Tuesday, March 6

Eddie vertel van ...

Egipte O, Egipte

Dat die Egiptenare duisende jare gelede die Piramides en dinge kon bou is beslis ‘n wonder van die wêreld ja, maar dat hulle steeds in daardie omgewing kan oorleef en hulself nog nie heeltemal uitgeroei het nie is nie net ‘n wonder nie, dit is ‘n wonderwerk!

Voordat iemand dalk dink ek is besig om hulle as ‘n nasie sleg te maak of af te kraak, dit is glad nie wat ek met bogenoemde stellings bedoel nie. Dit is net dat ek in die 10/12 dae wat ek in Cairo en Alexandria deurgebring het baie keer net nie kon glo wat ek sien of beleef nie.

Kom ons neem byvoorbeeld die verkeer. Daar is volgens die jongste berekening sowat een miljoen voertuie in net die “groter Cairo area”, en ek wil dink dat ek die’ hele miljoen rygoed elke dag gesien het. Dit is nou behalwe die honderde donkiekarre (ja, regte egte donkiekarre) wat ‘n mens daagliks op die deurpaaie en tot in die middestad van Cairo teekom


O ja, so van die verkeer en die gemiddelde Egiptiese bestuurder se “vaardigheid” agter die stuur gepraat, moet nooit weer oor die kamstige “slegte taxi-bestuurders” in Suid Afrika” kla nie hoor!

As ‘n bestuurder oor ‘n afstand van een km op ‘n totale oop pad meer as ses keer van total links na total regs tussen die randstene van ‘n vier-baan pad beweeg, is dit in Egiptiese padgebruik terme “normaal”. Daar is net nie so iets soos “baan dissipline” nie, daar is net “beweeg van punt A na Punt B, maar nie noodwendig in ‘n reguit lyn oor die kortste moontlike afstand nie”.

Miskien moet ons howe in Suid Afrika die “stoute bestuurders” straf deur hulle vir ‘n week Egipte toe te stuur om hier as ‘n passasier rond te ry, dit behoort hulle vir altyd te genees van hulle slegte gewoontes.

Van slegte gewoontes gepraat, nou weet ek ook dat die belangrikste “meganiese onderdeel” van ‘n motor in Egipte sy toeter is. As jou voertuig sin dalk buite werking is sal jy nie kan beweeg nie, want daarsonder is jy absoluut verlore.


Weereens, dit is nie dat jy in Egipte jou toeter gereeld gebruik nie, jy gebruik dit aanmekaar en sonder ophou, om te ry (vorentoe of agtertoe), om te draai of om te stop!
O ja, terwyl ons op die onderwerp van stop is! Die lewe in Cairo kom ook nooit werlik tot stilstand nie, dit raak net “ietwat stadiger”.

Daar is dag en nag iets aan die gang, maar met soveel miljoene mense wat ‘n lewe moet maak is dit ook nie ‘n wonder nie. Besoekers kan byvoorbeeld nie net in die dag die Piramides besoek nie, maar selfs snags. Daar is elke aand van die week ‘n klank en lig vertoning, ses vertoning na mekaar, elk in ‘n ander taal.

En moet ook nie dink dit gaan net oor die kyk en luister nie, daar is tientalle “bedieners” wat tydens die vertonings regstaan om jou met drink- of eetgoed te bedien sou jy dit so verkies.

Elke vertoning is slegs sowat ‘n uur lank, so jy kan self dink hoe vinnig dinge moet gebeur om alles vlot te laat loop. En soos die een vertoning klaarmaak en die toeskouers na links agter uitgelei word, word die nuwe groep van regs agter af ingelei, honderde mense op ‘n keer.


Dat ‘n mens in ‘n “antiek beskawing” rondbeweeg wyl jy in Egipte is, is egter iets wat heeltyd by my opgekom het. Elke keer as ek met die hoofpad tussen ons Egipte kantoor en die middestad gery het, het ek die kilometers lange landery aan beide kante van die pad met ‘n oop mond aangestaar, veral as ‘n ou nog die Piramides in die agtergrond ook kan sien.

Duisende jare al “boer” die mensdom daar op die Nyl se vloedvlaktes, en selfs nou nog is hulle daar besig om te plant en te oes. Op baie plekke is die geboue is egter stadig maar seker besig om die landery al verder en verder terug te dryf, en moet vrugbare lande plek maak vir “behuising” soos wat die mense in hulle duisende na die stad stroom.

En as ek van behuising praat, praat ek natuurlik van 5, 6, 7 verdieping geboue, meestal almal in ‘n toestand van “half-klaar”. Gebou met rooi bakstens wat van die Nyl se rooi kleigrond gebak word, maar nooit afgepleister word nie. Honderde geboue, reg op mekaar en sonder dat iemand se toestemming daarvoor verkry word.

Hoop om tydens die volgende besoek bo by die Suez Kanaal te kan loop draai, dan het ek ook die’ land van bo tot onder deurkruis







Monday, March 5

Goeie sport wegspring vir die week

Die SA Super 14 rugbyspanne wen uiteindelik al hulle wedstryde (met een gelykop) en dis 'n goeie sportnaweek vir SA. Hier in Abu Dhabi is dit nie rugby nie, maar basketbal wat ons week afskop. As julle moeg gelees is oor die wedstryde, dink net hoe moeg ons toeskouers wedstryde gekyk is. Maar dis 'n seen om in twee van die spanne kinders te hê en moet ons nie kla oor die dubbel kykskofte nie.

Waar Nelmari se basketseisoen hierdie week klaarmaak (dankie vir klein genades), het William hulle nog so twee weke en die ISAC toernooi voordat hulle klaar maak. Hopelik sal die track & field en pluimbal seisoen rustiger vir ons kykers wees.

Gister het William hulle se Varsity span teen UAS Dubai (Universal American School) gespeel as deel van hulle voorbereiding vir ISAC. Hier is 'n paar foto's van die wedstryd.

Nr. 22 sonder sy nommer besig om op te warm.
Hier verduidelik hy ietsie aan van die spanlede.
Die span het 'n strafgooi en Baltaji gaan skiet.
AISA op die aanval en William trek met so 'n vaart weg dat ek skaars die foto kan eem.

Ingooi vir AISA by die "Lion". As ek reg onthou James, het julle spanne destyds die leeus geverf?
Ons wen 52 - 28!!! Mooi seuns!! Go Lions!!


Sunday, March 4

JAMES vertel.....

Die kuns agter student wees

Die geskiedenis kan nie presies onthou hoekom mense besluit het om in Bloemfontein te stop nie. Die storie gaan oor vars water wat hulle hier gekry het, ek is geneig om die ander storie te glo wat ek verlede vakansie gehoor het. Wanneer mens 'n duisend kilometer van die Kaap af is en jy weet hoe elkeen van jou osse lyk en hulle name het, dan is dit tyd om bietjie te stop.

Wat ek seker probeer sê is dat hulle 'n groot fout gemaak het, want hier is nie eers beeste om te tel nie. So, soos enige goeie student in Bloemfontein oor die naweek, beoefen ek die kuns van "mif" wees. Nou dit kan beide 'n werk- of naamwoord wees, want mens kan besig wees om te "mif" of na 'n uur of wat van goed konsentreer kan jy dalk ook "mif" wees.

Nou op 'n Saterdag voel 'n student redelik "mif", meeste van die tyd omdat hulle die vorige aand bietjie uitgegaan het. In my geval raak ek "mif" van net "mif" wees. So teen die tyd dat Sondag kom, is mens goed "gemif". Ek het soos ouder gewoonte na die oggend se werk 'n slapie gevang. En toe ek uiteindelik ontwaak is dit middag en mens is te "gemif" om enigiets te doen. As varsity net nie so stressvol was nie ....

(Ek's heel "gemif" net om hierdie beriggie van jou te lees seun)

Is dit hoe mens lyk as mens "gemif" is?

(Foto op sy 21ste Verjaarsdag wakker word - toue deur Will en Nelmari)

Saturday, March 3

Bietjie van Dubai

As ons vir mense sê ons bly in Abu Dhabi, (kyk tog na die spelling, nie Aboe Dhabi en Doebai soos dit in SA gespel word nie. Ek dog ons het op skool geleer name verander NOOIT) is daar gewoonlik 'n vraagteken, totdat jy sê dis naby Dubai. Almal ken Dubai want is dit nie die plek waar mense gaan om "specials" te koop nie? Ons ouens hier in Abu Dhabi, wat terloops die hoofstad van die UAE is, het maar altyd net geglimlag oor die mense wat dink hulle koop winskopies en gesê dankie dat Abu Dhabi nog nie "ontdek" is nie. Maar alle goeie dinge word op 'n stadium ontdek, en die toeriste is stadig besig om na Abu Dhabi te stroom.

Alhoewel Abu Dhabi vinnig groei en daar ongelooflike ontwikkeling aan die gang is, kom dit GELUKKIG nog nie by die miernes van Dubai nie. Maak nie fout nie, ons staan in verwondering oor dit wat die mense daar beplan en bou. Ek het 'n oulike artikel oor ontwikkeling in Dubai gelees en gedink, saam met die prentjies, julle dit sal geniet. (Ek plaas net stukkies van berig)

The tourist maps here can be confusing. Probably because about three quarters of the landmarks shown on them are nowhere to be found on the actual ground. "Dubailand (u/c)" and "The World (u/c)" are simply not there. "Dubai Waterfront (u/c)"? Nope. "iPod towers (u/c)"? Huh? "Falcon City (u/c)"? Not a trace.

"The thing about Dubai," is "they do it big, big ... bigger than anywhere else."

The Eiffel Tower at the planned Dubailand theme park‚ a $20 billion project that will be three times the size of Manhattan‚ is, for example, going to be life-size. So are the planned replicas of the Leaning Tower of Pisa, the Pyramids, and the Taj Mahal. And this, as they say, was all desert just a few decades ago.

They realised early on that oil riches were ephemeral and would one day run dry, and they started liberalising and broadening the economy to attract foreign investors. Almost as fast as you could say, "outrageously bling-bling-tourism is our future," this little fishing port on a creek had been turned into a wonderland of artificial attractions.

Soon they had a growth rate bigger than that of China, more tourists than India, and more than half of the world's building cranes.

Tourism now accounts for almost 20 per cent of Dubai's $30 billion GDP‚ compared with less than 5 per cent for oil revenue.

As ons net na 5 van hulle groot projekte kyk slaan dit mens se asem weg. (Hierdie is net teken prentjies, maar ek sal julle binnekort regtes wys).

Die Burj Al Arab, wat julle al in foto's gesien het, die wêreld se eerste 7-ster hotel (nie meer al een nie), in die vorm van 'n groot seil met oa 'n onderwater restaurant en wit Roll-Royce wat mense na die lughawe vervoer. Oornag in hierdie hotel kan mens enigiets van $2156 vir 'n doodgewone kamer tot $13,900 vir 'n suite kos.


Dubailand : Die Eiffel toring wat hier beplan word ($20 biljoen projek) sal drie maal die grootte van Manhattan wees (lewensgrootte). Asook die replikas van die "Leaning Tower of Pisa", die Piramides en die Taj Mahal.

Dan is daar die Palm Jumeirah wat ontwikkel is deur die drooglê van die see en dit is ontwerp in die vorm van 'n palm boom, met takke. Hierdie ontwikkeling is amper klaar met al die behuising, hotelle, waterparke, spas, teaters ens. Amper al die villas vanaf $1.2 miljoen is reeds uitverkoop. (foto's hiervan volgende week)

Nog mensgemaakte eilande in die vorm die wêreld is gemaak. Altesaam 300 eilande, elkeen die grootte van 'n paar straatblokke. Hierdie eilande saam lyk soos 'n wêreldkaart. Dis nie net 'n droom wat in die toekoms lê nie, hierdie ontwikkeling het reeds begin en ek wys later hiervan ook foto's.
En net as jy dink daar kan niks meer wees nie, die Palm Jebel Ali. Hierdie ontwikkeling sal een en 'n half keer groter wees as die Palm Jumeirah en dit sal omring wees met huise op stelte wat in Arabies 'n gedig van die Sheikh Mohammed uitbeeld : Take wisdom from the wise, not everyone who rides a horse is a great jockey, it takes a man of great vision to write on water, Great men rise to great challenges.


Wat volgende wonder ek? Al kom julle almal nou kuier, sal hierdie mensgemaakte "wonders" nie vir die gewone toeriste te siene wees nie. (Julle kan nogsteeds kom kuier). Julle ouens wat lees, laat weet bietjie wat jul hiervan dink?

Friday, March 2

VARSITY SEUNS ADSAC TOERNOOI

Die week kan darem nie verbygaan sonder dat ons nog 'n kwota wedstryde het nie. Woensdagaand was dit die Varsity seuns se beurt om in die ADSAC toernooi te speel. Soos gewoonlik het ons seuns uitstekend gespeel en al hulle wedstryde gewen om deur te dring na die finaal toe.

Hier rus van die manne tussen wedstryde.

William verduidelik iets. Dis of hy het nie ore om te hoor nie of hy verduidelik van sy haarsny die vorige dag.

Kom manne ons is amper daar moedig hy die span aan.

Die getroue ondersteuningsgroepie.

En toe is dit die finaal. Hier is die afrigter besig met 'n spanpraatjie. Hierdie wedstryd was iets ysliks om te sien en het kop aan kop verloop die heeltyd. Aan die einde van die wedstryd was dit gelykop 33 - 33 en moes hulle ekstra tyd speel. Net 1 minuut of 60 sekondes.... Weet julle hoe vinnig gaan dit?

Ons seuns verloor 33 - 35 in 'n baie naelbyt toernooi. Geluk Varsity Seuns julle het 'n uitstekende toernooi gehad ons is trots op julle. GO LIONS!





















ns. Die JV dogters het ook teen Al Nahda gespeel en mens kan sien dat die seisoen net vir hulle nou te lank raak. Hulle verloor die wedstryd met 'n skrale 4 punte. Mooi wedstryd meisies!!