Saturday, February 3

Verjaarsdagtee!!!

En toe bederf my vriendinne my met 'n verrassingstee gisteroggend. Charmaine en Hannelie het heerlike koeke en terte gemaak (almal my gunstelinge) en dit was lekker om met almal te kuier. Enige iemand wat sou "afluister" sou ons ouderdomme sommer kon raai want soos kwale en skete en raad oor en weer gegee en van vertel was, was dit 'n dead give away.

Hier is 'n paar van die foto's wat publiseerbaar is:

Vicky en Tasja diep in gesprek. Wonder sal dit oor die eetgoed of sterk tee wees?

Vanessa dit help nie jy koes nie, die "evidence" is op kamera.
Marina watste beweging is dit? Die nuwe mamma luister aandagtig.

Helene en Sanette deel 'n stukkie koek.

Marina en Charmaine besluit of hulle van die koel hou terwyl Nelmari toekyk. (Sy's 'n bietjie siek).
Dankgebed

U het so baie gegee aan my
Gee nog een ding - 'n dankbare hart,
Nie dankbaar volgens elke gier van my
Asof u seening afdae het
Maar 'n hart wat as doel net U behae het.
(geskryf deur George Herbert)


Dankie julle dit was 'n heerlike en groot bederf!!

Friday, February 2

Hannelie spesiaal vir jou!

Eers was daar die "teekoekie"

Toe was daar die koek sonder versiersel....

En nou is daar die "basketbal"-wedstryd




Hannelie & Dirk van der Merwe besig om die spanne aan te moedig tydens die toernooi!!!!

(Hierdie beriggie sal binnekort meer omskryf word - hou die spasie dop!)

Nuwe lewensjaar en baie om voor dankbaar te wees

Die goeie nuus is ....


"Plooie word nie net deur die tyd en die son veroorsaak nie, maar ook omdat ons lag oor die dinge wat na die veertigs toeneem. Ons kry ook plooie deur verras te lyk wanneer iemand iets snaaks doen en deur te glimlag wanneer jy goeie vriendinne sien wat net so vol plooie soos jyis. Plooie sê hulle is die padkaart van ervarings wat jy alleen opgedoen het.


Ek verstaan al hoe beter die psalmdigter se woorde: "'n Pragtige deel is vir my afgemeet, ja, wat ek ontvang het, is vir my mooi." As hulle op my gesig beland het, kan ek ten minste tred hou met hulle en weet dat elke plooi verdien is met tyd wat goed bestee is."


Dankie aan almal vir smse, e-posse en oproepe. Ook 'n groot dankie vir my verrassingstee!! (Hieroor vertel ek meer - met foto's more)


Spesiale dankie vir Marie wat vir my 'n houertjie reen gestuur het ... en weet jy wat sus, toe ek uitstap is dit die gesig wat ek buite kry ..........


Reen in Abu Dhabi is so skaars soos hoendertande en varke in die UAE. Dit was 'n groot bederf van Pappa!


Natuurlik moes ek gou see toe want dis my ander gunsteling (behalwe reen) ...die see. Het sommer na die stukkie hier langs ons straat gegaan


Die strate lyk nat en mistroostig maar glo my dis steeds warm! Kyk dis hoe die see hier lyk as dit effens onstuimig is.

Die "locals" het hulle min aan die reen gestuur en steeds piekniek op die gras langs die see gehou!

Thursday, February 1

James se 3de Univ Jaar skop af

Kan amper nie glo dis drie jaar gelede wat James sy eerste jaar begin het nie. Vanjaar het hy na 'n klein tuinwoonstelletjie toe getrek. Vir julle wat nie baie Bloemfontein toe gaan nie, hier is 'n foto of twee van sy nuwe plekkie.


'n Deel van die kombuis en besig op sy rekenaar. Nie 'n stoel nie ma sê hy - ek wonder of hy die rekenaar gebruik vir studie of musiek?


Die kombuis en die ma vra daai bal?, daai sak? daai goed om die toonbank, die muurversierings? Gelukkig sien ek nie vuil skottelgoed nie. Sy kamer met 'n lekker groot ingeboude kas.


Dankie vir die toestemming om die fotos te plaas seun. Nou kan almal sien wat jy aanvang. Ons wag vir die joolfoto's

William speel in die Cager Classic Toernooi



William en die res van die Varsity Basketbal span van AISA (afkorting vir die skoolnaam, American Internantional School of Abu Dhabi) het vandag Dubai toe vertrek om deel te neem aan die Cager Classic Toernooi. Agt skole, oa ook van Jordan en Turkey, neem deel. Hier is die span voor die skoolhek. Die kort ou op die regterkant is die busbestuurder wat nie wou padgee uit die foto nie. William staan tweede van links in die tweede ry. Die lang ou van die span.

Ook maar moeilik om vir die ou te gaan groet by die bus, hy's heeltyd besig om met die meisies "spanpraatjies" (vermoed ek) te hou. Die twee meisies direk langs hom, links is Almari vd Merwe en regs Olivereen vd Merwe is Suid-Afrikaners. Die seuns het ook twee Suid-Afrikaners in hulle span.



Uitgevang!!!! .... William kry net nie vir die meisies bye gesê nie!!

Sal julle vertel wat met die toernooi gebeur het.