Die hitte van die woestyn en die ongelooflik besige maar opwindende wegspring van die nuwe jaar hier hou ons warm en besig :-) en tyd vir blog is daar ampertjies nie. Dis reelings en beplanning vir die kinderbediening, vroue retreat, kamp, groepe wat begin en ander lekker dinge soos 'n jeugsentrum wat begin gaan word en 'n uitreik aksie na Namibia wat nog gefinaliseer moet word. Laasgenoemde is iets waarna ons baie uitsien en die behoefte daar is groot, maar ons moet binne die volgende tien dae nog fondse daarvoor kry.
So met al hierdie dinge kan ek nog so 'n bietjie aan die vakansie herinneringe vashou. Ek loer so bietjie wat het ek nog nie op my foto-dagboek gesit nie, en sien dat Nelmari regdeur die vakansie 'n "tema" gehad het..... DIERE.
Maak nie saak waar en wanneer ons iewers was nie, sy het die diere soos 'n magneet aangetrek. Die kat op Plettenbergbaai het gou gesien hier word daar lekker aandag uitgedeel en Rene se ou grote het self van 'n ore-krap gehou.
In butterfly word het die apie haar uitgesoek om te kou en die pappagaai was ook heel gemaklik om op haar arm te sit en eet.
Die eende het ook nog 'n eiertjie kom le.
By die dieretuin kan mens nie sommer net aan die diere vat nie, maar as en wanneer die geleentheid hom voorgedoen het, was Nelmari daar om dit te gebruik.
Lyk amper asof hierdie ou gesmeek word om te kom kennis maak.
Ganse het kom geselsies aanknoop ...
En die donkies by Eseltjiesrus het almal kom aandag soek.
Hierdie ou bok het ook nie 'n probleem met ore krap nie.
Die honde in die restaurant het haar ook kom opsoek vir bietjie aandag (nie dieselfde Great Dane as op boonste foto nie).
En net as mens dink sy het genoeg gehad van donkies, is die klomp naby Dassiesfontein vinnig daar om bietjie aandag te kry.
Gelukkig het sy nie ingeskryf om veartskunde te swot nie, want dan sou sy al die diere in die koshuiskamer wou aanhou.
Geniet die rugby en mag die beste span more wen
Go Bokke!