Wednesday, July 27

Dis nat en koud

Dis heerlik koud en nat en ons kla vir geen oomblik nie. Lank voor ons SA toe gekom het, wou Nelmari so graag he ons moet ‘n roadtrip doen en ek het werklik nie kans gesien om van Gauteng Kaap toe te ry nie. Dus het ons ‘n kort roadtrip gedoen om bietjie by ‘n baie “ou” kennis te gaan kuier. Nie heeltemal gedink ek wil die langpad vat nie, maar ons was glad nie spyt nie.


Page1


Ons middagete stop in Knysna was wonderlik al het ons koud gekry. Die waterfront uitbreiding is nuut vir my wat jare terug laas daar was, maar dit was als die moeite werd, dis pragtig!


Page2


Nelmari het seker gemaak sy loer by baie van die winkeltjies in.


Page3

Groot bonus vir haar was 'n kieter kat wat soos ons ou Baloe lyk en die twee het mekaar vreeslik geniet.

Page4


Ons maak ook ‘n draai by die Tsikamma natuurreservaat en ongelukkig, of gelukkig is die swaaibrug toe weens 'n mud slide. Dit doen egter niks aan die mooi van die omgewing nie.


Page5


Ons het ‘n hele tydjie by die ontstuimige see deurgebring en foto’s geneem. (of liewer dat ek die fotograaf krediet gee, Nelmari het foto's geneem)


Daar word baie beslis nog lekker gekuier


9 comments:

Thea said...

En ek kuier net so lekker saam d.m.v al die pragtige foto's! :-)

Anonymous said...

Hou veral van die deeltjie "baie “ou” kennis " ..... Hoop julle kry nog lekker koud. Hier by ons is dit amper vriespuntkoud. Riana

Tjoepstil-pa-by-die-huis-wat-die-diere-moet-voer said...

Ek is ........tjoepstil!

Sandra said...

Altyd lekker om jou saam te he Thea :-)

Riana ek het nogal aan julle gedink met die sneeu. "Ou" beteken nou nie ouderdom nie ok. Sal meer verduidelik in volgende blog :-)

retha said...

Presies waar ek eerder wil ry as hier in die reguit strate met hul verkeersligte.

Goed om te hoor jul het koue EN reën.(toe daai e gekry!)Lekker verder ry en kuier of noem mens dit kuier-ry.

Anonymous said...

Ja, vanjaar is ekstra koud, en baie natter as die normaal. (Ek, boervrou, wens natuurlik dat dit die begin is van die 7 nat jare, of nie net 7 nie, sommer 70!!!) Geniet julle kuier!!

Sonja said...

Ons was laaaank terug toe Mathys nog klein was by die Tsitsikama en dit was vir my so asemrowend mooi,sal dit nooit vergeet nie!

Sandra said...

Die weer is so lekker koud Retha dat mens net nie by die huis kan sit en niks doen nie :-)

Toortsie ons het defnitief baie meer waardering vir die reen

Dis nog steeds mooi Sonja!

Anonymous said...

Dit lyk baie mooi julle, bly julle geniet dit. Elriza