Sunday, December 11

Alles kom in rooi, groen, wit en swart

Ons ry gisternaand na die Emirates Palace toe vir 'n Kersfees simfonie konsert en ek sien die liggies is nog almal op en die dorp lyk heel feestelik. Daar is 'n paar wat ek nog nie gesien het nie wat ek beslis moet gaan afneem.


Page1


Met al die feesvieringe van die land se verjaarsdag amptelik verby verlede week, lyk dit asof die mense dit nog so 'n klein bietjie wil vier en orals in die dorp is villas met vlae versier. Hier aan ons kant van die woestyn het party villas masiewe vlae.


Page3


Minder versierde motors in die strate, maar vir party is "versier"nie 'n woord nie, ek kan nie glo hoe die motors opgemaak is nie, blomme, ruikers, prentjies en enigiets wat moontlik kan.


Page4


Anders as by die huis is die winkelsentrums nie vir Kersfees versier nie, maar in nasionale kleure - maar dit gee alles nog steeds 'n feestelike gevoel. Foto onder regs was nog 'n "wereldrekord" aanslag. Die grootste landswapen gemaak van dadels. Ek neem aan die dadels is gekleur.


Page5


Dan natuurlik in die aand word alles "opgelig" as dit donker word en dit lyk so mooi. Het gisteraand die paleis se mure gesien en dit was werklik iets besonders. Selfs 'n motor versier met liggies :-).


Page2


Groot vieringe is op die 2de gehou by die sportsentrum gehou. Ek dink alles wat lankgenoeg stilgestaan het, is in vlagkleure geverf of verlig.


2867551204


Die kersie op die koek was hierdie foto wat ek in die plaaslike koerant gesien het. Die goudvissies is ook met die vlagkleure geverf. (ek weet nie is dit dieremishandeling nie)


Sterkte met julle week vir baie die laaste voor vakansie, en ander wat met vakansie gaan veilige reis.


Liefde


3 comments:

retha said...

Daardie motor met liggies versier laat my dink aan die motor van Cars. Die 'bullies was die trok van rigting laat verander het.

Lyk of mens net in die strate will rond hang vir al daardie liggies.

Sandra said...

Dis nogal 'n feestelike atmosfeer Retha, mens kan ampertjies dink dis spesiaal vir die Kersseisoen
:-)

Ronelle said...

Het hulle al die moeite vir my kuier gedoen!! Wow! Ek voel klaar welkom :))