Thursday, August 7

Brand names tag

Reisiger het my getag om die brand names te noem wat ek gebruik:

Hier is hulle (ek dink mens kry alles by die huis ook)

Tandepasta: Colgate
Wasgoedseep: Ariel
Skottelgoedseep: Lux
Lyfseep: Nivea
Parfuum: White linen
Sjokolade: Enige donker sjokolade
Chips: Pringles
Kougom: Eet nie kougom nie
Aanmaakkoeldrank: Robertsons Lemon
Kruidenierswinkel: Carreforre/Spinneys
Kar: Huyndai Matrix (lig blou)
Klere: In SA of laat maak by taylors
Bank: Absa
Selfoon: Nokia
Rekenaar: Acer


Ek tag vir Mariette, Charmaine en Vicky om hulle brand names bekend te maak.

Wednesday, August 6

Klomp kleintjies

Hierdie naweek het ons darem lekker pop gespeel. Nelmari moes "babysit" en natuurlik onder geen omstandighede kan ek en Charmaine uitmis om met oulike kleintjies te speel nie. As bonus het klein Christiaan en sy mense ook kom kuier. Hy was baie ongeduldig toe die meisies laat is, en hulle was skaars in die huis of hy wil hulle handjies hou en speel. Na wie aard hy Mariette? Hier wys Christiaan vir Jana hoe om die patroontjies te bou en die mannetjie is regtig baie slim. Jana het die matjie wat hy gebou het nader getrek en daarop gaan sit om te kyk hoe word die ander speletjie gespeel. Natuurlik as die kleintjies by ons kuier is musiek an veral Afrikaanse kinderliedjies hoog op die lys. Nelmari het die musieksak uitgehaal en gou-gou was almal besig met hulle eie instrument en speletjie en dit lyk asof hulle dit geniet. Kyk hoe lekker lag klein Jenny. Jenny is nie seker watter lawaai sy wil maak nie en moet besluit tussen die klokkies en balletjies. Ek het eers later gesien haar bloesie met "Music" pas eintlik goed by die aand. Dan is dit etenstyd en alhoewel die mamma's vir elkeen hulle eie kossies ingesit het weet julle natuurlik dat dit normal is vir kleingoed om liewers ander kos te eet. Jenny ignoreer die pasta en mmm mmmm die ertjies en pampoen. Klein Jana geniet dit net so maar sy sit op tannie Charmaine se skoot al wil sy self eet. En hoe later dit geword het, hoe meer is daar gedans, speel en sing. Jennifer besluit dat sy te warm kry van al die rondhardloop en liewers sonder klere die simbale wil speel. Nelmari probeer 'n ruskansie kry, maar die meisies sit lekker bo-op Nelmari en maak groot lawaai. Dan raak alles teveel vir Jenny en sy vat 'n powernap saam met Nelmari.

Maar mense toe sy wakker word, is daar gedans dat die biesies bewe. Ongelukkig is die beeld nie so goed nie, maar net sodat julle 'n idee kry. En op watter liedjie word daar so gejol?!! - Steve se Kinder dvd.

Tuesday, August 5

Nog min dae of nie?

Julle sal onthou dat ek 6 Junie my blog afgesluit het met 85 vakansiedae nog oor .... Wel vandag is daar amptelik nog 25 skoolvakansiedae oor en dit raak al hoe moeiliker om Nelmari "besig" te hou. Toegegee met die seuns en Leane wat hier gekuier het, het dit baie gehelp, maar nou is die malls deurgeloop en die geld is opgekoop en al wat oorbly is legkaarte en die laaste van die prentjies wat klaar geverf moet word. En dan sit ons nog met die vreeslike hitte waarvoor mens net nie kans sien om uit te gaan nie. Nelmari het die probleem oorkom en sit met warm klere, sokkies en 'n kombers haar legkaart en bou nadat die A/C op baie koud gestel is. Na 85 dae is 25 nie so min nie, ons is amper daar .... hoop ek maar nou het die plaaslike mense my bloed ook dieselfde temperatuur as die hitte. Omdat Ramadan hierdie maand begin, voel hulle die kinders kan nie nou in die hitte en met Ramadan skool toe gaan nie, die kinders gaan moeg (na 3 maande vakansie) en warm wees, en die vakansie moet met nog 'n maand verleng word !!!! ..... ja 'n hele 30 dae!!! Is dit nie iets om 'n aanval oor te kry nie? Hoe haal skoolkinders 'n hele maand se werk in want soos ek die Arabiere ken sal hulle dit nie wil inwerk nie. In elk geval is Ramadan 'n klug want almal bly net wakker om meer te kan eet. Gelukkig lyk dit asof die onderwysdepartement en die privaatskole nie daaraan wil byt nie ......

Sunday, August 3

Tuine en feetjies

Ek skryf baie oor die ontwikkeling en wonderlike dinge hier in die UAE maar alles is nie altyd maanskyn en rose nie. Dinge wat by die huis allerdaags is, is hier baie keer 'n uitdaging en onmoontlik. Een so 'n dingetjie is 'n tuin. Ja daai stukkie aarde wat jy rondom jou huis het en na toe uitstap en nie altyd raaksien nie of kla omdat die gras te vinnig groei. Hier is dit nie sommer nie ... dis skaars en defnitief nie by jou woonstel of huis nie want die son bak dit dood. Die dorp se tuine is pragtig, maar dit het 24 uur besproeiing en tuinwerkers. Ek onthou toe die kinders klein was, wou hulle net op gras gaan rol om soos William gese het, 'n bietjie te jeuk :-). Charmaine het besluit al is sy in 'n woonstel, moet sy 'n tuintjie of iets wat groen is he, en het klomp nagemaakte plante vir die een voet balkon gekoop sodat sy kan uitkyk op iets groen. Maar met al die son en stof en sand bly die "plantjies" nie groen nie, en is daar gister besluit dat ons in die tuin gaan werk. Hier word die stowwerige bleek gebakte plante ingebring. Die honde verstaan nie die bleek goed nie. Die plante is te dood om gewas te word, maar die klippies word mooi skoongemaak. Dan word mooi nuwe groen plantjies in die potte gesit. Hulle kry ook voeltjies en bytjies en skoenlappers om dit vrolik te laat lyk en Dee, die kat verkyk hom aan die maklike prooi. Hier is van hulle van naby. Die vlerkies kan mooi in die wind beweeg. Dan gaan die tuin na hulle staanplek toe. Kyk hoe warm is dit, die kamera stoom sommer toe. (Dis nou half tien in die aand en die temperatuur wys steeds 41). Maar later toe ek en Nelmari huistoe gaan, kon ons die voeltjies en skoenlappers mooi sien flap van onder af.
As hierdie maat van my kon, sou sy soos jy Muriel ook haar tuin vol allerhande feetjie gehad het, ek is seker, maar met die anderse toestande is dit verseker nie moontlik nie ---- maar dit beteken nie sy het nie feeltjies nie .... mense hulle is in die kombuis en in die badkamer en orals!! Ek het soos een van daai CSI fotograwe gevoel toe ek deur die huis stap om hulle af te neem. Ek het haar maar gevra om te vertel hoekom en die rede vir al die feetjies en hier is haar storie ....

Anders as sommige versamelaars wat feetjies van porselein of klei of wol bymekaar maak, vertel my feetjies 'n storie van 'n tyd of emosie of plek en daarom is hulle almal baie persoonlik en spesiaal vir my en baie verskillend... As ek so na hulle kyk, dan sien ek die goeie en swaar tye amper soos mens 'n puzzle sou sien en dan weet ek dat alles tog uiteindelik ten goede uitwerk. Dit klink vreeslik ernstig ek weet en die waarheid is dat die meeste van die feetjies vertel van groot vreugde. Daaroom is daar n feetjie wat Joy is, 'n ander enetjie wat Sunshine is en enetjie wat die son se strale vang elke dag en Qumi is. Ander is engel feetjies wat met hulle sagte veertjies my herhinner dat daar iemand is wat lief is vir my. Ander vertel tong in die kies vir my dat alles wat ek eet op my heupe sal sit. In my badkamer is 'n feetjie wat fluister dat ons vir onsself moet lief wees en onthou dat ons spesiaal is. Daar is feetjies wat in my handsak bly as ek op vakansie is en enetjie wat van Nieu Zeeland af saamgekom het met haar wolrokkie en vlerkies en as ek so kla oor die hitte dan onthou ek dis baie erger om koud te kry. Sommige feetjies kom spesiaal oor Kersfees om vir 'n rukkie in die kersboom te bly. Daar is 'n sterk feetjie wat my deurwag is en nog een wat die boodskap dra dat ek nie self moet probeer om my lewe te beplan nie, maar dit aan Vader oor te laat. En so kan ek aan en aan vertel totdat julle skree genoeg!!!! want daar is amper sestig feetjies wat saam met my in die woonstel bly.

Friday, August 1

Padaanwysings of GP?

Ek het dit al gese en ek kan dit seker nog honderd keer se, die verkeer in Dubai is iets ysliks. Kyk die nuutste tegnologie word gebruik en al wat leef en beef gebruik deesdae 'n GPS om van punt A na punt B te kom. Miskien is dit die bietjie kaartwerk, soek vir bakens en instink wat ek by die Voortrekkers geleer het, wat maak dat ek nog sonder die GPSie kan klaarkom. En dit beteken nie dat ek nie somtyds verdwaal nie, dit gebeur... Ek is seker daai masjientjie kan nie eers byhou met die ontwikkeling nie.
Ek kom anderdag op hierdie aanwysings af wat ons eenkeer vir ons skool se personeel golfdag gekry het. Met die lees besef ek net dat die huidige probleem nog dieselde ou probleem is - lees bietjie hoe was ons GPS-aanwysings na die Dubai Creek golfbaan 'n klompie jare terug. Daar was twee opsies. Vir die ouens wat Dubai ken, seker julle sal verstaan en die ander wat nog nooit hier was nie, probeer julle die prentjie indink.
I'm assuming that you know how to get onto Maktoum, if not, a quick refresher. Up Sh. Zayed road, go under the Trade Centre Roundabout and stay in the left hand lanes. You'll then go whizzing through an underpass and be faced with a dire decision. Go left and you end up in the guts of Karama. This would not be good even in peace time. Go right and you'll live to see Maktoum bridge hurtling towards you. Staying in the left hand lanes you'll start your ascent of Maktoum Bridge. Now the fun starts.

You're on the bridge and suddenly the two lanes you are in will be met by another two and another two shortly after. Your mission (should you choose to accept it) is to get yourself and your car (preferably at the same time) to cut across the joining four lanes. Your end goal is to be in the extreme right hand lane by the time you have reached the end of the hump on the other side. It sounds nerve racking and if my vocabulary was beyond 400 words I would be able to portray the scene in the true horror that it is. But as I am still at a stage wherfe I start sentences with "but" I will just say that during the 20 seconds that it takes you to cut the lanes over the bridge, you're brain will be screaming. "Suuuuuuuuuggggggggggaaaaarrrrr". If this is the case you are on track. If not then you will end up in Deira. Not good.

So, you're in the right hand lane and you'll see a slip road taking you away from Maktoum Bridge and the ten car pile up you have created. Take this slip road with caution for undoubtedly there will be taxi round the bend who has rear ended a Smart car. Not sure why this always happens but if you own a Smart car i strongly recommend Garhoud Bridge.

Coming off the slip road you will join the main road leading up to the Cross Road. Do not get distracted by this. Stay on target. The turning for the Creek Golf Club is right. Before the lights you'll see a right hand turning - take this.

You're so close but watch out it's a dead end. Take a left and head down the long drive way. Do not U turn unless you want to go shopping at the City Centre.

The drive way. Can't go wrong here. Careful over the speed bump. Friendly guard will usher you in. First roundabout - just go straight. Lovely. Second roundabout - similar to the first one but rounder - go straight. Final roundabout. Two choices. Take the right before the club house and there's a single lane car park. Take the next left and there's plenty more parking at the foot of the Golf Club's Sail building.
Via Garhoud

A quick refresher on how to get to Garhoud. Up Sh Zayed road, go under the Trade Centre roundabout and stay in the right hand lanes. When you come out of the underpass under the Trade Centre you will be greeted with three lanes of traffic trying to cut across to the left. Some of them will be decoys in that they will indicate left but not actually change lanes. Do not be deceived, treat every car as a potential victim of spontaneous stipidity and carefully maneuver to the right. If you get into the fourth lane from the median then you're doing great, too far to the right and you'll end up on slip roads that are designed to take you shopping. To your left you'll see motorists disappear into an underpass. If this is you then quickly grab the Creek Golf Club via Maktoum bridge now. If you are now approaching a small underpass and someone behiind you is flashing his lights inches from your bumper then all is well. You'll come out of this underpass and notice the Wafi shopping mall over to your left. Keep straight and do not be distracted by the sale now on. Staying straight will lead you to the certain traffic jam that is known as Garhoud Bridge.

Once on the bridge you're best bet is the middle lane as statistics have shown that people in the middle lane have a 15A% chance of staying alive. Over the bridge cars will be bearing off to the right, keep straight. You'll follow a bend and at this point you want to get into the right hand lane. Coming out of the bend you'll teeam up with a merging lane on your right. Slot in behind these cars and stay straight. You've got this one chance to get into the underpass, miss it and you'll end up in Sharjah and to date no maps exist of Sharjah or the genetic make up of its inhabitans.

Ha! You're going through the underpass. Marvelous. Get into the left hand lane as you approach the exit of the underpass. Drivers in the right will be going to Deira City Centre and not even a 10 ton truck will stop them their course.

Coming off the slip road you will join the main road leading up to the crossroad. You need to get over to the left hand lane sharpish. You've got traffic from Sharjah screaming down from a flyover. Lose the plot at this stage and it's all over. Stay on target. As you approach the lights you need to stay over to the left, as you're be making a left turn when the lights go green. If you go straight then you'll end up in Deira. Not good.

Alright, the lights go green you go left and you go down a small stretch of road before you make another left, you'll now see the "Welcome to the Creek Golf and Yacht Club" sign. Relax and follow the road.


Goeie ou dae of is dit nog dieselfde? Werk die GPS regtig beter as hierdie aanwysings?