintlik 'n shopper nie.

Charmaine said...

Dis uitstekende fotos en ja, ek stem saam, ek dink die regering van Abu Dhabi skuld jou 'n medalje vir al die advertensie wat jy vir hulle maak...en klomp geld.:-)

Thea said...

Hahaha Sandra, ons weet mos wie's die eintlike shoppers! ;-) Bly jy kon darem bietjie uitkom.

救援部 said...

女性のオナニーを助ける場が救援部です。ここに所属してる娘のオナニーを見て気に入ったら、実際に会ってオナニーを手伝っても良いし、エッチしても良し、これで報酬Get出来るんですから美味しいバイトですよ

リッチセックス said...

女性には風俗がない!そんな悩みを持つセレブ女たちは、リッチセックスでお金を使い自分を満たします。金銭面では豊かですが、愛に飢えている彼女たちを癒して高額な報酬を手に入れてみませんか

右脳左脳チェッカー said...

ランク王国でもご紹介された右脳左脳チェッカー、天才肌を見分ける楽しい盛り上がりツールとして今、支持をうけております。みんなでやれば盛り上がる事は間違いなし診断結果でも全国ランキングなどにランクインされて面白さ倍増!話のネタに一度はどうぞ

モバゲー said...

モバゲーやミクシィ、グリーでであえなかった人もNEWスタービーチなら確実にであいをゲット!無料年齢認証登録であの感動が今、再び蘇る

スタービーチ said...

最も復活してほしかったサイトでダントツのNO.1であるスタービーチがとうとう復活!!以前にもましてご利用者様に満足していただける最高のシステムになっております。思う存分新しくなったスタービーチをお楽しみください

援助スポット said...

最低10万円から交際がスタートする援助スポット。不満を持つ熟女達が若い男性を求めて集まっております。熟女サークル逆¥交際であなたもリッチな生活を送ってみませんか

恋愛 said...

初めましていずみって言います☆1年半以上恋してません…(/∇≦\)元彼と付き合ってた時にあんまり会えなくて恋愛してた感じがなかった(;‾ ‾)それから臆病になってたけど長いこと彼がいないからそろそろホンキで恋したいなーなんて思ってますo(^-^o)けっこう天然入ってるから大人で引っ張ってくれる人で年上の人と仲良くしたいです☆気になった人はメールしてね fly.me.so.high-@docomo.ne.jp

スタビ said...

満を持してのスタビ復活劇!!ここから刻まれる、新たな一コマ。スタービーチがあなたの歴史を生み出します

mコミュ said...

大人気コミュニティーサイトとなったモバゲー!であいを求める人も当然多い!!そこでであい専門のコミュニティーサイトmコミュを発信!ここでカレシ彼女をGETしよう♪

モテる度チェッカー said...

なかなか彼氏、彼女が出来ない君達の深層心理を徹底解明♪みんなでモテる度チェッカーをやって結果交換も自由、ゴウコンや休み時間はモテる度チェックで暇つぶし!次にモテ期が訪れる瞬間をズバリ診断、チャンスを逃すな

スタービーチ said...

一時代を築いたスタービーチは閉鎖になってしまいましたが、もう一度楽しい思いをしたい、もう一度であいたいと思う有志により再度復活しました。本家以上に簡単に会えて楽しい思いを約束します

オナニー said...

今や女の子のオナニーは常識。しかもお金を払って実際にオナニーを見てもらい、恥ずかしがるのや褒められるのが興奮のツボ!そんな彼女達とオナメールやオナニー救援でHなことしてみませんか