Donkies .....
Natuurlik wou ek gaan kyk hoe lyk ‘n donkie aftree oord en alhoewel Nelmari eers ‘n groot vraagteken daaroor gehad het, dink ek sy was self lekker nuuskierig.
Net langsaan is ‘n Plaasopstal restaurant waar ons ‘n heerlike ontbyt gehad het. As voorsorgmaatreel vir die koue, het elke stoel ‘n kombersie oor die relings sou mens jou bene wou toegooi. Daar is ook ‘n klein “twak en toonnaels” winkeltjie wat ons eers moes gaan beloer.
Allerhande artikels wat in die omgewing gemaak is … en dit hou ons nogal ‘n tydjie besig.
Julle weet mos hoe lief Nelmari vir cream soda is, en natuurlik trek die “cream soda blik lantern” haar aandag, en die groot beker wat sy onmiddelik dink sal kan werk as jou een koppie koffie per dag Elriza :-). Weet nie of julle die “pilletjies” kan lees op die foto nie, maar dit was nogal oulik.
En toe is dit tyd vir die donkies. Amptelik was hulle toe, maar ons kon nog steeds so oor en deur die draad na hulle loer. Die sanctuary vir die donkies is om vir ou, mishandelde en onversorgde donkies ‘n rustige plek van aftrede te gee. Party van hulle wou onmiddelik aandag gee en Nelmari was in die donkie hemel met al die liefies.
Julle kan gerus op hulle webblad http://www.donkeysanctuary.co.za/ gaan loer oor meer inligting oor hulle of hoe om een van die donkies aan te neem. Ja, Nelmari wou ook en na elke donkie deeglik aandag gekry het, het haar keuse op Dowwe Dolla geval :-).